Code | Faculty |
---|---|
01240273 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Prof AA du Preez [email protected] | +27 (0)124203755 |
Hierdie kwalifikasie bou voort op die grondslag wat gelê is in die voorgraadse program in Visuele Studies en sal aan studente die geleentheid bied om navorsing te onderneem, asook om ’n eie spesialiserings- en belangstellingsveld te ontwikkel. Laasgenoemde kan deur verdere nagraadse studie opgevolg word.
’n Toepaslike BA-graad met ’n gemiddelde van minstens 65%.
DRA 710 mag in oorleg met die programbestuurder gekies word.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Hierdie module bied inleiding tot metodologie. Toepassing word op kunsgeskiedenis en visuele kultuur gemaak soos toepaslik. Verskillende teoretiese benaderings tot navorsing in kunsgeskiedenis en visuele kultuur word belig. Klem word geplaas op fotografiese versamelings, geïIlustreerde inventarisse, piktorale woordeboeke, uitstallingskatalogi, die internet en elektroniese multimediabronne as hulpmiddels vir navorsing.Module-inhoud:
Die module ondersoek die invloedrykste tekste en teoretiese raamwerke in die ontwikkeling van die veld van kultuurstudie, visuele kultuur, asook die "nuwe kuns-geskiedenis". Tekste van toonaangewende teoretici in die veld sal bestudeer word. Alle temas sal waar moontlik aan die hand van die Suid-Afrikaanse konteks behandel word.
Module-inhoud:
Studente moet ‘n navorsingsverslag oor goedgekeurde onderwerp indien.Module-inhoud:
Die module stel studente bloot aan die nuutste visuele en digitale navorsingsmetodes soos die gebruik van fotodagboeke, interaktiewe webdokumentêre, film- en videogrepe, sosialemedia-werwe, kartering, visualisering van data en ander multimodale vaardighede ten einde ? navorsingsportefeulje te kan saamstel wat aansluit by die onderwerp van hulle navorsingverslag (sien VKK 755). ? Drieledige ontleding word gevolg ten opsigte van die skep van beelde oor media heen, naamlik die plek van produksie, die beeld opsigself en die betekenisse wat in spesifieke sosiale kontekste aan die beeld verbind is.
Module-inhoud:
Die module stel studente bloot aan die teorieë en praktyke van die visuele argief met ? spesifieke klem op die impak van die digitale op kuratorskap en argivering. Studente lê ? navorsingsportefeulje voor wat aansluit by die onderwerp van hulle navorsingverslag (sien VKK 755), met ? gekose kuratoriale benadering ten opsigte van ’n visuele argief wat film, plakkate, tydskrifte, koerante, televisie, video, visuele kuns, poskaarte, foto’s mag insluit. Die benadering mag e-kuratorskap of digitale kuratorskap insluit, asook ander tradisionele kuratoriale aktiwiteite en ‘ouer’ tegnologieë.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App