As published in 'Rapport se bylaag, Loopbane van 7 Februarie 2010.'

Posted on February 15, 2010

Tydens 'n onlangse gesprek met kollegas in die buiteland het hy opnuut besef hoe eiesoortig en uitdagend die kleinsake-ontwikkelingslandskap in Suid-Afrika is, sê Van Vuuren. 'n Reeks vaardighede is nodig om hierdie mark suksesvol te kan bedien. Volgens Van Vuuren is die Suid‑Afrikaanse kleinsake-konsultasielandskap nie vergelykbaar met die in Europa, die VSA, Australasië of die Ooste nie. Die veranderlikes (noem dit in sommige gevalle struikelblokke), wat in Suid-Arika oorkom moet word, is legio.

Die kleinsake- en entrepreneurskapkonsultant kom te staan voor uitdagings soos verskille in geletterdheidsvlakke, stedelike- en plattelandse behoeftes, verskille tussen nywerhede en bedrywe, verskille rakende tale, verskille in waardestelsels, verskille in verwagtinge en verskille in rekenaargeletterdheid.

As korporatiewe behoeftes rakende entrepreneurskapkonsultasie en opleiding boonop hierby gevoeg word, is dit duidelik hoe belangrik aanpasbaarheid is, sê hy. Indien ingrypings deur regeringsorganisasies, buitelandse fondse of korporasies gefinansier word, maak dit die omgewing nog meer uitdagend.

In een geval word 'n mens gekonfronteer met 'n gehoor wat in die platteland is en dalk 'n lae vlak van geletterdheid het. Dit moenie verwar word met die vermoë om te begryp nie, maar taal is die struikelblok. Die oplossing is 'n vertaler na moedertaal wat die aflewering van die diens twee keer langer maak. Aan die ander kant van die spektrum is die behoeftes van die korporatiewe mark wat gesofistikeerde ingrypings vereis ten einde hul ondernemings mededingender te maak. Hier is die oplossing gestruktureerde veranderinge aan sakeprosesse, strukture, modelle, strategieë en ingrypings rakende mense.

Sommige kliënte wil net 'n bestaan voer en ander wil werklike entrepreneurs word. Die dienste wat deur die kleinsake/entrepreneurskapkonsultant gelewer moet word, verskil totaal van mekaar en weereens moet die nodige aanpasbaarheid daar wees ten einde ‘n suksesvolle loopbaan te vestig.

Sommige kliënte het geen of min blootstelling nie aan die bedrywe waarin hulle 'n onderneming wil begin. Dit is die taak van die kleinsake/entrepreneurskapkonsultant om hom/haar in te begelei ten einde suksesvol te wees. Dit verg baie navorsing rakende die bedryf.

Suksesvolle ondernemings kan nie meer sonder kennis oor rekenaar- en selfoontegnologie groei nie. Slegs 10,5% van Suid-Afrikaanse bevolking gebruik Internet. Aan die een kant van die spektrum moet kliënte met ‘n hoë vlak van rekenaargeletterdheid bedien word, maar die aanpassing moet gemaak kan won d om ook te voorsien in die behoeftes van die wat nie die kennis en toegang daartoe het nie.

Kleinsake eienaars kan egter wel werklike entrepreneurs word indien volle groot begin dink, en as hulle dink hulle dink groot, dit dan met 10 te vermenigvuldig om op regte groei af te stuur. Volgens Van Vuuren is daar talle voorbeelde hiervan in die land. Om dit egter te kan doen, moet die nodige vaardighede oor kreatiwiteit, innovasie, identifisering van geleenthede en hoe om berekende risiko’s te een, aangeleer word.

Ook ‘n rits sakevaardighede waarvan bemarking, finansiële en menslike hulpbronbestuur baie belangrik is. Die beroep van ‘n kleinsake/entrepreneurskapkonsultant is egter baie bevredigend, sê van Vuuren. Om saam met jou kliënt uit enige van die marksegmente, sukses te kan beleef, is ‘n baie emosionele ervaring; veral as hy/sy niks gehad het nie.

Van Vuuren vertel van ‘n projek waarby hy betrokke is, waar ‘n vroue entrepreneur haar winkel uit haar huis begin het met net R200. Na 11 weke was haar omset R29 000 omdat sy die basiese vaardighede onder die knie gekry het. In ‘n ander geval wou ‘n entrepreneur die bedryf verlaat, maar is deur die kleinsakekonsultant gelei sodat sy in Desember 2009 ‘n kontrak van R6,5 miljoen kon finaliseer.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences