E-pos ons

FAQ

JuniorTukkie/PMA Agri-voedsel Loopbaan- en Beursskou

Die PMA Agri-voedsel Loopbaan- en Beursskou word jaarliks in samewerking met die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, JuniorTukkie (JT) en die UP Nagraadse Loopbaankantoor op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria gehou.

Die Loopbaan- en Beursskou is ʼn vertoonvenster van baie loopbaangeleenthede in die landbou- en voedselbedryf en is bygewoon deur eerstejaar BSc (Biologiese Wetenskappe)-studente (van wie baie nog nie besluit het op ʼn spesialiseringsveld vanaf hul tweede jaar af nie), tweede- tot vierdejaar landbou-, voedsel- en verbruikerswetenskappe-studente, asook studente op nagraadse vlak. Studente van ander dissiplines soos BCom en Ingenieurswese het ook die verskillende stalletjies besoek. Ongeveer 1 566 Graad 11-leerders wat die JuniorTukkie Graad 11-Toppresteerdersfunksie bygewoon het, het ook die geleentheid gekry om die Agri-voedsel Loopbaan- en Beursskou by te woon.

 

                  Foto: Leerders en studente by die PMA Agri-Voedsel Loopbaan- en Beursskou (2015)

 

JuniorTukkie, in samewerking met Aartappels SA, het 'n projek begin om die Universiteit van Pretoria se voedingskema (Student Nutrition and Progress Programme – SNAP) te ondersteun. Die SNAP-voedselskema is 'n inisiatief van die Departement Studentesake. Hierdie voedingskema het in die eerste semester aan 171 studente 'n maaltyd per dag voorsien. Die JuniorTukkie-kantoor het leerders, studente, skole en uitstallers aangemoedig om die projek te ondersteun deur elk 'n 7kg sak aartappels of nie-bederfbare voedsel soos blikkieskos, pakkies noedels of sop aan SNAP te skenk.

Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor Schoeman Boerdery, Aartappels SA, ZZ2, Welgelegen Choice Appels asook aan al die ander partye vir hul ruim bydraes tot die SNAP-voedingskema. Ons wil ook graag vir Sakata Seed Southern Africa bedank vir die saailinge wat hulle geskenk het aan die Universiteit van Pretoria se Sci-Enza Gemeenskapstuin-projek.

Foto: Donasies aan die SNAP-voedselskema

Agter, van links: Me Nivi Ragubeer (Departement Studentesake & SNAP),
xolisi Masango (JuniorTukkie-studentevereniging), Dr Willem Jorissen (Departement Studentesake & SNAP)
en Kudzai Muzerengwa (JuniorTukkie-studentevereniging)

Voor: Judith Seabi (JuniorTukkie-studentevereniging)

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit