E-pos ons

FAQ

LectorSA

JuniorTukkie se vennootskap met LectorSA en die gebruik van hulle Lab-on-line-leesontwikkelingsprogram het reeds groot sukses getoon. Die leesprogram verhoog die oog-brein-funksie wat lei tot ʼn gesonder en beter geheue. Leerders en studente word deur middel van die verskillende JuniorTukkie-projekte aan die Lab-on-line-leesontwikkelingsprogram bekendgestel waarná hulle kan voortgaan om te lees vanaf enige plek solank hulle toegang tot die internet het.

Die Lab-on-line-leesontwikkelingsprogram bestaan uit 20 geoutomatiseerde lesse wat die volgende insluit:

  • ontwikkeling van visuele vaardighede
  • woordeskat-ontwikkeling
  • opleiding in vlotlees
  • ontwikkeling in begripsvaardigheid

Gebruikers voltooi elke les binne 25 tot 35 minute.

► Besoek www.lab-on-line.com/free_reading_tests/new en doen 'n gratis leestoets.

► Vir meer inligting oor LectorSA, besoek www.lectorsa.com.

 

Deel hierdie blad
Geredigeer deur Martha KilianEdit