van Wyk, Arnold

b. Calvinia 1916

d. 1983

 

Arnold van Wyk is op die 26e April, 1916 in Calvinia gebore. Van Wyk het reeds vroeg in sy lewe ‘n belangstelling in komposisie getoon, en kon al op sesjarige ouderdom vaardig op die klavier improviseer. Hy het sy tienerjare op die Hoër Jongenskool op Stellenbosch deurgebring waar hy klavieronderrig van Hans Endler en Mej. C.F. van der Merwe ontvang het. Nie veel van sy vroeëre komposisies word vandag meer gehoor nie; die enigste uitsondering is die siklus Vier Weemoedige Liedjies wat steeds gereeld uitgevoer word. Drukkende finansiële omstandighede as gevolg van ‘n wêreldwye depressie het veroorsaak dat Van Wyk na sy matrikulasie in Kaapstad versekering moes verkoop om homself te onderhou. Hy kon gelukkig op die ou end met behulp van lenings van vriende en ‘n klein studiebeurs sy studies in Stellenbosch voortsit. In 1936 skryf hy in vir die B.Mus graad by die Universiteit van Stellenbosch, waar hy klavier studeer onder Alan Graham en Maria Fismer. Hy word reeds op twintigjarige ouderdom deur die FAK genader om ‘n Eeufeeskantate vir die inwyding van die Voortrekkermonument te komponeer, en sy Klavierconcerto is ook gedurende hierdie tyd in Kaapstad uitgevoer met homself as solis. By die laasgemoemde geleendheid was daar ‘n verteenwoordiger van die Performing Rights Society in die gehoor; hy was so beïndruk met Van Wyk se talent dat hy hom beywer het om ‘n PRS beurs vir Suid Afrikaanse komponiste in te stel. 

 

In 1938 word Van Wyk die eerste Suid Afrikaner wat ‘n oorsese studiebeurs van die Performing Rights Society wen. Hy sit sy studies vir die volgende vier jaar voort by die Royal Academy of Music waar hy onder Theodore Holland (komposisie) en Harold Craxton (klavier) studeer. Gedurende sy studies by die Royal Academy vind hy ook baat by die leiding en raad van Howard Ferguson. Dit was in hierdie stimulerende tyd van sy lewe wat sy eerste volwasse werke gekomponeer is. Onder hierdie werke tel die Five Elegies for String Quartet, Saudade vir viool en orkes, die Simfonie nr. 1 en die Concertino vir klavier en orkes. Gedurende die tweede wêreldoorlog het Van Wyk ook as omroeper vir die afrikaanse afdeling van die BBC gewerk. 

 

Na 1946 het Van Wyk na Suid Afrika teruggekeer waar hy o.a. deeltydse werk vir die SAUK gedoen het. Hy word later aangestel is as dosent by die South African College of Music by die Universiteit van Kaapstad (1949-60) en by die Universiteit van Stellenbosch (1961-78) waar hy tot sy aftrede werksaam was. 

 

Onderskeidings wat aan Van Wyk toegeken is sluit ‘n erepenning van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in. In 1952 word hy ‘n fellow van die Royal Academy of Music, en hy ontvang later eredoktorsgrade van die Universiteite van Kaapstad (1972) en Stellenbosch (1982). 

 

Van Wyk is tydens sy lewe beskryf as “doyen van Suid Afrikaanse komponiste”, en sy dood in 1983 was ‘n verlies van een van die grootste komponiste wat ons land nog opgelewer het.

 

 

Vocal Music:

Vier weemoedige liedjies (W.E.G. Louw, I.D. du Plessis), voice and piano, 1934–8 

 

Kerskantate (Afrikaans Bible, early Dutch poems), SATB chorus, 1946–7 

 

Van liefde en verlatenheid (E. Marais), voice and piano, 1953 

 

Carmine Petronii (Petronius Arbiter), Bar, fl, ob, hn, hp, pf, 2 perc, 2 va, 2 vc, db, 1964 

 

Die ou paradys (C. Louis Liepoldt), double chorus, 2 whistlers and percussion, 1964 

 

Aanspraak virrie latenstyd (Boerneef), chorus, 1973–83 

 

Missa in illo tempore, double chorus, boys’ vv, 1979

 

Orchestral Music:

Saudade, violin and orchestra, 1942 

 

Symphony no.1, A Minor, 1943 

 

Suiderkruis, 1943 

 

Symphony no.2 (Sinfonia ricercata), 1952 

 

Primavera, 1960 

 

Fantasy in F Minor (arrangement of Schubert, D940), pf, orch, 1961 

 

Maskerade, 1963 

 

Gebede by jaargetye in die Boland, 1966 

 

Quasi variationi, piano and orchestra, 1974

 

Chamber Music:

5 Elegies, string quartet, 1940–41 

 

3 Improvisations on Dutch Folk Songs, piano duet, 1942 

 

String Quartet no.1, 1946 

 

Rumba op die Vierperdewa, 2 pianos, 1956 

 

Duo concertante, viola and piano, 1962–76 

 

Musique pour treize, woodwind quartet, hn, tpt, hp, pf, timp, perc, va, vc, db, 1969

 

Solo Instrumental Works:

Pastorale e capriccio, piano, 1955 

 

Night Music, piano, 1955–8 

 

4 klavierstukke, piano, 1965 

 

Tristia, piano, 1972–83 

 

Ricordanza, piano, 1974–82 

 

Principal publishers: Boosey and Hawkes, H.A.U.M. (Cape Town), Arnold van Wyk Trust

 

BIBLIOGRAPHY 

H. Ferguson: ‘Arnold van Wyk’s Five Elegies’, Tempo, new ser. (1947–8), no.6, pp.16–18 

 

H. Temmingh: ’n Stylkritiese studie van die musiek van Arnold van Wyk (diss., Potchefstroom U., 1965) 

 

I.J. Grové, ed.: Arnold van Wyk: 1916–1983 (Bloemfontein, 1984) [incl. H. Ferguson: ‘Arnold van Wyk: Recollections of his Stay in England’, 31–4; H. Temmingh: ‘Die tweede simfonie van Arnold van Wyk’, 62–6; J. Geldenhuys: ‘Die koorwerke van Arnold van Wyk: 'n oorsigtelike beskouing’, 67–77; M. Viljoen: ‘Aspekte van Van Wyk se Missa in illo tempore’, 114–20; M. Feenstra: ‘Eenheidsgewende faktore in die Vyf elegieë vir strykkwartet’, 113–41] 

 

H. Ferguson: ‘Arnold van Wyk’, Composers in South Africa Today, ed. P. Klatzow (Cape Town, 1987), 1–31 

 

J. May: ‘Arnold van Wyk’s Two Symphonies: an Introduction’, Musicus, xix/2 (1991), 102–8 

 

I.J. Grové: ‘Arnold van Wyk: herdenking en her-denking, 1916–1996’, Musicus, xxiv/1 (1996), 85–90 

 

J. May: ‘Some Aspects of Unity in Arnold van Wyk’s Works between 1940 and 1952’, Musicus, xxiv/1 (1996), 92–8 

 

(James May)

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences