E-tolling might create legal problems

Posted on March 23, 2012

He also pointed out that fines imposed in criminal proceedings would ordinarily go to the state coffers and not Sanral directly. Sanral would have to collect the tolls through civil actions, which would not be economically viable.


"E-tol: ‘Vasvat kán nie gebeur’

2012-03-13 22:32


Dit gaan byna onmoontlik wees om Gautengse tol­ontduikers vas te vat.

Kenners sê prosesse om elektroniese tol af te dwing gaan ’n “onadministreerbare en ondoenbare” nagmerrie wees.

Mnr. Collins Letsoalo, waarnemende uitvoerende hoof van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), het gister voor die Nasionale Persklub bevestig verskillende wette gaan op verskillende dele van die roete gebruik word.

In Pretoria en Johannesburg waar die omstrede en wanfunk­sionele Wet op die Administratiewe Beregting van Verkeersmisdrywe (Aarto) op proefgrondslag geld, sal dié wet gebruik word, het Letsoalo gesê.

In Ekurhuleni, waardeur ’n groot deel van die R21-hoofweg gaan, sal die Padverkeerswet, Sanralwet en Strafproseswet gebruik word.

Prof. Wium de Villiers van die Universiteit van Pretoria se departement prosesreg voorsien probleme met albei dié stelsels.

Elke tolhek op die roete sal ’n ander oortreding tot gevolg hê.

Met vervolging ingevolge die Strafproseswet sal die verhoor oor elke oortreding aangehoor moet word in die hof wat jurisdiksie het op dié deel van die roete waar die tolhek staan.

Die versuim om tol te betaal op een rit van die O.R.Tambo-lughawe na Pretoria kan byvoorbeeld lei tot verskillende hofsake in byvoorbeeld Boksburg en Kempton Park, elk oor ’n oortreding van ’n paar rand.

As die hof die wanbetaler ’n boete oplê, gaan dié geld normaalweg na die staatskas en nie na die liggaam teen wie die oortreding begaan is, in dié geval die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) nie, sê De Villiers.

Die agterstallige bedrag moet deur siviele stappe verhaal word en dít sal kwalik koste-doeltreffend wees.

Volgens De Villiers kan sake in verskillende distrikshowe wel saamgevoeg word in die streekhof in wie se streek hulle val of die streekhofsake in die betrokke hooggeregshof. Pretoria en Johannesburg val egter in verskillende hooggeregshofstreke, sodat minstens twee verskillende hofstreke ter sprake sal wees.

De Villiers sê selfs in normale omstandighede is vervolging só onmoontlik. Grootskaalse burgerlike ongehoorsaamheid sal die situasie vererger.

Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê dit gaan ’n administratiewe nagmerrie wees. Die NVG sal moet besin oor die werkwyse, sê hy.

Al die fases van die Aartowet is nog nie in werking in Johannesburg en Pretoria nie, wat twyfel laat ontstaan of dit ’n doeltreffende instrument sal wees om tol af te dwing.

Boonop moet wetswysigings eers gedoen word om toloortredings met dié wet af te dwing.

- Mnr. Alex van Niekerk, hoof van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek, het aan Jani Meyer gesê Sanral sal Aarto nie gebruik totdat wetswysigings aanvaar is nie.

“Strafproseswetgewing sal gebruik word.”"


Click here to access this article in the Beeld of 13 March 2012.

 


Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences