Jaarboeke

Program: MECI Vroeë Intervensie in Kinderj

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10258241 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Dr K van Niekerk
[email protected]
+27 (0)123563220

Toelatingsvereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Ander programspesifieke inligting

Raadpleeg die studiegids wat op aanvraag by die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie beskikbaar is, vir inligting oor die subafdelings van die module.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Minstens 50% word vereis om in ’n module te slaag, en alle modules moet geslaag word alvorens die graad toegeken sal word.
  2. Die aard en frekwensie van eksamens word deur die departementshoof in oorleg met die programleier bepaal.

Tweede eksamengeleentheid

'n Tweede eksamen of herindeling van werkopdragte sal binne twee weke tot een maand ná afloop van die eksamen waarin die student gedruip het, plaasvind.

Bevordering tot volgende studiejaar

’n Student moet die eerste studiejaar geslaag het om toelating tot die tweede studiejaar te verkry. Deelname soos beskryf in die studiegids is ’n vereiste vir bevordering tot die tweede studiejaar.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n kandidaat wat ’n gemiddelde van minstens 75% in al die modules behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences