Code | Faculty |
---|---|
01130133 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 360 |
Met die toenemende belangrikheid van die visuele medium in alle kommunikasie- en kultuurmedia, word die sinvolle verkeer met visuele kultuur noodsaaklik. Dié program poog om visuele geletterdheid te bevorder en om opleiding in die analise, interpretasie en evaluasie van verskeie aspekte van visuele kultuur te bied.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September jaarliks.
Minimum vereistes | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 30 |
Keusemodules in die eerste jaar
Kies enige drie dissiplines (vakke) op eerstejaarsvlak en doen twee semester-modules van elkeen van hierdie dissiplines (ter waarde van 66 krediete). Indien DFK- en/of BEM-modules gekies word, moet addisionele modules gekies word om aan die vereiste 66 krediete te voldoen.
Jaarvlak 1-modules:
APL 110,120 [12 elk] DFK 110,120 [10 elk] EFK 110,120 [12 elk] FIL 110,120 [12 elk] INL 110,140 [12 elk] BEM 120 [10] GES 110,120 [12 elk] REL 110,120 [12 elk]
(Sien Taalgroepe)
Keusemodules in die tweede jaar
Kies twee dissiplines (vak) wat op eerstejaarsvlak geslaag is en doen beide semestermodules op tweedejaarsvlak, ter waarde van 80 krediete. Indien DFK en/of BEM gekies word, moet ’n addisionele semestermodule gekies word om aan die minimum kredietvereiste van 80 te voldoen.
Jaarvlak 2-modules:
APL 210,220 [20 elk] DFK 210,220 [15 elk] EFK 210,220 [20 elk] FIL 210,220 [20 elk] INL 240 [20] BEM 212,224 [16 elk] GES 210,220 [20 elk] REL 210,220 [20 elk]
(Sien Taalgroepe)
Keusemodules in die derde studiejaar
Kies een dissipline (vak) wat op tweedejaarsvlak geslaag is en doen beide semestermodules op derdejaarsvlak ter waarde van 60 krediete. Indien DFK en/of BEM gekies word, ’n addisionele semestersmodule voltooi word om aan die minimum kredietvereiste van 60 te voldoen.
Jaarvlak 3-modules:
APL 310,320 [30 elk] DFK 310,320 [20 elk] EFK 310,320 [30 elk], FIL 310,320, INL 360 [30 elk], BEM 314*,321 [20 elk] GES 310,320 [30 elk] REL 310,320 [30 elk]
(Sien Taalgroepe)
*Let wel: STK 110 is ? voorvereiste vir BEM 314 en moet reeds in die eerste studiejaar geneem word.
Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:
Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I)
ENG 120 Introduction to literature in English (II)
ENG 118 English for specific purposes
Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I)
Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.
Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners
PTG 101 Portugees vir beginners
Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus
LAT 110 Latyn
GRK 110 Grieks
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module equips students to understand and use a range of discipline-specific terminology; apply the strategies of critical and comprehensive reading to their own academic literacy; apply the conventions of academic writing to their own writing, using the process approach, to produce intelligible academic texts and use the correct referencing technique as required by the faculty.
Module-inhoud:
Grondbeginsels van visuele kultuur Hierdie module dien as ‘n inleiding tot kuns en visuelekultuurteorie deur na ‘n verskeidenheid tekste en idees te verwys. Die module bied aan studente ‘n wye blootstelling aan visuele diskoerse en sluit ‘n verskeidenheid visuele voorbeelde in bv kunswerke en advertensies. Die diskoerse waarna verwys word mag die volgende insluit: die ondersoek na wat visuele kultuur is; modusse van analise; inleiding tot terme soos ideologie en mite; die kontekstuele bekendstelling van geselekteerde periodes in die geskiedenis; die inleiding tot kulturele ikone en temas vanuit populêre visuele kultuur.Module-inhoud:
Beelde oor media heen: kontemporêre idees
Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondesoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur.
Module-inhoud:
Beelde oor media heen: historiese perspektiewe
Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondersoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur.
Module-inhoud:
Inleiding tot Antropologie Hierdie inleiding tot antrop0ologie stel die basiese begrippe van die dissipline, soos rituele, religieê, huweliksluiting en seks, bekend. Dit kombineer klassieke en resente studies, en vra 'groot vrae' oor die menlike samelewing en kulture wat uitdagende perspektiewe bied op die wêreld waarin ons leef.Module-inhoud:
Plaaslike kontekste, globale kwessies Hierdie module bou voort op die inleidende etnografiese en teoretiese temas bevat in APL 110 terwyl spesifieke vrae gevra word oor hoe ons die verhouding tussen die plaaslike en globale, die inheemse en universele, die publieke en private, en die werklike en moontlike kan konseptualiseer.Module-inhoud:
Die module bied ‘n oorsig van die beginsels van bemarking deur die uitruilproses, kliëntewaarde, bemarkingsnavorsing en die ontwikkeling van ‘n bemarkingsplan aan te spreek. Dit spreek ook die elemente van die bemarkingsmengsel aan met spesifieke fokus op die sewe diensbemarkingselemente naamlik die diensproduk, fisiese bewyse, mense, prosesse, distribusie, prysstrategie en geïntegreede bemarkingskommunikasie.
Module-inhoud:
Die tale van drama en film
Hierdie module bied ?n inleiding tot die tale van drama en film, sowel as verskeie benaderings tot drama- en filmanalise. Verder word historiese en kontemporêre drama- en filmteorieë gebruik om verskeie drama- en filmtekste te lees.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Drama- en filmgenres
Hierdie module bied ?n inleiding tot die idee van genre as deel van ?n breër konsep van skepping van ?n narratief/storielyn en storievertelling in beide drama en film. Verskeie genres van drama en film word bekendgestel en bespreek en in verband gebring met die idee van ontluikende identiteite in kontemporêre oordra van stories. Voorgenoemde aspekte word konseptueel bekendgestel en verskaf ?n inleiding tot die lees, interpretasie en betekenisgewing aan verskeie drama- en filmdiskoerse.
Module-inhoud:
Inleiding tot studie van die vakgebied Erfenis- en Kultuurtoerisme; oorsig van Suid-Afrikaanse oorde en natuurreservate as ‘n toeristeaantreklikheid binne die breër konteks van erfenis- en kultuurtoerisme. 'n Inleiding tot basiese navorsingsvaardighede in die EFK-domein.
Module-inhoud:
Argeotoerisme Ontleding van toeriste- en ander besoeke aan argeologiese terreine. Onderwerpe sluit in internasionale en plaaslike wetgewing, etiek en bestepraktykdebatte oor wie die verlede interpreteer, wie dit ’besit’ en wie ’n profyt daaruit maak. Sluit ook terreinbestuursplanne in, kondisievasstellings en die inagneming van politiese en etiese vereistes aangaande ‘erfenis’. Gevallestudies sluit UNESCO Wêreld Erfenisterreine in asook klein amper vergete ‘plekke uit die verlede’ wat dwarsoor die wêreld voorkom.Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.Module-inhoud:
Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.Module-inhoud:
Hierdie module bied 'n inleiding tot die studieterrein van die inligtingkunde en verwante beroepsvelde. Sleutelkonsepte wat bespreek word, sluit die volgende in: die mens as inligtingverwerker en -gebruiker; die lewensiklus van inligting in terme van prosesse, produkte en rolspelers; asook die kommunikasie van inligting. Die sosio-etiese impak van globalisering, met spesifieke verwysing na Afrika, word ingesluit as 'n kernvraagstuk.Module-inhoud:
Inligting en kommunikasietegnologie. Hierdie module bied 'n bondige oorsig van harde- en sagteware, telekommunikasietegnologie, LANe, WANe en intranette, die inligtinghoofweg, die Internet en die wêreldwye web, rekenaar-etiek, inligting- en kommunikasietegnologie (ICTs), e-handel, mobiele rekenaartegnologie, en die inlvoed wat nuwe neigings en ontwikkelings op die verspreiding van inligting het.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
The world of religion
What is religion? The functions of religion. Studying religion. Perspectives on religion. Common concepts and key terms in various religions will be dealt with - also generic dimensions and aspects. The interdependence of religion, culture and society.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Kaleidoscope of religions
The occurrence of religion in societies. Types of religion. Primal religions. Christianity, Judaism, Islam. A variety of religions will be addressed: capita selecta will be made from Christianity; Hinduism; Buddhism; New Religions; New Age; main developments in the world and South Africa.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Gender, seksualiteit en visuele voorstelling Hierdie module bied ‘n inleiding tot die uitbeelding van seks, gender en seksualiteit in visuele kultuur. Gender teorieë en terminologie wat verband hou met feminisme, manlikheid studies en lbgtq teorieë (lesbiese, biseksueel, homoseksueel, transgenderisme, queer) word ondersoek. Temas en brandpunte rakende gender en identiteitspolitiek soos die figuur van die manlike held, die vroulike naak in die laat 19de eeuse kuns, die femme fatale, histerie, androginie en transseksualiteit word hanteer. Seksualiteit en gender in ‘n wye verskeidenheid van visuele kultuur uitbeeldings soos sepies, sitcoms, kunswerke, advertensies, mode, musiekvideos en films word belig.Module-inhoud:
Visuele (Post)kolonialismes Hierdie module ondersoek aspekte van ‘n Afrika identiteit, Afrosentrisme, multi¬kulturalisme, transnasionalisme en die Afrika diaspora, asook ‘n toeligting van die kruispunte tussen tradisionele kuns, toerisme kuns en die hibriede estetika van kontemporêre Afrika kuns en visuele kultuur. Die module konsentreer ook op die ideologieë van imperialisme en kolonialisme en die invloede daarvan op kuns en visuele kultuur vanaf die negentiende eeu. Die invloed van postkoloniale denke op die dekonstruksie van die koloniale word o.a. deur die landskap en geheue, die eksotiese en Primitivisme uitgelig.Module-inhoud:
Seks, gender en genesing
Hierdie module verken seks, seksualiteit, gender, ongesondheid en genesing. Dit behels 'n ontleding van die wyses waarop hierdie begrippe binne uiteenlopende sosiale kontekste verstaan word en hoe antropoloë dit in die hedendaagse samelewing bestudeer.
Module-inhoud:
Mag en welvaart
Hierdie module ondersoek antropologiese perspektiewe ten opsigte van politiek, mag en welvaart binne koloniale en post-koloniale verband. Kernbegrippe wat bespreek word, is onder meer burgerskap, kosmopolitanisme, hegemonie, menseregte, neoliberalisme, soewereiniteit, burgerlike samelewing, gender, ras en klas.
Module-inhoud:
Interne en eksterne beïnvloedingsfaktore van verbruikersgedrag, die verbruiker se besluitnemingsproses en toepassingsvelde van verbruikersgedrag, verbruikerswese en sosiale verantwoordelikheid, aankoopsgedrag van verbruikers in produk- en diensteverwante bedrywe, verbruikersielkunde en die invloed daarvan op aankoopsgedrag, sielkunde van beprysing, beïnvloedende faktore in verbruikers-gedrag, die impak van verskeie bemarkingskommunikasievorme op aankoopsgedrag.
Module-inhoud:
Geïntegreerde handelsnaam kommunikasiebenadering, bemarkingskommunikasiebeplanning, doelwitte en begroting van geïntegreerde bemarkingskommunikasiebestuur, beginsels en strategieformulering van bemarkingskommunikasie-elemente, nuwe media, die handelsnaamkommunikasieproses, meting en evaluering van bemarkingskommunikasie-effektiwiteit.
Module-inhoud:
Historiese modaliteite van Westerse Optrede
Die module ondersoek die sosio-politiese kontekste van die Westerse Klassieke- en Renaissance-teater met die fokus op gewelddadigheid in teatermatige opvoerings gedurende die tydperk van Verligting.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Realisme en kontemporêre Suid-Afrikaanse optrede
Beginsels van naturalisme en realisme word ondersoek in verhouding tot dramatekste en opvoerwaarde in beide drama en film. Maniere waarop dramatiese realisme na vore tree en op historiese perspektiewe sedert die tydperk van die Verligting reflekteer, sal behandel word. Teen hierdie agtergrond word die konsep van „realisme? ondersoek in verhouding tot opvoertekste en -waardes in die opkoms van ?n interdissiplinêre raamwerk van optredestudies. Maniere waarop dramatise realisme na vore kom en op historiese perspektiewe reflekteer, sal aangebied en bespreek word om sodoende die verhouding tussen realisme en kontemporêre Suid-Afrikaanse optrede uit te lig.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Die benutting van SA kultuurhistoriese erfenis vir toerisme
Herinnering en herdenking en die gebruik daarvan in die toerismebedryf. Inleiding tot die historiese-konstitutionele ontwikkeling van Suid-Afrika en tot intergroepverhoudinge in die land in die konteks van die erfenis- en toerismesektor. 'n Inleiding tot veldnavorsing in die EFK-domein.
Module-inhoud:
Gemeenskapsgebaseerde toerisme Ontwikkelingsteorieë en toerismeteorie: verband tusssen ontwikkeling en toerisme. ‘Pro-poor’ toerisme. Geleenthede en hindernisse in toerisme-ontwikkeling. Gevallestudies in sub-Sahara Afrika.Module-inhoud:
Geskiedenis van die moderne filosofie I en II
’n Oorsig van die geskiedenis van die moderne filosofie. Die volgende is voorbeelde van temas wat behandel kan word: Die Renaissance, die Wetenskaplike Rewolusie, die grondslae van die moderne wêreldbeskouing (in teenstelling tot die premoderne), die Europese Verligting, die Romantiek, die Duitse Idealisme (Kant, Hegel), Marx en die Marxisme, Kierkegaard en die eksistensialisme, die filosofie van Nietzsche. ’n Seleksie van kontemporêre kritiese antwoorde op moderne filosofie kan ondersoek word; dit sou byvoorbeeld die volgende kon insluit: Afrikafilosofie, analitiese (Anglo-Amerikaanse) filosofie, postmodernisme, neo-Marxisme, ens.
Module-inhoud:
Politieke filosofie en etiek
In hierdie module word daar ondersoek ingestel na die maniere waarop die menslike werklikheid in die praktiese filosofie bedink word. Sowel die analities-interpretatiewe perspektief as die normatiewe perspektief word gedek. Dit word gedoen aan die hand van ’n seleksie van sleuteltemas en -tekste uit die geskiedenis van die filosofie, maar spesiale aandag word gegee aan die kontemporêre relevansie daarvan. Die eerste van die twee fokuspunte van hierdie semestermodule is politieke filosofie. Onder die temas wat hanteer kan word tel geregtigheid, mag, ideologie, die sosiale kontrak, die reg, erkenning, ensovoorts. Die tweede fokuspunt van hierdie semestermodule is etiek. Onder die temas wat hanteer kan word tel die vorming van reëls, beginsels, ideale, disposisies en vermoë om te beoordeel wat sulke diverse fenomene soos vryheid, gelykheid, regte, hervedeling, onderdrukking, pluralisme, en ander reguleer. Die klassieke benaderings tot etiek - deugde-etiek, deontogolie en konsekwensialisme - sal die agtergrond vorm waarteen morele filosofie aangebied sal word. In hierdie module kan die student in die algemeen verwag om blootgestel te word aan die werk van Plato, Aristoteles, Augustinus, Aquinas, Machiavelli, Hobbes, Locke, Kant, Hegel, Marx, Sidgwick, Nietzsche, Weber, Mead, Arendt, Habermas, Rawls, Ricoeur, Walzer, Young, Sen, Honneth, en ander.
Module-inhoud:
Temas uit Afrikageskiedenis 'n Seleksie van temas uit die geskiedenis van Afrika en haar mense gedurende pre-koloniale, koloniale en postkoloniale tye, met die fokus op sosiale, politieke en ekonomiese kragte wat die historiese ervaring van Afrika help vorm het.Module-inhoud:
Die opkoms en val van segregasie en apartheid Fokus op die oorsprong en teoretiese fondasies van die beleide van segregasie en apartheid en die verskansing daarvan in SA wetgewing. Die weerstand teen die instelling van hierdie onderskeie beleide en die daaropvolgende beëindiging van apartheid. Die impak op sosiale, kulturele en ekonomiese terrein.Module-inhoud:
Sosiale en etiese impak. Hierdie module ondersoek die morele en wetlike regulasiepraktyke wat verband hou met inligting in gedrukte en digitale omgewings. Verskillende etiese teorieë word geïdentifiseer en toegepas op privaatheid, toegang tot inliging, inligtingarmoede en sensorskap. Die interpretasie en toepassing van reëls en regulasies word bespreek.Module-inhoud:
Fokus op godsdiens Deel 1: Christendom Jesus as stigter van die Christendom; beelde van Jesus; huidige navorsing oor die 'historiese Jesus'; kernsake in die debat rondom die 'historiese Jesus'. Capita selecta van temas soos: Nuwe Testamentiese Christendom; Christelike geskiedenis in ondersoek; Christensending; Ná die Industriële Rewolusie en die Verligting; Die Christendom in 'n sekulêre era; Die opkoms van die Derde Wêreld Christendom. Deel 2: Tradisionele Afrika-godsdienstigheid Primale godsdiens en tradisionele Afrika-godsdienste; Tradisionele lewe en wêreldbeeld. Sleutelelemente soos: konsep van tyd; konsep van God; voorvaderkultus; kragdokters, genesers en kultiese leierskap; etiek: voorbeelde uit Afrika-godsdienste; San-godsdiens; Zoeloe-godsdiens; Shona-godsdiens.Module-inhoud:
Deel 1: Mite, simbole en ander verskynsels Godsdiens in diakroniese en fenomenologiese perspektief; Kosmologieë en teologieë; Mite en narratief; Ritueel; Spiritualiteit; Ampte; Simboliek en kommunikasie. Die module sal primêr fokus op mitiese motiewe en gedagtepatrone in die Ou en Nuwe Testamente. Deur middel van 'n capita selecta sal die gekose tekste geanaliseer word binne die tydsraamwerk en wêreldbeskerming van hul eie oorsprong. Deel 2: Antieke godsdienste Die inhoud, aard en invloed van godsdienste in die Antieke Nabye Ooste en Mediterreense wêrelde sal bestudeer word: bv. Egipte, Kanaän, Mesopotamië, Griekeland, ens. ('n Seleksie sal elke jaar gemaak word.)Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Post/Moderniteite: Kontemporêre diskoerse
Hierdie module ondersoek modernisme en postmodernisme as die oorheersende estetiese, diskursiewe en visuele paradigmas van die 20ste en 21ste eeu. Sleutelbegrippe in hierdie diskoerse en kontradiskoerse word belig en uitgebou, soos die daarstelling van moderne subjektiwiteit, die skone en die sublieme, die avant garde, die metafisika van teenwoordigheid, oorspronklikheid, outeurskap, hermeneutiek, die “taal”-wending, différance en die sogenaamde “einde van kuns”. Teoretici mag insluit: Kant, Heidegger, Derrida and Foucault.
Module-inhoud:
Visuele en virtuele ruimtes Die kritiese dekodering van kultureel gekodeerde idees en ideologieë in die konstruksie van ruimte, plek en kuberruimte in geselekteerde modernistiese en postmodernistiese kulturele praktyke word beoog. Temas sluit in ruimtes van verbruik en vermaak soos inkopiesentrums; gender en ruimtelikheid; simboliese ruimtes; bewaking en die argitektuur van vrees. Landkuns, omgewingskuns en verwante temas word ook aangespreek. Die wyses waarop ware ruimte gevirtualiseer word deur nuwe tegnologieë; die geskiedenis en ontwikkeling van virtuele ruimtes, virtuele gemeenskappe, die kuborg en kuberpunk, sowel as posthumanisme word ondersoek met ’n spesifieke fokus op hoe beliggaming en ontliggaming visueel uitgebeeld word.Module-inhoud:
Afrika: antropologiese perspektiewe 310
Kontemporêre etnografie in die Afrikakontinent, met besondere verwysing na politiek, oorlog, hervestiging en vlugtelinge, religie, identiteitsvorming en -politiek, etnisiteit en klas asook verbruik.
Module-inhoud:
Veldwerk, etnografie en teorie
Hierdie module bestudeer temas rakende veldwerkpraktyk, etnografiese skryfwerk en die ontwikkeling van teorie in antropologie. Die module bied die geleentheid om ervaring in etnografiese veldwerkmetodes op te doen en insig te ontwikkel vir die implikasies van metodologiese keuses en hul veband met navorsingsvrae en -kontekste.
Module-inhoud:
Die rol van bemarkingsnavorsing, die proses van bemarkingsnavorsing, vertolking van sekondêre data, kwalitatiewe navorsing, opnamenavorsing, waarneming, meting- en houdingskale, vraelysontwerp, steekproefontwerp en steekproefprosedures, basiese dataontleding, beskrywende statistiese ontleding, vertolking en verslagdoening van bevindinge en skryf van verslae.
Module-inhoud:
Strategiese vraagstukke in bemarking, strategiese bemarking, strategiese ontleding, (markontleding, klantontleding, mededingersontleding en interne ontleding), markstrategieë (mededingingstrategieë, strategieë in die produklewensiklus, en verhoudingsbestuurstrategieë) asook strategie-implementering en beheer.
Module-inhoud:
Die lees van kulturele verteenwoordiging
Binne die raamwerk van postkolonialisme word kwessies van waardebepaling, verteenwoordiging en betekenis in optrede ondersoek in verhouding tot geselekteerde teoretiese benaderings tot optrede en die betrokkenheid daarvan by gender in teater en film. Representasie en subjektiwiteit en hoe dit na vore kom as genderfiksie, eerder as „natuurlike?, onvermydelike realiteite sal ondersoek word in verskeie drama- en filmtekste. Ondersoek sal ingestel word na hoe die liggaam, as gekodifiseerde kulturele produk, ?n simboliese slagveld kan word vir kulturele oorheersing in en deur optrede.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
Teenstrydige diskoerse
Sosiale verhoudings, materiële toestande, diskursiewe praktyke, identiteit en strukture van verteenwoordiging sal bestudeer word in verhouding tot Marxistiese materialisme, kruiskulturele teater, postmoderne diskoerse en idees rondom postteorie. Sleutelfigure en idees vanuit relevante kritiese teorie sal ?n deeglike ondersoek lei na populêre drama en film, sowel as niedominante film en -optredemodusse.
A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.
Module-inhoud:
SA kultuurhistoriese terreine en aktiwiteite
Bekendstelling aan die belangrikste kultuurhistoriese terreine en kultuuraktiwiteite in Suid- Afrika, met 'n spesifieke fokus op die beoefening van kultuurtoerisme in die praktyk. 'n Navorsingsopdrag met spesifieke aandag aandag aan literatuuranalise.
Module-inhoud:
Etnotoerisme
Benaderings tot die studie van kulturele landskappe: kenmerke van etnotoerisme. Die probleem van stereotipering in die toeriste-industrie. Invloed van toerisme op gasheergemeenskappe: toerisme-afhanklikheid en inwonergesindhede, outentiekheid en die aanbieding en kommodifisering van kultuur. 'n Studie-opdrag met spesifieke aandag aan kwalitatiewe navorsingsmetodes.
Module-inhoud:
Filosofiese antropologie en kognitiewe filosofie
In hierdie module is die doel om ondersoek in te stel na die wesensaard van die mens en sy/haar verhouding met die werklikheid en kennis. Sowel die analities-interpretatiewe perspektief as die normatiewe perspektief word gedek. Dit word gedoen aan die hand van 'n seleksie van sleutelemas en -tekste uit die geskiedenis van die filosofie, maar spesiale aandag word gegee aan die kontemporêre metafisika. Dit kan die volgende temas insluit: Is die mens meer as die somtotaal van sy eienskappe?; die relasie tussen bewussyn, selfbewussyn en die onderbewuste; die vraag na die sin van die lewe; die aard van persoonlike identiteit; die problematiek van vrye wil. Die tweede fokuspunt van die semestermodule is die kognitiewe dissiplines van filosofie soos wetenskapfilosofie, filosofie van denke, en epistemologie. In wetenskapfilosofie kan temas wat aangespreek word die volgende insluit: die verskillende soort redenering in die wetenskap, die aard en rol van verduideliking in die wetenskap; wetenskaplikerealismedebat; die aard van wetenskaplike voortuitgang. regverdeling van wetenskaplike teorieë, die rol van waarheid in die wetenskap, en andere. In filosofie van denke kan temas waaraan aandag gegee word die volgende insluit: die verhoduding tussen gees, psige/siel, en liggaam - die liggaam-gees probleem, die aard van bewussyn en qualia, dualisme, materialisme, funksionalisme, fisikalisme, intensionaliteit, en andere. In epistemologie kan temas wat aangespreek word die volgende insluit: rasionalisme, empirisme, transendentale idealisme en Kant fundamentalisme, koherentisme, epistemiese internalisme en eksternalisme, radikale skeptisisme, en andere.
Module-inhoud:
Filosofiese hermeneutiek en sosiale filosofie
Die eerste van die twee fokuspunte van hierdie semestermodule is ’n bespreking en analise van filosofiese perspektiewe op die hermeneutiese probleem (die probleem van verstaan en interpretasie), met spesifieke aandag aan kontemporêre denkers soos Nietzsche, Heidegger, Gadamer en Derrida. Die tweede fokuspunt van die semestermodule is sosiale filosofie waar filosofiese vrae oor sosiale vorme, strukture, instellings, praktyke, gewoontes en etos geopper word. ’n Reeks temas kan ondersoek word, soos byvoorbeeld struktuur en agentskap, sosiale denkbeelde (“social imaginaries”), nuwe sosiale formasies, institusionele kulture, geslag en seksualiteit, subjek en konstitusie, en andere. Verder word die gesitueerdheid van hierdie temas in ’n spektrum van benaderings ontleed en ondersoek. Sulke benaderings sluit in kritiese teorie, ideologie-teorie, kontrakleer, sosiale aksie- of handelingsteorie, metaforologie, kritiese ras-teorie, genealogie, en andere.
Module-inhoud:
Historiese tendense in die moderne wêreld 'n Seleksie van politieke, ekonomiese en sosiale temas.Module-inhoud:
Globalisering, diversiteit en verandering Teorieë en interpretasies van die proses van verandering. Globalisering en die betekenis daarvan vir o.m. die globale ekonomie, die nasiestaat, nasionalisme, etnisiteit en kultuur.Module-inhoud:
Hierdie module ondersoek aspekte van die inligting en kennis samelewing in plaaslike, streek- en internasionale kontekste. ’n Spesiale fokus van die module is die interaksie en uitruil van data, inligting en kennis van gemeenskappe se lokale kennis stelsel met data, inligting en kennis in die globale kennis stelsel. Die module bespreek verder die groei van inligting- en kommunikasietegnologieë (IKT’s), en die implikasies daarvan op ontwikkeling.Module-inhoud:
Deel 1: Nadenke oor godsdiens Teorieë oor godsdiens; Godsdiens en ideologie; Sekularisme; Uniekheid; Leerstellige sake, ens. Deel 2: Aktuele sake Die verhouding tussen godsdiens en verskeie tematiese sake in die samelewing sal aangespreek word, soos: Godsdiens en samelewing; godsdiens en gender; godsdiens en ekonomie; godsdiens, politiek en die staat; godsdiens en die omgewing, ens.Module-inhoud:
Deel 1: Godsdienste as bure Pluraliteit; Godsdienstige interaksie; Praktiese sake, bv. temas wat aangespreek sal word is: konflik, propaganda, indoktrinasie, dialoog, sinkretisme, respek en verdraagsaamheid. Modelle om pluraliteit te hanteer sal bestudeer word, bv. fundamentalisme, relatiwisme, pluralisme, inklusiwisme, eksklusiwisme, sekularisme en medeverantwoordelikheid en samewerking. Deel 2: Godsdiens en die kunste Ikonografie; oorsig van die uiteensetting van bybelse temas in die uitvoerende kunste en musiek; godsdienstige aspekte van bekende artefakte en musikale komposisies; funksie van kuns en musiek in aanbidding.Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App