Code | Faculty |
---|---|
01240405 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Mr RD Henwood [email protected] | +27 (0)124202687 |
In sekere gevalle kan addisionele modules vereis word.
In oorleg met die programbestuurder en met die goedkeuring van die departementshoof kan studente een keusemodule vanuit ’n ander dissipline neem.
Slegs sekere modules word jaarliks aangebied. Raadpleeg die departement in dié verband.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Studie van empiriese en normatiewe teorieë van internasionale verhoudinge, met spesifieke verwysing na die hedendaagse ontwikkeling en stand daarvan. Die klem val op die mate waarin dit tradisionele of postmodernistiese denke verteenwoordig en dit wegbeweeg van die mededingende paradigmas en perspektiewe wat die dissipline tans kenmerk. Grondige ontledings word ook gemaak van spesifieke deelteorieë, en van die bydrae van geselekteerde teoretici en hul werke.Module-inhoud:
’n Beperkte navorsingsverslag van 8 000-10 000 woorde, gebaseer op onafhanklike navorsing wat deur die student in ’n spesialisveld van internasionale verhoudinge gedoen is, word onder leiding van ’n toesighouer geskryf. Dit word voorafgegaan deur ’n inleiding tot gevorderde politieke navorsing in die dissipline met inbegrip van toepaslike navorsingsmetodologie, navorsingsetiek, en die beplanning en dokumentering van navorsing.Module-inhoud:
Kontemporêre politieke en ekonomiese tendense wat die politieke ekonomie van ontwikkelende state beïnvloed, word bestudeer. Die klem is spesifiek op die invloed van internasionale finansiële instellings en regimes op die politieke ekonomie van die ontwikkelende wêreld, en op die reaksies van hierdie state.Module-inhoud:
Hierdie gevorderde module maak diepgaande studie van die belangrikste teoretiese vraagstukke in die ontleding van buitelandse beleid. Dit handel met die ontwikkeling van buitelandse beleidsteorie, die konsep “buitelandse beleid” en die verwante vraagstukke van die rol van die staat en die agentskapstruktuurdebat. Dit maak ook diepgaande studie van verskeidenheid benaderings tot die studie van buitelandse beleid en poog sodoende om die student voor te berei vir moontlike magisterverhandeling oor onderwerp wat met die studie van buitelandse beleid verband hou.Module-inhoud:
Die strategie van afskrikking en die strategie van optrede word in besonderhede be’n Gevorderde studie word gemaak van die teorie en praktyk van kritiese veiligheidstudies, met inbegrip van ontluikende en nuwe veiligheidsvraagstukke. Dit behels ook ’n vergelykende analise van die veiligheidsbeleid, -strategie en -doktrine van geselekteerde state; die benaderings tot en institusionalisering van multilaterale veiligheidsamewerking in die belangrikste streke van die wêreld; sowel as vredesoperasies wat deur internasionale instellings geloods word. Op die strategiese vlak word aandag geskenk aan hedendaagse strategie van militêre optrede en afskrikkingstrategie. spreek, gevolg deur ontleding van nasionale veiligheidsbeleid, post-koue oorlog internasionale veiligheid en strategiese intelligensie. Die praktiese komponent bestaan uit studie van die strategiese leerstellings van grootmoondhede, nasionale veiligheid in die RSA en huidige wapenbeheerooreenkomste.Module-inhoud:
Die module fokus op politieke sisteme in Afrika, die posisie en rol van Afrika in die internasionale sisteem en aspekte van regionalisme en regionalisering. ’n Ontleding en analise word gemaak van belangrike vraagstukke, uitdagings, tendense en transformasies wat betref die plaaslike politiek en die regionale en internasionale verhoudinge van Afrikastate, insluitend pan-Afkrikanisme.Module-inhoud:
Die teorie en praktyk van vredesendings en politieke konflik met spesifieke verwysing na die klassifikasie, oorsake, ontwikkeling, manifestasies, bestuur en gevolge van politieke konflik. Klem word veral geplaas op die verskillende fasette van vredesendings en politieke konflikbestuur, soos konflikvermyding, -voorkoming, -skikking en -resolusie, asook op die proses van bedinging, onderhandeling en (derdeparty)-mediasie. ’n Ontleding van geselekteerde gevallestudies word gedoen met spesifieke verwysing na mediasie in gewelddadige konflikte in Afrika.Module-inhoud:
Hierdie module verskaf oorsig van die Europese Unie en hoofrigtings van verandering binne Europa word vanuit politiek-ekonomiese perspektief ondersoek. Die belangrikste elemente wat bestudeer word, is teoretiese aspekte van politieke en ekonomiese integrasie; die ontwikkeling van die "Idee van Europa" met klem op die rol van seminale denkers en die hoof historiese kragte; die evolusie van Europese integrasie; struktureel-funksionele ontleding van die hoofinstellings van die EU; die belangrikste vraagstukke wat die EU konfronteer; en die EU se ontwikkelings- en hulpbeleid aan die state van Afrika, die Karibiese Eilande en die Stille Oseaaneilande met klem op die Cotonou Ooreenkoms en die HOSO met Suid-Afrika.Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App