Code | Faculty |
---|---|
01240223 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Dr AM de Beer [email protected] | +27 (0)124203661 |
'n Gemiddelde van minstens 65% in Frans op derdejaarsvlak word aanbeveel vir studente wat vir hierdie program inskryf.
Let wel:
Hierdie program word aangebied in samewerking met die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
Modules sal soos volg aangebied word: kontaksessies op die kampus waar die student geregistreer is (direk of via tegnologie soos Skype, videokonferensies, leerportale). Daar mag per geleentheid van studente verwag word om kontaksessies op die Potchefstroomkampus by te woon.
Studente sal toegelaat word om 1 module onder die titel Capita selecta (keuse) uit ’n verwante veld soos vertaling en tolking, literêre teorie, ens te neem op voorwaarde dat sodanige module ’n kredietwaarde van ten minste 24 moet hê. Dit moet in oorleg met die programbestuurder gedoen word.
Keusemodules moet in oorleg met die programbestuurder gekies word.
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
Frans en Frankofoon werke in konteks Franse en Frankofoon letterkundige werke word bestudeer in die konteks van 'n spesifieke tydperk of genre.Module-inhoud:
Voordrag in Frans (duur: 50 minute) oor 'n tema uit die geesteswetenskappe.Module-inhoud:
Vertaling van tegniese, mediese en regsdokumente na en vanuit Frans.Module-inhoud:
Franse tekste word vanuit en na Frans getolk met spesifieke aandag aan semantiek en die konteks om die ware betekenis oor te dra, ongeag die oorspronklike teks se vorm.Module-inhoud:
Aard en funksionering van taal Taalfilosofie: opvattings oor die wese van taal.Module-inhoud:
Digkunde en die eiemaking van Franse fiksie Digkunde en interpretasie van letterkunde binne die konteks van die leser se eksistensiële raamwerk, asook studie van verskeie genres en periodes in die Franse letterkundeModule-inhoud:
Didaktiek van Frans as vreemde taal Hierdie module hersien tradisionele en moderne benaderings tot taal onderrig, met spesifieke aandag aan vreemde taal onderrig in multilinguistieke konteks. Teorie van die verskeie benaderings word gekoppel aan praktiese opdragte waarin hoofstroom sowel as innoverende benaderings verken word.Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App