Jaarboeke

Program: BAHons Afrikatale

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240192 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof E Taljard
[email protected]
+27 (0)124202494

Toelatingsvereistes

  • ’n Goedgekeurde driejaar baccalaureusgraad (of ’n ander gelykwaardige tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) (ter waarde van 360 krediete) waarvan minstens 94 krediete uit een van die Sotho- of Ngunitale afkomstig moet wees. Van hierdie 94 krediete moet 30 op derdejaarsvlak wees.
  • 'n Gemiddelde van ten minste 70% in een van die Sotho- of Ngunitale op derdejaarsvlak word vereis vir studente wat vir hierdie program wil registreer.
  • Alle studente moet 'n verpligte Engelse taalvaardigheidstoets aflê.
  • Studente wat nie oor die nodige Engelse taalvaardigheid beskik nie, moet vir module TTS 751 “Academic writing skills” registreer.

Addisionele vereistes

'n Gemiddelde van ten minste 70% in een van die Sotho- of Ngunitale op derdejaarsvlak word vereis vir studente wat vir hierdie program wil registreer.

Alle studente moet ’n verpligte Engelse taalvaardigheidstoets aflê.

Studente wat nie oor die nodige Engelse taalvaardigheid beskik nie moet vir module TTS 751 “Academic writing skills” registreer.

Ander programspesifieke inligting

TTS 751 is ’n addisionele module tot die program en vervang nie enige kern- of keusemodules nie. Dit is nie ’n voorvereiste tot die program nie, maar word gelyklopend met die ander modules aangebied.

Studente mag met toestemming van die programbestuurder een keusemodule uit een van die volgende programme neem: BAHons (Toegepaste Taalstudie) of BAHons (Vertaling en Professionele Skryfwerk).

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Telematies Die onderskeid tussen die terme "Afrikatale" en "Bantoetale". Oorsig van die verskillende klassifikasies van die tale van Afrika, die Bantoetale en die Suidoostelike Bantoetale. Die verspreiding van hierdie tale. Oorsig van die verskillende teorieë tov die moontlike oorsprong van veral die Bantoetale. Kenmerkende eienskappe van die Bantoetale. Oorsig van die taalsituasie in Suid-Afrika. Medium van onderrig: Engels, Afrikatale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Geselekteerde taalkundetemas uit die Afrikatale: probleme rakende woordkategorisering; grondige ondersoek na problematiese aangeleenthede soos pronominalisasie, die sisteem van naamwoordklasse in Bantoe met verwysing na die moontlike bestaan van vroeëre emotiewe naamwoordklasse. Studie van die oorsprong van die Bantoetale. Algemene taalwetenskaplike agtergrond word ook gegee. Indien die aantal studente dit noodsaak, sal die studente in taalspesifieke groepe onderverdeel word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Teoretiese komponent: die navorsingsproses (van navorsingsvoorstel tot navorsingsverslag: probleemidentifisering en -formulering, ontwikkeling van hipotese, insameling en interpretasie van data, ens); die gebruik van elektroniese hulpmiddels en bronne in navorsing, plagiaat en kopieregaangeleenthede.

    Deel 2: Toepassing: 'n Navorsingsprojek van beperkte omvang waarin die metodologiese beginsels van navorsing toegepas word. 'n Navorsingsvoorstel moet aan die studieleer vir goedkeuring voorgelê word.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Analise van die tradisionele letterkunde van die Nguni- en Sothotale: prysdigte, volkskuns en tradisionele drama (Ngunitale).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Oorsig van die teorieê van die onderrig van die Afrikatale as huistale, eerste en tweede addisionele tale. Implikasies van uitkomsgebaseerde onderrig vir die onderrig van die Afrikatale. Die noodsaaklikheid van die gebruik en ontwikkeling van die korrekte vakterminologie word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde redaksionele versorging met spesialisasie in 'n Afrikataal – isiNdebele, isiZulu, Sepedi of Setswana. Verskeidenheid literêre en ander tekste word gebruik om taalversorgingsvaardighede verder te ontwikkel en te verfyn. Studente word verder vertroud gemaak met die taalreëls en huidige spelreëls van, onderskeidelik, isiZulu/ isiNdebele/Sepedi of Setswana. Hulle kry ruim geleentheid om hulle taalversorgingsvaardighede te slyp deur die toepassing van hierdie reëls op tekste in die genoemde tale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die plek, aard en funksie van die algemene literatuurwetenskap, navorsing (hermeneuties, empiries), toepassing, analise, interpretasie, evaluering en kanonisering; literêre sisteme (velde), capita selecta uit 20ste-eeuse perspektiewe op letterkunde en die bestudering van letterkunde; sleutelkwessies in die Algemene Literatuurwetenskap; primêre en sekondêre bronne.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte van die terminologie; terminologie en verwante dissiplines; drie dimensies van die terminologiese teorie; terminologieskepping: teorie en praktyk; riglyne vir die skep van terme; termekserpsie; funksionele effektiwiteit van terme; standaardisering; terminologie en korpora; samestelling van termlys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Algemene inleding tot die teorie en praktyk van leksikografie.

    Die samestelling van eentalige en tweetalige papier- en elektroniese woordeboeke. Spesifieke aandage aan die makro- en mikrostrukture van hierdie woordeboeke. Op makrostruktuurvlak word die aandage bepaal by die voor- en agterwerk asook die sentrale teks van woordeboeke. Op mikrostruktuurvlak is die fokus op verskillende datatipes, veral ekwivalensieverhoudinge in tweetalige woordeboeke en betekenisomskrywing in eentalige woordeboeke. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in isiNdebele: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in Sepedi: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas. Inleiding tot die narratologiese perspektief as instrument vir literêre analise. Word slegs aangebied indien die aantal studente dit regverdig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in Setswana: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas. Inleiding tot die narratologiese perspektief as instrument vir literêre analise. Word slegs aangebied indien die aantal studente dit regverdig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die basiese kenmerke en struktuur van die verskillende literêre genres in isiZulu: digkuns (tradisioneel en modern), kortverhale, novelles en dramas. Inleiding tot die narratologie as beskrywingsraamwerk. Medium van onderrig: isiZulu. Word slegs aangebied indien die aantal studente dit regverdig.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences