Code | Faculty |
---|---|
12262005 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 360 |
Prof BP Jekot [email protected] | +27 (0)124204052 |
‘n PhD-student moet ’n proefskrif voorlê wat oor ’n onderwerp uit die landskap-argitektuurdissipline handel en wat bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of kreatiewe werk wat ’n werklike en beduidende bydrae tot die kennis en/of praktyk van landskapargitektuur maak.
‘n Student moet voor of saam met die indiening van die proefskrif minstens een konsepartikel vir publikasie aan ’n erkende joernaal voorlê. Die konsepartikel moet op navorsing vir die proefskrif gebaseer wees en vir die promotor aanvaarbaar wees.
Verwys na die G Regulasies G.42 tot G.54.
Die Departementshoof mag van ’n kandidaat wat oor ’n gedoseerde magistergraad beskik, vereis om aanvullende modules voor die aanvang van studies te slaag.
‘n Geskrewe of mondelinge doktorale eksamen is verpligtend en behels die inhoud van die proefskrif sowel as die vakgebied waarop die proefskrif gebaseer is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App