Code | Faculty |
---|---|
10137005 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 420 |
Dr RM Kekana [email protected] | +27 (0)123563114 |
Elke student in Radiografie moet onmiddellik na toelating tot die eerste studiejaar, by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om as ’n student in Radiografie te registreer. Die program strek oor drie jaar voltydse studie, waartydens ’n student-radiograaf aan ’n instansie wat deur die Departement goedgekeur is, verbonde moet wees.
Daar moet voldoen word aan die praktiese ure soos voorgeskryf deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika en bepaal word deur die Departement Radiografie.
Minimum vereistes | ||||||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||||||
Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | ||||||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 25 |
Subminimum
'n Subminimum van 40% word in sowel die skriftelike as die praktiese/kliniese gedeeltes van Radiografie op 100-, 200- en 300-vlak in die eksamen vereis.
- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.
Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die finalejaarmodules behaal het.
Minimum krediete: 163
Kies tussen Sepedi en Zulu.
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Body fluids; haematology; cardiovascular physiology, lymphatic system, and body defence mechanisms.
Module-inhoud:
Die aanleer van ‘n basiese, medies-georiënteerde woordeskat saamgestel uit Latynse en Griekse stamvorme verbind met voor- en agtervoegsels afkomstig uit hierdie tale. Die wyse waarop die betekenisse van mediese terme bepaal word deur die ontleding van mediese terme in hul herkenbare betekenisdraende, samestellende dele word onderrig en ingeoefen. Die funksionele gebruik van mediese terme in konteks as praktiese uitkoms van terminologiese toepassing geniet deurlopend aandag.Module-inhoud:
Algemene inleiding tot anatomie: Anatomiese terminologie, oppervlaks- en regionale anatomie; histologie van basiese weefsels, ossifikasie, genesing en herstel. Inleiding tot osteologie. Regionale anatomie: torakale skelet en torakale sagteweefsel; osteologie, gewrigte en sagteweefsel van die ekstremiteite; osteologie en gewrigte van die werwelkolom, abdominale oppervlaksanatomie: osteologie en sagteweefsel van die pelvis. Skedel I: Kranium en gesigsbene. Radiografiese anatomie I: Regionale radiografiese anatomie met die klem op skeletale komponente.Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasiesModule-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Eenhede: omsetting, dimensionele analise. Meganika: momentum, krag, energie, sirkelbeweging, traagheidsmoment, draaimomentum, eenvoudige harmoniese beweging. Elektrostatika: Coulomb se wet, veldsterkte, potensiaal. Gelykstroom: weerstande, Ohm se wet. Kapasitore: kapasitansie, serie- en parallelskakeling, energie. Magnetisme: Krag op bewegende lading, elektriese motor. Elektromagnetiese induksie: Faraday se wet, Lenz se wet, kragopwekkers. Wisselstroom: piek- en wkg-waardes, driefase, gelykrigting, transformators. Elektriese veiligheid. Atoomstruktuur: ionisasie, opwekking. X-strale: Opwekking, absorpsie.Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to physiological principles; neurophysiology, and muscle physiology.
Module-inhoud:
Academic reading as well as academic writing and presentation skills, based on the approach followed in the healthcare sciences. *Presented to students in Health Sciences only.
Module-inhoud:
Study of specific language skills required in the Health Care Sciences, including interviewing and report-writing skills. *Presented to students in Health Sciences only. (BCur, BDietetics, BOH, BOT, Brad, BPhysT)*
Module-inhoud:
Inleiding: ontdekking van X-strale, prosesseringsbeginsels, hantering van X-straalapparaat.
X-straalbundel: opwekking van X-strale, attenuasie.
Eienskappe van die radiografiese beeld: sigbaarheid en geometriese eienskappe.
Beeldvorming: wisselwerking tussen X-strale en die menslike liggaam en voorwerpkontras.
Primêre beligtingsfaktore: mAs, kVp en FFA. OBT. Beginsels van tegniekkaarte. Beeldvaslegging: donkerkamers, kassette, intensiveerskerms, doeltreffendheid van seldsame aardmetaalintensiveerskerms, en X-straalfilmkonstruksie.
Beheer van strooistraling: ontstaan van strooistraling, effek van strooistraling op die beeld, bundelbeperkingstoestelle, roosters en roosterdoeltreffendheid. Geometrie: fokuspuntgrootte, FFA, VFA, X-straalbundel/liggaamsdeel/ filmopstelling, invloed van afstande en ander veranderlikes op geometriese eienskappe van die beeld. Inleiding tot digitale radiografie.
Module-inhoud:
(a) Inleiding tot radiografie. Konsepte van etiek, professie en professionaliteit. Professionele standaarde in radiografie. Kommunikasievaardighede: interpersoonlik en wetenskaplik. Stralingsveiligheidskonsepte en apparaat. Beginsels van infeksiebeheer. Pasiëntkoestering. Patologie-terminologie. Verwante beeldingsmodaliteite.
(b) Pasiënte met spesiale probleme. Hantering van pediatriese en geriatriese pasiënte.
(c) Radiografiese ondersoeke: toraks en abdomen, ekstremiteite, heup, pelvis, werwelkolom en skedel. Teoretiese en praktiese onderrig word gebruik om basiese wetenskap en kliniese radiografie te integreer. Prosedure en tegnieke vir posisionering, pasiëntsorg, seleksie van tegniekfaktore, stralingsbeskerming, patologiese toestande en filmevaluering. Probleemoplossing. Uitvoering van radiografiese ondersoeke en prosedures. Trauma.
Minimum krediete: 133
Module-inhoud:
X-straal-generator: transformator, energieverliese, gelykrigting, kapasitorontladingstelsels, beheer van kVp en mA, hoogspanningskabels. Beeldversterkerbuis: Konstruksie, helderheidswins, koppelstelsels. TV-kamera en TV-monitor: Konstruksie, videosein, skandering, beeldgehalte. Optika: weerkaatsing, breking, totale weerkaatsing, spieëls, lense, dunlensformule, lensfoute, veseloptika, lasers, laserkamera. Rekenaar: basiese hardeware, digitale beginsels en terminologie, datastoring.Module-inhoud:
Sistemiese anatomie I: Spysvertering- en urogenitale stelsels. Sensoriese organe: vel, oog, oor, neus en tong. Skedel II: Gevorderde osteologie, basis van die skedel, openinge en sinusse. Radiografiese anatomie II: Sistemiese anatomie met die klem op sagteweefselkomponente.Module-inhoud:
Radioaktiewe verval: halfleeftyd, alfaverval, betaverval, gammaverval. Produksie van isotope: siklotron, kernreaktor. Van de Graaffversneller. Absorpsie: nukleone, alfadeeltjies, betadeeltjies. Dosimetrie: blootstelling, geabsorbeerde dosis, ekwivalente dosis, effektiewe dosis, dosisperke. Stralingsdetektore: flitsteller, Geigerteller, termoluminessente detektore, halfgeleierdetektore. Radiofarmaseutiese middels. Biologiese effekte: somatiese en genetiese effekte.Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Structure, gas exchange and secretory functions of the lungs; build, excretory and non-urinary functions of the kidneys, acid-base balance, as well as the skin and body temperature control.
Practical work: lung functions/spirometry, kidney function tests – side-room urine examinations. Digestion. Metabolism. Pathophysiology.
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Nutrition, digestion and metabolism, hormonal control of body functions and the reproductive systems.
Practical work: endocrine system, reproductive system, pregnancy test.
Module-inhoud:
Teorie en praktiese inoefening van basiese noodsorg.Module-inhoud:
Skeletale stelsel: Prosedures en tegnieke vir posisionering, pasiëntsorg, seleksie van tegniekfaktore, stralingsbeskerming, patologiese toestande en filmevaluering. Probleemoplossing. Uitvoer van radiografiese ondersoeke en prosedures. Trauma. Alternatiewe beelding- en filmbeginsels en prosedures. Apparaat. Stralingsbeskerming. Radiografiese prosedures: Uitvoer van radiografiese ondersoeke en prosedures, seleksie van tegniekfaktore, stralingsbeskerming, probleemoplossing, patologiese toestande en filmevaluering vir neonatale en mobiele-eenheidsprosedures, ortopediese teaterprosedures, sagteweefsel kontrasmiddel ondersoeke. Toegepaste verpleegkunde. Navorsingsbeginsels. Praktiese implementering: Samestelling van portefeulje. Teoretiese en en praktiese onderrrig word gebruik om wetenskap en kliniese radiografie te integreer.Module-inhoud:
Filmevaluering. Toepassing van tegniekfaktore en samestelling van tegniekkaarte.
Films, filmtegnologie, beeldvorming en sensitometriese eienskappe. Prosessering, monitering van prosesseerder en die prosesseringsarea. Donkerkamer en uitleg, chemikalieë.
Gehaltebeheertoetse.
Digitale radiografie: beeldvorming en prosessering.
Module-inhoud:
Skeletale stelsel: Prosedures en tegnieke vir posisionering, pasiëntsorg, seleksie van tegniekfaktore, stralingsbeskerming, patologiese toestande en filmevaluering. Probleemoplossing. Uitvoer van radiografiese ondersoeke en prosedures. Trauma. Alternatiewe beelding- en filmbeginsels en prosedures. Apparaat. Stralingsbeskerming.
Radiografiese prosedures: Uitvoer van radiografiese ondersoeke en prosedures, seleksie van tegniekfaktore, stralingsbeskerming, probleemoplossing, patologiese toestande en filmevaluering vir neonatale en mobiele-eenheidsprosedures, ortopediese teaterprosedures, sagteweefsel kontrasmiddel ondersoeke. Toegepaste verpleegkunde. Navorsingsbeginsels.
Praktiese implementering: Samestelling van portefeulje. Teoretiese en en praktiese onderrrig word gebruik om wetenskap en kliniese radiografie te integreer.
Module-inhoud:
(a) Radiobiology: Cell survival curves and target theories, radiation effects on tissue, tissue and organ radio sensitivity. Radiation pathology, acute and chronic effects, late effects of radiation. Clinical radiobiology: Radiation therapy, tumour radiobiology, fractionation, iso-effect formulae.
(b) Introduction to radiation therapy: Origin and incidence of cancer, diagnoses and staging, treatment and modalities. Treatment methods in radiation therapy. Preparation for external beam irradiation. Dosage. Biological principles of radiation. Effects of radiation on normal tissue.
(c) Introduction to nuclear medicine: Principles of nuclear physics and nuclear medicine, nuclear instrumentation, radio chemical pharmacology. Basic approach to clinical nuclear medicine and relevant techniques.
Module-inhoud:
(a) Radiobiologie: Seloorlewingskurwes en teikenteorieë, stralingseffekte op weefsel, weefsel- en orgaanradiosensitiwiteit. Stralingspatologie, akute en chroniese effekte, laateffekte van bestraling. Kliniese radiobiologie: stralingsterapie, tumorradiobiologie, fraksionasie, iso-effekformules. (b) Inleiding tot stralingsterapie: Oorsprong en voorkoms van kanker, diagnose en stadiëring. Modaliteite vir behandeling. Metodes van behandeling in stralingsterapie. Voorbereiding vir eksterne bestraling. Dosisse. Biologiese beginsels vir straling. Effek van bestraling op normale weefsel. (c) Inleiding tot kerngeneeskunde: Beginsels van kerngeneeskunde en kernfisika. Kerngeneeskundige instrumentasie. Radiochemiese farmakologie. Basiese benadering tot kliniese kerngeneeskunde en toepaslike tegnieke.Module-inhoud:
Filmevaluering. Toepassing van tegniekfaktore en samestelling van tegniekkaarte. Films, filmtegnologie, beeldvorming en sensitometriese eienskappe. Prosessering, monitering van prosesseerder en die prosesseringsarea. Donkerkamer en uitleg, chemikalieë. Gehaltebeheertoetse. Digitale radiografie: beeldvorming en prosessering.Minimum krediete: 124
Module-inhoud:
Algemene beginsels van patologie, insluitend nekrose, omkeerbare selbeskadiging, herstel en afwykings van groei, versteurings van die sirkulasie, akute en chroniese ontstekings, indeling van verspreiding van tumore en karsinogenese. Gerigte kursus in sistematiese patologie, met spesifieke verwysing na kardiovaskulêre stelsel, respiratoriese stelsel, lokomotorstelsel en neuropatologie.
Module-inhoud:
Rekenaartomografie: RT-generasies. Apparaat: x-straalbuis, kollimators detektors. Beeldrekonstruksie: basiese vergelykings, algoritmes. Beeldeienskappe: veldgrootte, beeldmatrys, voksel, piksel, RT-getal, vensterwydte en vensterhoogte. Beeldgehalte: ruimtelike oplosvermoë, kontrasoplosvermoë, geruis en artefakte, ruimtelike eenvormigheid, en ruimtelike frekwensie. Beeldverwerking: randversterking, pikselverskuiwing, subtraksie. Syferradiografie: x-straalopwekker, analoog-na-syfer- omsetter, lineêre en logaritmiese subtraksie, geruis. Ultraklank: teorie, omsetters, piesoëlektriese kristal, resonansie-frekwensie, wisselwerking met materie, weerkaatsing, breking, akoestiese impedansie. Dopplertegnieke. Magnetiese resonansie: mediese toepassings.Module-inhoud:
Navorsing in gesondheidsorgwetenskappe:
• Die uitkomste van hierdie module is:
• Verstaan die belangrikheid van bewysgebaseerde kliniese praktyk.
• Verstaan die navorsingsproses en algemene benaderings tot navorsing.
• Kennis van die metodologieë algemeen gebruik in
gesondheidsorgwetenskappe.
• Die lees en beoordeling van gepubliseerde navorsing.
• Die skryf van ‘n literatuuroorsig.
• Begrip en respek vir navorsingsetiek en die kriteria vir goeie gehalte navorsing.
Module-inhoud:
Sistemiese anatomie II: Vroulike voortplantingstelsel en mamma; Kardiovaskulêre stelsel. Serebrospinale vogstelsel. Inleiding tot neuro-anatomie. Regionale dwarssnit-anatomie: Skedel, brein, toraks, abdomen, pelvis en ledemate. Radiografiese anatomie III: Sistemiese en dwarssnit-anatomie met die klem op driedimensionele rekonstruksie.Module-inhoud:
Kardiovaskulêre stelsel: Beeldingsapparaat: laserbeelding en droë laserbeelding. Konstruksie, funksionering en films. Digitale subtraksie-angiografie en beeldmanipulasie, besigtigingsvaslegging en stoor van beelde. Beginsels en apparaatoorwegings vir kardio-angiografie en angiografie. Selektiewe angiografie. Intervensietegnieke (vaskulêr en nievaskulêr). Venografie. Seldingertegniek, kontrasmiddels, medikasie, kateters, gidsdrade en bykomstighede. Gehalteversekering en gehaltebeheer. Pasiëntsorg. Medies-geregtelike aspekte. Navorsing. Gevallestudies. Patroonherkenning. Kliniese ervaring en evaluering.
Kliniese evaluering van uitskeidingsurogram wat teoreties in die tweede jaar behandel is.
Mammografie: Inleiding en sagteweefsel-radiografie. Kommunikasie en gesondheidsbevordering. Medies-geregtelike aspekte. Hantering van borspatologie, pasiëntsorg en behandelingsopsies. Mammografie-apparaat. Stralingsveiligheid en blootstellingsfaktore. Beeldreseptore. Prosesseringsvereistes. Posisioneringsbeginsels en spesiale prosedures. Sistematiese evaluering van beelde. Verskillende modaliteite of apparate om die mamma te demonstreer. Gehalteversekering en gehaltebeheer. Gevallestudies. Patroonherkenning. Kliniese ervaring en evaluering.
Histerosalpingografie: Besprekingsprosedures, pasiënt-radiograaf-verhouding, prosedure-oorwegings en evalueringskriteria. Patroonherkenning.
Beendigtheid: Beginsels, beenbiologie en -vorming, osteoporose, kernvaardighede vir radiograwe, fisiese beginsels van dubbel X-straalabsorpsiemeting en ander beendigtheidsmetingtegnieke. Kliniese ervaring.
Ultraklank: Algemene beginsels. Kliniese ervaring.
Rekenaartomografie: Beeldingsbeginsels – konvensioneel en spiraal. Faktore wat die beeldgehalte beïnvloed. Kontrasmiddels. Protokol vir verskillende ondersoeke. Pasiëntsorg. Gevallestudie. Navorsing. Patroonherkenning. Kliniese ervaring en evaluering.
Magnetiese resonansie: Beeldingsbeginsels en beeldeienskappe. Kontrasmiddels. Protokol vir verskillende ondersoeke. Pasiëntsorg. Kliniese ervaring.
Miëlografie.
Navorsingsprojek.
Kliniese evaluering en filmevaluering wat teoreties behandel is in die eerste en tweede jaar.
Module-inhoud:
Etiek. Wetgewing soos van toepassing op radiografie.
Gesondheidsorg: Gesondheidsdienslewering. Stelsels. Gesondheidsbeleid (nasionaal en internasionaal). Beplanning van gesondheidsfasiliteite en diens. Algemene bestuursbeginsels soos van toepassing in ‘n radiografiedepartement. Aankoopspesifikasies van prosesseerders en x-straaltoerusting. Vergelyking vir kliniese gebruik.
Aanvaardingskriteria.
Stralingsveiligheid Vereenvoudiging en standaardisering van tegniek. Stralingsbeskerming en -beheer (personeel en pasiënte).
Gehalteversekering: Inleiding. Gehalte-pasiëntsorg en assessering. Uitskotfilmanalise en navorsingsprojek.
Gehaltebeheertoetse. Filmevaluering.
Module-inhoud:
Kardiovaskulêre stelsel: Beeldingsapparaat: laserbeelding en droë laserbeelding. Konstruksie, funksionering en films. Digitale subtraksie-angiografie en beeldmanipulasie, besigtigingsvaslegging en stoor van beelde. Beginsels en apparaatoorwegings vir kardio-angiografie en angiografie. Selektiewe angiografie. Intervensietegnieke (vaskulêr en nievaskulêr). Venografie. Seldingertegniek, kontrasmiddels, medikasie, kateters, gidsdrade en bykomstighede. Gehalteversekering en gehaltebeheer. Pasiëntsorg. Medies-geregtelike aspekte. Navorsing. Gevallestudies. Patroonherkenning. Kliniese ervaring en evaluering. Kliniese evaluering van uitskeidingsurogram wat teoreties in die tweede jaar behandel is. Mammografie: Inleiding en sagteweefsel-radiografie. Kommunikasie en gesondheidsbevordering. Medies-geregtelike aspekte. Hantering van borspatologie, pasiëntsorg en behandelingsopsies. Mammografie-apparaat. Stralingsveiligheid en blootstellingsfaktore. Beeldreseptore. Prosesseringsvereistes. Posisioneringsbeginsels en spesiale prosedures. Sistematiese evaluering van beelde. Verskillende modaliteite of apparate om die mamma te demonstreer. Gehalteversekering en gehaltebeheer. Gevallestudies. Patroonherkenning. Kliniese ervaring en evaluering. Histerosalpingografie: Besprekingsprosedures, pasiënt-radiograaf-verhouding, prosedure-oorwegings en evalueringskriteria. Patroonherkenning. Beendigtheid: Beginsels, beenbiologie en -vorming, osteoporose, kernvaardighede vir radiograwe, fisiese beginsels van dubbel X-straalabsorpsiemeting en ander beendigtheidsmetingtegnieke. Kliniese ervaring. Ultraklank: Algemene beginsels. Kliniese ervaring. Rekenaartomografie: Beeldingsbeginsels – konvensioneel en spiraal. Faktore wat die beeldgehalte beïnvloed. Kontrasmiddels. Protokol vir verskillende ondersoeke. Pasiëntsorg. Gevallestudie. Navorsing. Patroonherkenning. Kliniese ervaring en evaluering. Magnetiese resonansie: Beeldingsbeginsels en beeldeienskappe. Kontrasmiddels. Protokol vir verskillende ondersoeke. Pasiëntsorg. Kliniese ervaring. Miëlografie. Navorsingsprojek. Kliniese evaluering en filmevaluering wat teoreties behandel is in die eerste en tweede jaar.Module-inhoud:
Etiek. Wetgewing soos van toepassing op radiografie. Gesondheidsorg: Gesondheidsdienslewering. Stelsels. Gesondheidsbeleid (nasionaal en internasionaal). Beplanning van gesondheidsfasiliteite en diens. Algemene bestuursbeginsels soos van toepassing in ‘n radiografiedepartement. Aankoopspesifikasies van prosesseerders en x-straaltoerusting. Vergelyking vir kliniese gebruik. Aanvaardingskriteria. Stralingsveiligheid Vereenvoudiging en standaardisering van tegniek. Stralingsbeskerming en -beheer (personeel en pasiënte). Gehalteversekering: Inleiding. Gehalte-pasiëntsorg en assessering. Uitskotfilmanalise en navorsingsprojek. Gehaltebeheertoetse. Filmevaluering.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App