Jaarboeke

Program: BOH Mondhigiëne

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10132001 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 420
Contact:
Prof WD Snyman
[email protected]
+27 (0)123192552

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit beskou word as ekwivalent aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander tersiêre instelling gegradueer het of aan wie die status van ‘n gegradueerde van sodanige instelling toegeken is, en ‘n kandidaat wat aan ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het.
  • Lewensoriëntering word van die TPT-berekening uitgesluit.
  • Graad 11 se finale-eksamenuitslae, die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) se uitslae en ‘n Toegevoegdewaardevraelys sal vir die voorlopige toelating van voornemende studente gebruik word.
  • Toelating tot Gesondheidswetenskappeprogramme is onderhewig aan ‘n keuringsproses.
  • Aansoeke van internasionale kandidate wat van lande kom met mediese opleidingskole sal nie oorweeg word vir plasing in die MBChB program nie, behalwe waar interregeringssamewerkingsooreenkomte in plek is.
  • Die som van die uitslae van ses vakke, waaronder Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap, word vir keuringsdoeleindes bereken.
  • Kandidate, neem asseblief kennis dat jou TPT nie met meer as twee punte mag daal in die uitslae van jou finale skooleksamen nie ten einde jou voorlopige toelating te behou.
  • NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige program in hierdie Fakulteit waarborg nie.
  • Navrae oor keuring kan gerig word aan [email protected].

 

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Engels

Wiskunde

Fisiese Wetenskap

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

4

3

D

D

4

3

D

D

25

Addisionele vereistes

Die Algemene Regulasies van toepassing op baccalaureusgrade.

Ander programspesifieke inligting

Die finale eksamen vir Mondbiologie (MDB 171) sal plaasvind aan die einde van die tweede semester saam met Farmakologie wat ‘n semestermodule in die tweede semester is.

Studente word vrygestel van die taalmodules (ZUL 110, AFR 111 en SEP 110) op grond van die suksesvolle voltooiing van ’n taalbevoegdheidstoets aan die begin van die jaar.

Eksamens en slaagvereistes

Eksamens in die eerste, tweede en derde studiejaar

  1. ’n Subminimum van 50% in die eksamen word vereis ten opsigte van die eksamenmodules, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag.
  2. ’n Slaagpunt van minstens 70% word in Voorkomende mondgesondheid vereis.
  3. ’n Student wat die kliniese gedeelte van een of meer van die modules van die derde jaar druip, moet daardie modules in die daaropvolgende semester herhaal, met ’n eksamen aan die einde van die semester

Die Dekaan, op aanbeveling van die eksamenmodereringsvergadering, sal die tyd bepaal wat moet verloop alvorens die student hom of haar weer vir eksamen mag aanmeld. Studente wat die studiejaar herhaal, behou krediet vir modules geslaag, behalwe waar anders bepaal, maar ’n sertifikaat van bevredigende voorbereiding en vordering moet in alle geslaagde modules behaal word.

  1. ’n Student wat die teoretiese deel van enige module in die derde studiejaar, finale eksamen druip, sal tot ’n tweede eksamen in daardie deel van die module toegelaat word. ’n Student wat die tweede eksamen druip mag, onderhewig aan ander fakulteitsregulasies, ’n eksamen aan die einde van die daaropvolgende semester aflê, maar moet sertifikate van bevredigende voorbereiding in al die ander modules wat hy/sy reeds geslaag het, verwerf.
  2. Ten einde aan die vereistes in (iii) hierbo te voldoen, en om ’n spesifieke vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, word die omvang van ’n student se betrokkenheid by modules geslaag, deur die modulevoorsitter aan die begin van die akademiese jaar met die betrokke student ooreengekom.
  3. Die vereiste soos uiteengesit in par. (f).(i) hierbo, sal van toepassing wees op studente wat na herhaling van ’n semester, weer sommige van die modules druip.

Bevordering tot volgende studiejaar

Toelating tot die tweede studiejaar

  1. Vir toelating tot die tweede studiejaar, moet ’n student in al die modules van die eerste jaar geslaag het.
  2. Studente wat die eerste studiejaar herhaal, behou krediet vir eksamen-modules geslaag, tensy anders bepaal, maar moet ’n sertifikaat van bevredigende voorbereiding en vordering in al die bevorderingsmodules behaal. Ten einde aan bogemelde vereistes te voldoen, en om ’n spesifieke vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, sal die omvang van ’n student se betrokkenheid by bevorderingsmodules reeds geslaag, aan die begin van die akademiese jaar deur die modulevoorsitter met die student ooreengekom word.
  3. ’n Slaagpunt van minstens 70% word in die bevorderingsmodule VKM 171 Voorkomende mondgesondheid 171 vereis.

Toelating tot die derde studiejaar

  1. Om tot die derde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in al die tweedejaarsmodules geslaag het.
  2. Student wat die tweede studiejaar herhaal, behou krediet vir eksamen-modules geslaag, behalwe waar anders bepaal, maar moet ’n sertifikaat van bevredigende voorbereiding en vordering in al die bevorderingsmodules behaal. Ten einde aan al bogemelde vereistes te voldoen, en om ’n spesifieke vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, sal die omvang van die betrokkenheid van ’n student by bevorderingsmodules reeds geslaag, aan die begin van die akademiese jaar deur die modulevoorsitter met die betrokke student ooreengekom word.
  3. ’n Slaagpunt van minstens 70% word in die bevorderingsmodule VKM 271 Voorkomende mondgesondheid 171 vereis.

Akademiese uitsluiting

  1. ’n Student wat die Mondhigiëne-program volg, sal slegs twee geleenthede gegun word om ’n studiejaar te herhaal. Verwys na die Algemene Regulasies.
  2. ’n Student wat nie aan bogenoemde vereistes voldoen nie maar nogtans toelating tot die Skool verlang, mag die Dekaan/Voorsitter skriftelik versoek om sy of haar aansoek om hertoelating ooreenkomstig die voorgeskrewe prosedure te oorweeg.
  3. ’n Student wat die eerste studiejaar druip, moet aansoek om hertoelating tot die program doen.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die eksamenmodules van die derde studiejaar behaal, en minstens 65% in al die eksamenmodules van die finale studiejaar.

Minimum krediete: 160

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Academic reading as well as academic writing and presentation skills, based on the approach followed in the healthcare sciences. *Presented to students in Health Sciences only.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Study of specific language skills required in the Health Care Sciences, including interviewing and report-writing skills. *Presented to students in Health Sciences only.   (BCur, BDietetics, BOH, BOT, Brad, BPhysT)*

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Basiese Afrikaanse grammatika, uitspraak en ’n spesifieke tegniese woordeskat word verduidelik en ingeoefen ten einde studente in staat te stel om tydens professionele kontak met pasiënte gesprek te kan voer. Studente word in praktiese sessies gelei om frases te memoriseer en gespreksvaardighede in te oefen.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal die mondhigiënestudent toerus met die toepaslike farmakologiese kennis en begrip van medikasie wat aanpassing aan die pasiënt se behandelingsplan noodsaak. Die mondhigiënestudent sal praktiese kennis opdoen van farmako-terapeutiese konsepte van voorskrifmedikasie in mondhigiëne asook om ‘n ingeligte besluit te neem rakende veilige lokale verdowing en die toediening daarvan aan die pasiënt. Hy/sy moet in staat wees om kennis van farmakologie klinies te kan toepas in die uitvoering van prosedures in die omvang van die mondhigiëneberoep.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal die mondhigiëne student met kennis van die volgende toerus: • Makro- en mikroskopiese eienskappe van die periodontium • Funksie van die periodontium • Evaluering en diagnose van periodontale siektes • Bepaling van risikofaktore van periodontale siektes

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om: • kommunikasievaardighede, wat nodig is tydens die hantering van die pasiënt, vas te lê, en • begrip van die pasiënt se psigo-sosiale dimensies, wat die gesondheidsverwante gedrag en kliëntaanvraag kan beinvloed, te fasiliteer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bestaan uit lesings en kliniese werk in die vaardigheidslaboratorium, gerig op die omvang van die mondhigiëne beroep. Dit beoog om ‘n mondhigiëne student die geleentheid te bied om sy/haar kundigheid, vaardigheid en gesindheid te ontwikkel deur vir ‘n pasiënt ‘n behoeftegedrewe primêre- en basies sekondêre voorkomende behandelingsplan te ontwikkel, te implementeer en te evalueer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sal die mondhigïenestudent toerus met ‘n breë basiese kennis van die ontwikkeling, normale makroskopiese en mikroskopiese struktuur en funksies van die mondholte, tande en verwante strukture. Die kursusinhoud sal dien as voorkennis vir die kliniese vakke asook mondpatologie in die mondhigïenekursus.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sal die mondhigiënestudent bemagtig om beperkte ontwikkelings- en strukturele abnormaliteite van die groeiende en volwasse dentokraniofasiale strukture te herken en te verwys. Dit sal voorts ook kennis en vaardighede verskaf sodat ortodonsie-prosedures eie aan die mondhigiëneberoep beoefen kan word. Hierdie module bestaan slegs uit lesings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om die nuwe mondhigiëne student bekend te stel aan die tandheelkundige-en universiteitsomgewing. Hierdie module dien as die fondament vir die totale mondhigiëne program en dra by om die student meer tuis en gemaklik in die nuwe omgewing te laat voel. Hierdie module behels die volgende: • Professionalisme en etiek • Groepwerk en kommunikasie • Gebruik van die biblioteek en korrekte gebruik van verwysings in take • Akademiese vaardighede soos onder andere akademiese skryf en lees, effektiewe studiemetodes en hoe om take te doen • Tandheelkundige terminologie • Tandheelkundige spesialiteite • Tandheelkundige instrumente, toerusting en materiale • Tandheelkundige kartering • Infeksiebeheer • Beroepsveiligheid • Borsel- en vlosmetodes

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die klem van die studie in Anatomie is gefokus op alle aspekte van die mondholte met sekere aspekte van die kop en nek se anatomie hierby ingesluit. Dit behels die benige aspekte van die skedel en kakebeen, die anatomie van die temporomandibulêre gewrig, speekselkliere, die neus, paranasale sinuse, farinks, larinks en spesifieke spiergroepe. Voorts behels dit ook die kraniale senuwees, vaskulêre voorsiening en limfdreinering van die kop en nek. Hierby is ook ingesluit sekere radiologiese beelde van bogenoemde.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.


    Physiology is the study of organisms at a cellular and system level. Physiology will provide the oral hygiene student with the necessary knowledge to understand functioning and abnormalities of the human body, the vital organs necessary for normal functioning and the systems that provide essential communication for the control of the body functions and homeostasis. The module content will serve as pre-knowledge for clinical subjects.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    This module will provide the oral hygiene student with a thorough basic knowledge of:

    • Basic microbiology
    • Applied oral microbiology
    • Basic immunological principles
    • Applied immunology
    • Principles of hypersensitivity, auto-immune disease and immunisation

    The module content will serve as preknowledge for clinical subjects.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The practical-orientated first-aid training will empower the oral hygiene student with a working knowledge of day-to-day emergencies, both in the workplace and at home. At this entry-level training the student will partake in the practical aspects of bleeding and wound management, cardio pulmonary resuscitation, care for unconscious patients and choking to name a few. The module content will assist the oral hygiene student in managing medical emergencies in the dental surgery.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal die mondhigiënestudent in staat te stel om die mondgesondheidstatus van die kind, tienderjarige, volwasse en geriatriese pasiënt in verband met siektes van die hardeweefsel van die mondholte, insluitende die pulpa en peri-apikale weefsel te evalueer, en gevolglik in staat te wees om: • siektes korrek te diagnoseer; • die risikoprofiel van die pasiënt korrek te kan bepaal; • instruksies vir selfbeskermingsmaatreëls aan pasiënte te kan gee; • die gedragspatroon van pasiënte te verander deur motivering; • om die weerstand van die hardeweefsel in die handhawing van mondgesondheid te optimiseer; • beginnende letsels, waar moontlik, te laat hermineraliseer; • pasiënte vir herstellende en rehabilitasieprosedures te verwys.

    Sien meer

Minimum krediete: 130

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n voortsetting van Odontologie 170. Dit sal die mondhigiëne student in staat te stel om die mondgesondheidstatus van die kind, tienderjarige, volwasse en geriatriese pasiënt in verband met siektes van die hardeweefsel van die mondholte, insluitende die pulpa en peri-apikale weefsel te evalueer, en gevolglik in staat te wees om: • Siektes korrek te diagnoseer • Die risikoprofiel van die pasiënt korrek te kan bepaal • Instruksies vir selfbeskermingsmaatreëls aan pasiënte te kan gee • Die gedragspatroon van pasiënte te verander deur motivering • Om die weerstand van die hardeweefsel in die handhawing van mondgesondheid te optimiseer • Beginnende letsels, waar moontlik, te laat hermineraliseer • Pasiënte vir herstellende en rehabilitasieprosedures te verwys

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module in Orofasiale Chirurgie is ontwerp om die mondhigiëne student met kundighede en vaardighede toe te rus met betrekking tot: • Lokale verdowing • Mondchirurgiese prosedures • Traumatologie • Basiese kennis met betrekking tot gevorderde Maksillo-Fasiale Chirurgie

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal die mondhigiëne student bemagtig om beperkte ontwikkelings en strukturele abnormaliteite van die groeiende en volwasse dentokraniofasiale strukture te herken en te verwys.  Dit sal die student ook voorsien van kennis en vaardighede om ortodonsie prosedures gerig op die omvang van die beroep van mondhigiëne uit te voer.  Die module bestaan uit lesings en kliniese werk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n voortsetting van Voorkomende Mondheelkunde 171 en word beoog om ‘n mondhigiëne student die geleentheid te bied om sy/haar kundigheid, vaardigheid en gesindheid te ontwikkel deur vir ‘n pasiënt ‘n behoeftegedrewe primêre en basies-sekondêre voorkomende behandelingsplan te ontwikkel, te implementeer en te evalueer. Hierdie module bestaan uit lesings en kliniese werk gerig op die omvang van die beroep van mondhigiëne op regte pasiënte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal die mondhigiëne student in staat stel om vir enige gegewe gemeenskap waarbinne hy/sy geplaas word ‘n diagnose van mondsiektes te kan maak. Toepassing van kennis wat in die module opgedoen word, sal die mondhigiënis in staat stel om deel te neem aan gepaste primêre en sekondêre voorkomende programme om die mondgesondheid van daardie gemeenskap te verbeter in ooreenstemming met die openbare mondgesondheidsbeleid van die RSA. Hierdie module bestaan onder andere uit besoeke aan spesiale skole, kleuterskole en hospitale waar mondgesondheidsprogramme geïmplementeer en in stand gehou word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is: • Vaslegging van aspekte verwant tot beroepsveiligheid en gesondheid • Vaslegging van kommunikasievaardighede nodig tydens hantering van pasiënte • Ontwikkeling van aanbiedingsvaardighede om groot gehore toe te spreek • Fasilitering vir ‘n begrip van professionele en etiese gedrag • Vaslegging van kennis aangaande wetlike aspekte verwant tot tandheelkundeVaslegging van kennis/vaardighede in terme van administratiewe bestuur en skedulering in ‘n tandheelkundige praktyk • Vaslegging van psigologiese aspekte met betrekking tot pasiëntbestuur • Fasilitering van die bestuur van ‘n primêre voorkomende behandelingsplan • Voorsiening van primêre voorkomende behandeling in samewerking met BChD studente

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n voortsetting van Periodontologie 171 en sal die mondhigiëne student toerus met kennis van: • Periodontale siektes • Patogenese van periodontale siektes • Implantologie • Chirurgiese prosedures Voorts sal die mondhigiëne student in staat gestel word tot die volgende: • Samestelling, implementering en evaluering van ‘n omvattende en effektiewe voorkomende, terapeutiese en instandhoudingsplan vir die periodontale pasiënt • Aktiewe deelname in die voorkoming, behandeling en instandhouding van periodontale toestande

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die mondhigiëne student moet bekwaam wees om ‘n verskeidenheid binne- en buitensmondse x-straalfoto’s van goeie diagnostiese gehalte te kan lewer. Hy/sy moet ook relevante anatomiese landmerke op ‘n x-straalfoto herken en onderskei tussen normale en abnormale voorkomste. Hy/sy moet te alle tye bewus wees van moontlike skadelike effekte van bestraling op biologiese sisteme.

    Sien meer

Minimum krediete: 130

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is: • Fasilitering vir begrip van tegnologiebestuur en instandhouding • Vaslegging van kennis/vaardigheid in terme van administratiewe bestuur en skedulering in ‘n tandheelkundige praktyk • Fasilitering vir begrip vir kliëntbehoeftes en aanvraag • Vaslegging van kennis/vaardigheid ten opsigte van interne bemarking in die tandheelkundige praktyk • Fasilitering van beroepsbestuur • Fasilitering van begrip vir werknemer se regte in terme van die arbeidswetgewing • Fasilitering vir begrip vir die mondhigiënis se rol in die bestuur van ‘n tandheelkundige praktyk • Fasilitering van die bestuur van ‘n primêre voorkomende behandelingsplan • Voorsiening van primêre voorkomende behandeling in samewerking met BChD studente

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module stel die mondhigiëne student bekend aan maksillo-fasiale patologie wat mees algemeen in die algemene praktyk voorkom. Dit sal die student in staat stel om te differensieer tussen variante van normaal en patologiese letsels. ‘n Basiese kennis van die etiologie, patogenese en kliniese voorkoms van die letsels sal opgedoen word. Spesifieke behandelingsmodaliteite relevant tot die mondhigiënis sal ook in die module aangespreek word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om die mondhigiëne student op te lei om vaardig te wees in die veld van navorsing deur aktiewe gebruikers te word van navorsing. Die doel hiervan is om die tandheelkundige praktyk te verbeter asook deelname aan tandheelkundige navorsing aan te moedig. Die student moet deelneem aan navorsing onder die leiding van ‘n kundige navorser en rapporteer oor aspekte van navorsing soos byvoorbeeld die tipe navorsing, die eienskappe van navorsingsmetodologie, data insameling en statistiese resultate.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sal die mondhigiëne student toerus met die teoretiese onderstutting vir gedragsverandering asook die toepaslike vaardighede om berading aan ‘n pasiënt te verskaf ten opsigte van gedragsverandering. Dit sluit in onder andere ‘n gesonde dieet en hoe om op te hou rook. Die module bestaan uit lesings en praktiese sessies met kliënte/pasiënte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bestaan slegs uit praktiese werk in die gemeenskap en is ‘n voortsetting van die module Gemeenskap as Pasiënt 271.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n voortsetting van die module Orofasiale Chirugie 271 en sal slegs bestaan uit kliniese werk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Pasiënte met spesiale behoeftes bied unieke uitdagings veral ten opsigte van die behoefte aan ‘n vindingryke en sorgvuldige benadering tot die pasiënt. Hierdie module sal die mondhigiëne student toerus om pasiënte se behoeftes in hierdie verband aan te spreek en te bestuur. Die fokus is op die aanpassing en verandering van die benadering en bestuur van die pasiënt volgens die behoefte byvoorbeeld swangerskap, fisiese en verstandelike gestremdheid, medies toestande en ouderdom.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module behels kliniese praktiese werk, gerig tot die omvang van die beroep van mondhigiëne, op regte pasiënte in die voorkomende kliniek. Met die module word beoog om ‘n mondhigiëne student die geleentheid te bied om sy/haar kundigheid, vaardigheid en gesindheid te ontwikkel deur vir ‘n pasiënt ‘n behoeftegedrewe primêre en basies-sekondêre voorkomende behandelingsplan te ontwikkel, te implementeer en te evalueer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module voorsien die mondhigiëne student van die nodige vaardighede, gesindheid en toepaslike kennis deur die bestudering van die volgende aspekte van stralingsfisika soos toegepas in tandheelkunde: • Elektromagnetiese golwe – die eienskappe en gedrag daarvan • X-strale – spesifieke eienskappe, bron van x-strale en produksie van x-strale • Konstruksie van die x-straalbuis • Akkurate beeldvorming • Interaksie van fotone met lewende weefsel • Stralingsbiologie • Radiasie beskerming • ALARA beginsel • Kwaliteitskontrole maatreëls Hierdie module bestaan ook uit praktiese werk in die Radiologie afdeling.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die module is ‘n keuse module in die verdere studie van Gemeenskapstandheelkunde. Dit sal aan die mondhigiëne student ‘n dieper en ryker begrip verskaf in die veld van Voorkomende Tandheelkunde, Mondepidemiologie en Administrasie en Bestuur. Dit sal die student in staat stel om ‘n behoeftegedrewe voorkomende program vir die hoë-risiko pasiënt asook vir ‘n spesifieke gemeenskap of populasie te ontwikkel. Dit sal van die student verwag word om ‘n minor navorsingsverslag in te handig om aan te dui dat die uitkomste bereik is en die student begrip toon van Openbare Mondgesondheid. Die module bestaan uit vier temas naamlik: • Voorkomende Tandheelkunde • Mondepidemiologie • Projekbestuur • Minor navorsingsverslag

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n keuse module as ‘n hoofveld van studie. Die module sal aan die mondhigiëne student ‘n diepte oorsig verskaf oor die huidige status van Periodonsie met die klem op kliniese toepassing, begrip en die rol van die mondhigiënis as deel van die span. Die doel is om die student op te lei om vaardig te word in die toepassing van sy/haar kundigheid en vaardigheid en kennis in die voorkoming en behandeling van periodontale siektes.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n keuse module en is beplan rondom ortodonsie as ‘n hoofveld van studie. Dit sluit in: • Analise van kefalometriese natrekke • Verskillende vaste ortodontiese tegnieke • Ortodontiese prosedures gerig op die omvang van die beroep van mondhigiëne • Aanbieding van seminare

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences