Code | Faculty |
---|---|
10131002 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 520 |
Prof FM Mulaudzi [email protected] | +27 (0)123541908 |
Let wel: Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.
Toekenning van die graad
'n Student wat aan alle programvereistes voldoen, en wat die vereiste praktiese en kliniese opleiding suksesvol voltooi het, verwerf die graad Baccalaureus in Verpleegkunde [BNur].
By die suksesvolle voltooiing van die graad is die gegradueerde geregtig daarop om by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging te registreer as Verpleegkundige (Algemene, Psigiatriese en Gemeenskapsverpleegkundige), en as Vroedvrou/ Vroedmeester.
Minimum vereistes | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Engels | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 28 |
Vrystelling van die eksamen in (ANP) Anatomiese Patologie 210
Vrystelling van die eksamen mag verleen word indien 'n student wat 'n modulepunt van minstens 60% behaal het, die opsie uitoefen om dit as die finale punt te aanvaar.
Akademiese uitsluiting van verdere studie
- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.
Slaag van Anatomie- en Fisiologiemodules
Alle modaliteite van 'n finale eksamen moet gesamentlik as 'n siekte- of buitengewone eksamen afgelê word, selfs al was 'n deel van die betrokke eksamen reeds in die vorige eksamenperiode afgelê.
Die finale modulepunt word bereken uit die punte van al die afdelings/ modaliteite van die siekte- of buitengewone eksamen en die deurlopende evalueringspunt. Dieselfde kriteria soos uiteengesit vir 'n slaagpunt in 'n module, is ook hier van toepassing.
Studente wat vir aanvaarbare redes nie die module-eksamen in die eksamenperiode kon aflê nie, en die module-eksamen gevolglik in die tweede eksamenperiode aflê, verbeur die geleentheid om tot 'n verdere tweede eksamen toegelaat te word.
Vrystelling van die eksamen in (FAR) Farmakologie 381, 382
Vrystelling van die eksamen kan toegestaan word indien 'n student wat 'n modulepunt van minstens 60% behaal het, die opsie uitoefen om dit as finale punt te aanvaar.
Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.
Sekere hospitale en gesondheidsfasiliteite is goedgekeur vir die doel van praktiese en kliniese opleiding in Fundamentele Verpleegkunde, Algemene Verpleegkunde, Psigiatriese Verpleegkunde, Gemeenskaps- en Verloskundige Verpleegkunde.
Die BNur-graad word met lof toegeken aan ’n student wat:
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van algemene terminologie, embriologie, osteologie. Inleidende histologie behels sitologie, kern en seldeling, epitele, algemene bindweefsel en kraakbeen en been.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to physiological principles; neurophysiology, and muscle physiology.
Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Body fluids; haematology; cardiovascular physiology, lymphatic system, and body defence mechanisms.
Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasiesModule-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Anatomie van die kop en nek, asook neuro-anatomie Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die kop en nekgebiede, sintuie en die sentrale en perifere senuweestelsels (kraniaalsenuwees, outomone senuweestelsel), asook die oppervlaksanatomie.Module-inhoud:
Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die toraks met inhoud, abdomen met inhoud en bekken met inhoud (organe, vaskulêre stelsels, senuweevoorsiening, limfdreinering, spiere en gewrigte), asook die oppervlaksanatomie. Inleidende histologie behels die histologie van die longe, lewer en niere.Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.Module-inhoud:
Anatomie van die aanhangskelet Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die spiere, bloedvate, senuweevoorsiening, limfdreinering en gewrigte van die boonste en onderste ledemate, asook die oppervlaksanatomie. Inleidende histologie behels spierweefsel, senuweeweefsel, bloed en hemopoïetiese weefsel.Module-inhoud:
Die aanleer van ‘n basiese, medies-georiënteerde woordeskat saamgestel uit Latynse en Griekse stamvorme verbind met voor- en agtervoegsels afkomstig uit hierdie tale. Die wyse waarop die betekenisse van mediese terme bepaal word deur die ontleding van mediese terme in hul herkenbare betekenisdraende, samestellende dele word onderrig en ingeoefen. Die funksionele gebruik van mediese terme in konteks as praktiese uitkoms van terminologiese toepassing geniet deurlopend aandag.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Academic reading as well as academic writing and presentation skills, based on the approach followed in the healthcare sciences. *Presented to students in Health Sciences only.
Module-inhoud:
Menslike ontwikkeling en behoeftes in gesondheid en siekte. Mense as biologiese, psigiese en geestelike wesens binne sosio-ekonomiese en kulturele konteks. Basiese behoeftes: voeding, gemak en aktiwiteit, rus en slaap, eliminasie, higiëne, suurstof, leer, sensories en interpersoonlik, pynhantering, veiligheid, homeostase, groei en ontwikkeling, medikasiebehoeftes, geestelike behoeftes en die behoefte aan ‘n waardige afsterwe. Selfbeeld, eie identiteit en selfaktualisering. Toepaslike aspekte van mensvoeding. Menslike ontwikkelingsfases en die unieke behoeftes van elke fase. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Verpleegkundige fasilitering van gesondheidsbevordering en siektevoorkoming. Die primêre gesondheidsorg (PGS-) benadering en die onderliggende beginsels daarvan. Gesondheidsbevordering as deel van die PGS-benadering. Modelle en benaderings, beplanning en implementering van gesondheidsbevorderings- en siektevoorkomingsprogramme. Siftingsondersoeke vir gesondheid en verwante assesseringsvaardighede. Onderrigvaardighede en die gesondheidsdiensverbruiker in die onderrig-leersituasie. Ongeskiktheid en rehabilitasiesorg as voorkomende en gesondheidsbevorderende modaliteit. Die onderliggende beginsels van rehabilitasiesorg. Die evaluering van gesondheidsbevorderings- en siektevoorkomingsprogramme. Bevordering van psigiese welstand: stres, konflik, substansmisbruik, geweld en fisieke mishandeling. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Gesondheidsdienslewering aan gemeenskappe en verpleegkundige hantering van geringe ongesteldhede Omvattende gesondheidsorg en die multidissiplinêre spanbenadering. Gemeenskapsbetrokkenheid en -deelname aan gesondheidsdienslewering. Bemagtiging van die gemeenskap. Inleiding tot openbare gesondheid en gesondheidsorgstelsels. Bejaardesorg. Geselekteerde geringe ongesteldhede van die boonste lugweë, mondholte en vel: oorpyn, seerkeel, verkoue en griep, sinusitis, tonsillitis, halitose, mondgesondheid en velgesondheid. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Verpleegkundige hantering van noodsituasies en rampe in die gemeenskap. Die behoefte aan noodsorg. Voorsiening van nood-mediese dienste. Die impak van noodsituasies en rampe op die gemeenskap. Unieke behoeftes ten tye van buitengewone nood. Noodhulp en basiese voor-hospitaalse noodsorg. Psigiatriese noodgevalle: selfmoordrisiko, aggressie, selfvernietigende gedrag en emosionele trauma. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Kliniese leerervaringe en laboratoriumwerk: hierdie modules bestaan uit 240 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk elk (per semester). Studente voltooi hierdie modules in gespesifiseerde gesondheidsorgeenhede. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Kliniese leerervaringe en laboratoriumwerk: hierdie modules bestaan uit 240 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk elk (per semester). Studente voltooi hierdie modules in gespesifiseerde gesondheidsorgeenhede. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Omgewing, samelewing en gemeenskappe en die invloed daarvan op Verpleegkunde. Die omgewing as determinant van gesondheid en welsyn. Omgewingshigiëne. Samelewings- en gemeenskapsverskynsels, sektore, stratifikasie en instellings. Gemarginaliseerde gemeenskappe in Suid-Afrika. Die impak van siekte op gesinne, gemeenskappe en die samelewing. Gemeenskapsgebaseerde gesondheidsdienste en die rol van die hospitaal as gemeenskapsinstelling. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Infeksie, immuniteit en basiese bakteriologie. Inleiding en basiese beginsels van infeksie, sterilisasie en die immuunstelsel. Bakteriële selle en die klassifikasie van siekteveroorsakende bakterieë.Module-inhoud:
Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Structure, gas exchange and secretory functions of the lungs; build, excretory and non-urinary functions of the kidneys, acid-base balance, as well as the skin and body temperature control.
Practical work: lung functions/spirometry, kidney function tests – side-room urine examinations. Digestion. Metabolism. Pathophysiology.
Module-inhoud:
Fungi, parasitologie en virologie. Fungus-, virale en parasietinfestasies en -infeksies wat algemeen voorkom, en die organismes wat dit veroorsaak.Module-inhoud:
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Nutrition, digestion and metabolism, hormonal control of body functions and the reproductive systems.
Practical work: endocrine system, reproductive system, pregnancy test.
Module-inhoud:
Sistemiese bakteriologie. Bakteriële infeksies wat algemeen voorkom en die bakterieë wat dit veroorsaak.Module-inhoud:
Akute en chroniese geestesafwykings. Verplegingsproses toegepas in die psigiatriese konteks. Psigopatologie, abnormale en afwykende gedrag. Algemene geestesafwykings: skisofrenie, affektiewe, kognitiewe en angstoestande. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Verpleegterapeutiese gesprekke, groepterapie en omvattende sorg. Individuele terapie: Fasilitatiewe kommunikasie en die een-tot-een verhouding. Groep: Die groepsproses, groepsdinamiek, leierskap en leierskapsfunksies en toepaslike beramingsvaardighede. Geestesgesondheidsonderrig. Terapeutiese omgewing. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Terapeutiese vaardighede, geestesafwykings en kulturele aangeleenthede. Krisis-tussentrede. Verlies en rouproses. Geestelik versteurde individue. Kulturele sensitiwiteit in geestesgesondheidsverpleegkunde. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Beginsels, perspektiewe, eties-wetlike oorweging en wetgewing verwant aan geïntegreerde gesondheidsorg, tradisionele genesing in Afrika, genesingsmodaliteite verwant aan natuurlike en alternatiewe terapieë, voedings- en medisinale belang van inheemse plante. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Inleiding tot medies-chirurgiese en traumaverpleegkunde. Die mediese en chirurgiese benadering tot gesondheidsorg. Akute versus chroniese siekte. Die invloed van siekte en hospitalisasie op die volwasse gesondheidsdiensverbruiker. Aspekte van professionele praktyk. Toepaslike beramingsvaardighede. Aspekte van traumaverpleging. Toegepaste mensvoeding. Intrinsieke en ekstrinsieke oorsake van siekte. Sellulêre stressors, aanpassingsprosesse, abnormale sellulêre groei, selbeskadiging, herstel en afsterwe van selle. Neoplasie en tumorpatologie. Algemene versteurings van homeostase. Inleiding tot genetika en verworwe siektes. Aspekte van mediese noodverpleegkunde. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Verpleegterapeutiese kontekste. Eties-wetlike aspekte en gesondheidsbeleid met betrekking tot geestessiektes. Organisasies en inrigtings in psigiatriese gesondheidsorg. Teoretiese grondslae van psigiatriese verpleegpraktyk. Die DSM-klassifikasiestelsel van geestesversteurings. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Kliniese leerervaringe en laboratoriumwerk: hierdie modules bestaan uit 240 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk elk (per semester). Studente sal hierdie modules in gespesifiseerde gesondheidsorgeenhede voltooi. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Kliniese leerervaringe en laboratoriumwerk: hierdie modules bestaan uit 240 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk elk (per semester). Studente sal hierdie modules in gespesifiseerde gesondheidsorgeenhede voltooi. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Beginsels van kindergesondheidsverpleegkunde. Unieke behoeftes tydens die kinderjare. Algemene gesondheidsprobleme tydens die kinderjare: respiratories, kardiovaskulêr en pynbeheer, diarree, naarheid en braking, wanvoeding en onvermoë om te gedy. Toegepaste mensvoeding. Die effek van hospitalisasie op kinders en hul gesinne. Terapeutiese spel en ondersteuning van die kind en verpleegterapeutiese tussentredes met kinders. Die unieke wêreld van die siek kind en alternatiewe benaderings tot siekte deur spelterapie. Aspekte van pediatriese noodverpleging. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Chirurgiese Verpleegkunde. Omvattende peri-operatiewe verpleging van pasiënte met algemene chirurgiese gesondheidsprobleme of beserings wat verband hou met die muskuloskeletale, neurologiese, gastro-intestinale, respiratoriese stelsel, die oog en reproduktiewe gesondheid. Toepaslike beramingsvaardighede. Sagteweefselbeserings, chirurgiese wonde en wondsorgtegnieke: wonde en wondherstel, toepaslike beramingsvaardighede, aseptiese wondsorgprosedures (beginsels en tegnieke), moderne wondsorgprodukte en bewysgebaseerde praktyk, traumatiese wonde (insluitend brandwondtrauma) en chroniese wonde. Toegepaste mensvoeding. Inflammasie, infeksie en nekrose. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Mediese verpleegkunde. Omvattende mediese verpleging van pasiënte met algemene gesondheidsprobleme wat verband hou met die respiratoriese, neurologiese, verterings-, renale, endokriene en kardiovaskulêre stelsel, akute vergiftiging, kanker en hematologiese probleme (anemie en leukemie) en metaboliese versteurings. Sirkulatoriese versteurings en edeemformasie. Oorsig van hipersensitiewe reaksies en outo-immuuntoestande. Voorbeelde uit die kliniese verpleegpraktyk. Toepaslike beramingsvaardighede. Toegepaste mensvoeding. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Minimum krediete: 132
Module-inhoud:
Inleiding, reseptore, antagonisme, kinetiese begrippe. Middels wat inwerk op die outonome en sentrale senuweestelsel. Geneesmiddelbehandeling van hipertensie, angina pectoris, miokardiale infarksie, hartversaking, hart-aritmieë, en epilepsie. Diuretika, glukokortikosteroïede, lokale verdowers, narkosemiddels, analgetika, yster en vitamiene, onkostatika, immuunonderdrukkers.Module-inhoud:
Hormone, geneesmiddels wat inwerk op histaminerge, serotonerge en dopaminerge reseptore. Geneesmiddelbehandeling van diabetes mellitus, skisofrenie, depressie, vetsug, angs, insomnia, spysverteringskanaalsiektes. Antistolmiddels, antimikrobe middels.Module-inhoud:
Omvattende gemeenskapsverpleging. Perspektiewe en benaderings tot omvattende verpleegsorg en ondersteuning van gemeenskappe. Toepaslike statutêre beheer oor primêre gesondheidsorg (PGS) - praktyke in Suid-Afika. Toepaslike beramingsvaardighede. Seksueel-oordraagbare infeksies en oordraagbare siektes. Terapeutiese ondersteuning van die gemeenskap. Rehabilitatiewe ondersteuning van behoeftige gemeenskappe. Klem word gelê op die fasilitering en ondersteuning van selfsorg met betrekking tot fisieke, psigiese en omgewingsgesondheid en -welsyn. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Verloskunde: begeleiding tydens swangerskap. Oorsig van die perinatale periode. Embriologie en fetale groei en ontwikkeling. Die normale swangerskap, unieke behoeftes van die swanger vrou en laerisiko voorgeboortesorg. Toepaslike beramingsvaardighede. Toegepaste mensvoeding. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Verloskunde: begeleiding tydens normale kindergeboorte en puerperium. Die verloop van die intrapartumperiode, verwante behoeftes en laerisiko, postnatale sorg. Toepaslike beramingsvaardighede. Toegepaste mensvoeding. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
LW: NPE 361- assessering vir semesterpunt: : Algemene verpleegkunde 60% verloskunde 20% en psigiatrie 20%. Finale assessering: Algemene verpleegkunde 30% verloskunde 20% psigiatrie 20% gemeenskap 30%. Kliniese leerervarings en laboratoriumwerk: hierdie modules bestaan uit 300 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk elk (per semester). Studente sal hierdie modules in gespesifiseerde gesondheidsorgeenhede voltooi. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Geslagsgesondheidsverpleegkunde. Manlike geslagsgesondheidsverpleging. Vroulike geslagsgesondheidsverpleging. Gesinsbeplanning (kontrasepsie, infertiliteit en prekonsepsiesorg). Seksuele ontwikkeling en seksuele behoeftes, geslagsverhoudings en geslagskwessies, rol-identiteit en rolkonflik. Seksuele afwykings en seksuele misbruik. Geweld teenoor vroue en kinders. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Verloskunde: hoërisiko swangerskap. Moederlike en perinatale morbiditeit en mortaliteit en aanmeldbaarheid. Risikoberaming van moeder en fetus. Toepaslike beramingsvaardighede. Toepaslike verpleegsorg vir spesifieke gesondheidsbehoeftes en -probleme tydens die voorgeboortetydperk. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
N.B.: DNP 354 moet voltooi word vóór DNP 353. Primere kuratiewe verpleging vir algemene en ongekompliseerde siektetoestande. Algemene en ongekompliseerde gesondheidsprobleme verwant aan die kardiovaskulêre, respiratoriese, spysvertering-, neurologiese, muskulo-skeletale en genito-urinêre stelsel, en infeksiesiektes van die baba- en kinderjare, volwassenheid en die bejaarde. Klagtes in verband met die oë. Muskulo-skeletale pyn/disfunksie en nie-traumatiese been/gewrigspyn. Toepaslike beramingsvaardighede. Toegepaste mensvoeding. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Omvattende gesinsverpleging. Gesinslewe en gesinsdinamiek. Alternatiewe gesinne en lewenstyle. Perspektiewe en benaderings tot die omvattende verpleegsorg en ondersteuning van gesinne. Gesinsgeweld en -patologie. Huweliksberading en gesinsterapie. Gesinne in die perinatale tydperk: unieke behoeftes en ondersteuning (insluitend basiese voorgeboorte en nageboortesorg). LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
N.B.: DNP 353 moet voltooi word ná DNP 354. Beginsels van pasiëntsorgbestuur. Beplanning, organisering, leidinggewing en beheer in direkte pasiëntsorgareas. Bestuur in die lewering van pasiëntsorg. Koördinering van die multi- en transdissiplinêre programme van behandeling en rehabilitasie. Aspekte van professionele praktyk. Inleiding tot arbeidsreg. Inspeksies van verpleegkundige en pasiëntsorgeenhede. Die kliniese praktykomgewing as leer-onderrigsituasie en die beginsels van volwasseleer. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
LW: NPE 362 semesterpunt: Algemene verpleegkunde 20%, verloskunde 40%, gemeenskap/PHC 20%, bestuur 20%. Finale assessering: Algemene verpleegkunde omvattende assessering 80%. (Farmakologie, bestuur, algemene verpleegkunde en PHC) en verloskunde OSCE 20%. Kliniese leerervarings en laboratoriumwerk: hierdie modules bestaan uit 300 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk elk (per semester). Studente sal hierdie modules in gespesifiseerde gesondheidsorgeenhede voltooi. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Minimum krediete: 144
Module-inhoud:
Kliniese leerervarings en laboratoriumwerk: hierdie module bestaan uit 500 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk (per semester). Studente sal hierdie module in gespesifiseerde kliniese eenhede voltooi. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Beginsels van verpleegbestuur en professionele leierskap in kliniese verpleegpraktyk. Toegepaste beginsels van algemene bestuur, menslikehulpbronbestuur, bemarking en openbare skakeling en finansiële bestuur. Leierskap en leierskapsontwikkeling: perspektiewe, neigings en kontemporêre praktykaangeleenthede. Bestuursbeginsels in geselekteerde noodsituasies. Arbeidsreg en arbeidsverhoudinge. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Verloskunde: Hoërisiko kindergeboorte. Abnormale verloop van die intrapartum periode, verwante behoeftes en hantering. Fetale monitor. Ruptuur van membrane, premature en postterm geboortes. Obstetriese beserings en noodgevalle. Verpleegkundige terapeutiese ondersteuning tydens die ervaring van hoërisiko swangerskap en swangerskapverwante komplikasies. Toepaslike beramingsvaardighede. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Verloskunde: Hoërisiko puerperium en die hoërisiko neonaat. Hoërisiko nageboortesorg. Kenmerke en behoeftes van die neonaat. Verpleegsorgbeginsels van gesonde en siek, of hoërisiko neonate. Omvattende verpleging van neonate met spesifieke probleme. Toepaslike beramingsvaardighede. Toegepaste mensvoeding. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Navorsing in gesondheidsorgwetenskappe:
• Die uitkomste van hierdie module is:
• Verstaan die belangrikheid van bewysgebaseerde kliniese praktyk.
• Verstaan die navorsingsproses en algemene benaderings tot navorsing.
• Kennis van die metodologieë algemeen gebruik in
gesondheidsorgwetenskappe.
• Die lees en beoordeling van gepubliseerde navorsing.
• Die skryf van ‘n literatuuroorsig.
• Begrip en respek vir navorsingsetiek en die kriteria vir goeie gehalte navorsing.
Module-inhoud:
Beginsels van professionele praktyk, verpleegpersoneelontwikkeling en onderrig in kliniese verpleegpraktyk. Verpleegkunde, etiek en die reg. Kontemporêre praktykaangeleenthede voortspruitend uit etos en die professionele verpleegpraktyk. Professionele selfregulering en die georganiseerde verpleegberoep. Privaat-verpleegprakty. Beplanning, implementering en evaluering van kliniese onderrig en indiensopleidingsprogramme, voortgesette ontwikkeling en lewenslange leer. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.Module-inhoud:
Kliniese leerervarings en laboratoriumwerk: hierdie module bestaan uit 500 ure verpligte kliniese praktyk- en laboratoriumwerk (per semester). Studente sal hierdie module in gespesifiseerde kliniese eenhede voltooi. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Module-inhoud:
Verpleegkunde elektief. Goedgekeurde elektief, gekies in samewerking met die departementshoof. • Temas van gemeenskapsverpleegkunde en primêre gesondheidsorg. • Temas van psigiatriese verpleegkunde en terapeutiese onderhoude. • Temas van algemene mediese verpleegkunde. • Temas van algemene chirurgiese verpleegkunde. • Temas van hospitaalgebaseerde verloskunde. Die beskikbaarheid van elektiewe sal afhang van studentebelangstelling en die beskikbaarheid van personeel en opleidingsfasiliteite. Studente moet voor registrasie navraag doen oor die voorgenome elektiewe. Tien (10) krediete van bogemelde elektiewe moet inhoude insluit van navorsingsgebaseerde projek (of navorsingsprojek), kontemporêre praktykaangeleenthede, internasionale verplegingstudies en etiese en wetlike aspekte van gesondheidsorgpraktyk binne die gekose elektief. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App