Jaarboeke

Program: BA Beeldende Kunste

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130103 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 486
Contact:
Dr A Sooful
[email protected]
+27 (0)124203111

Programinligting

Die program fokus op die hoofdissiplines in die beeldende kunste, nl skilder-, beeldhou­kuns, grafiese drukkuns, tekenkuns en nuwe media, sowel as op die teorieë en konsepte van kuns. Kandidate kwalifiseer as professio­nele kunstenaars. Die program is gerig op die bevordering van ’n estetiese bewussyn binne die gemeenskap en die uitbouing en verdieping van visuele, kritiese en kreatiewe denke. Die program inkorporeer ook kunsbestuur, kunskommunikasie en -bemarking, digitale opleiding en die gebruik van ’n wye verskeidenheid van materiale, media en tegnieke.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks

Toelatingsvereistes

       

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Kandidate wat voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes sowel as die TPT-vereistes van hierdie programme sal in die programme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om ? TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie programme ontvang het, maar ? TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers wat aan die minimum TPT-vereistes voldoen, maar nie aan die vakvereistes nie, moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
  • Departementele keuring vir hierdie graadprogram bestaan uit ’n merietekeuringsproses en ’n finale keuringsproses, sowel as die indiening van ‘n vraelys en ‘n portefeulje van ten minste 20 werke wat jy onlangs gemaak het. Die voltooide vraelys en portefeulje moet teen 30 Junie by die Departement Visuele Kunste ingedien word. Besonderhede in verband met die keuringsproses en portefeuljevereistes kan by www.up.ac.za/visualarts verkry word. Op grond van die vraelys en die portefeulje sal jy in kennis gestel word of jy kwalifiseer om met die finale keuringsproses voort te gaan. As jy die merietekeuring slaag, sal jy versoek word om die finale keuringsproses by te woon. Dit sal uit visualiseringstoetse, praktiese toetse en ’n onderhoud bestaan. Die finale keuringsproses vind tydens Augustus plaas. Jy sal teen einde Augustus ingelig word oor die uitslae van die finale keuringsproses. Ongeveer 100 aansoekers sal genooi word om deel te neem aan die finale keuringsproses.

                                                                                                                                                                            

Minimum vereistes

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

30

 

Addisionele vereistes

Departementele keuring is nodig om vir hierdie program te kan registreer. Alhoewel kuns as Graad 12-vak nie ’n vereiste is nie, moet ’n kandidaat sy/haar kreatiewe potensiaal en toewyding tot die gekose veld van studie demonstreer ten einde te oorweeg te word vir die merietekeuring. Daar word derhalwe van kandidate verwag om ’n portefeulje van werk voor te lê vir meriete keuringsoorweging en, indien uitgenooi, om ’n reeks toetse af te lê, sowel as om ’n onderhoud te voer met ’n keuringspaneel. Kontak die koördineerder in hierdie verband. ’n Student wat hierdie program kies, moet gedurende die derde en vierde studiejare ses weke indiensopleiding, wat deur die koördineerder goedgekeur is, voltooi.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.

Bevordering tot volgende studiejaar

##Bevordering tot die tweede studiejaar

Slaag: BKK 100, VIT 100, VKK 111, 121, en 123.

##Bevordering tot die derde studiejaar

Slaag: BKK 200, VKK 211 en 222.

##Bevordering tot die vierde studiejaar

Slaag: BKK 300, VKK 311 en 321.

##Afwyking van hierdie vereistes mag deur die Dekaan op aanbeveling van die departe­mentshoof goedgekeur word.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat minstens 75% in BKK 400 en VKK 401 behaal.

Minimum krediete: 138

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    This module equips students to understand and use a range of discipline-specific terminology; apply the strategies of critical and comprehensive reading to their own academic literacy; apply the conventions of academic writing to their own writing, using the process approach, to produce intelligible academic texts and use the correct referencing technique as required by the faculty.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondbeginsels van visuele kultuur Hierdie module dien as ‘n inleiding tot kuns en visuelekultuurteorie deur na ‘n verskeidenheid tekste en idees te verwys. Die module bied aan studente ‘n wye blootstelling aan visuele diskoerse en sluit ‘n verskeidenheid visuele voorbeelde in bv kunswerke en advertensies. Die diskoerse waarna verwys word mag die volgende insluit: die ondersoek na wat visuele kultuur is; modusse van analise; inleiding tot terme soos ideologie en mite; die kontekstuele bekendstelling van geselekteerde periodes in die geskiedenis; die inleiding tot kulturele ikone en temas vanuit populêre visuele kultuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Vereis departementele keuring
    Verwerwing van praktiese vaardighede en direkte toepassing van ateljeepraktyk in ‘n wye verskeidenheid kunsprosesse, -tegnieke en -materiale. Algemene kunsopleiding wat fokus op markverwante kunsaktiwiteite.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: kontemporêre idees
    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondesoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    ‘n Ondersoek na die professie van die kunstenaar. Inleiding tot die fundamentele elemente en beginsels van twee- en drie-dimensionele kunswerke. Analise van kunswerke. Sintese en toepassing van verworwe kennis met geselekteerde mediums, materiale en tegnieke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: historiese perspektiewe

    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondersoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

     

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    'n Algemene oriëntering tot die sielkunde. Inleiding tot verskillende teoretiese benaderings in en die ontwikkeling van die sielkunde as wetenskap word behandel.  Geselekteerde temas uit die alledaagse lewe word bespreek en met sielkundige beginsels geïntegreer. Hierdie module fokus ook op sentrale persoonlikheidsteorieë. 'n Inleiding tot verskillende paradigmatiese benaderings in die sielkunde word gegee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    The world of religion
    What is religion? The functions of religion. Studying religion. Perspectives on religion. Common concepts and key terms in various religions will be dealt with - also generic dimensions and aspects.  The interdependence of religion, culture and society.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kaleidoscope of religions
    The occurrence of religion in societies. Types of religion. Primal religions. Christianity, Judaism, Islam.  A variety of religions will be addressed: capita selecta will be made from Christianity; Hinduism; Buddhism; New Religions; New Age; main developments in the world and South Africa.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Plaaslike kontekste, globale kwessies Hierdie module bou voort op die inleidende etnografiese en teoretiese temas bevat in APL 110 terwyl spesifieke vrae gevra word oor hoe ons die verhouding tussen die plaaslike en globale, die inheemse en universele, die publieke en private, en die werklike en moontlike kan konseptualiseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot Antropologie Hierdie inleiding tot antrop0ologie stel die basiese begrippe van die dissipline, soos rituele, religieê, huweliksluiting en seks, bekend. Dit kombineer klassieke en resente studies, en vra 'groot vrae' oor die menlike samelewing en kulture wat uitdagende perspektiewe bied op die wêreld waarin ons leef.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Tegniek, medium en stylrigting in die beeldende kunste fokus op diversiteit van tegnieke, mediums en stylrigtings. Vorm en inhoud van twee- en drie-dimensionele kunswerke word ondersoek. Probleemoplossingsmetodologieë word gevolg om vaardighede te ontwikkel in die tradisionele dissiplines van die kunste, bv. skilderkuns, beeldhoukuns, grafiese drukkuns, tekenkuns en nuwe media.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Visuele (Post)kolonialismes Hierdie module ondersoek aspekte van ‘n Afrika identiteit, Afrosentrisme, multi¬kulturalisme, transnasionalisme en die Afrika diaspora, asook ‘n toeligting van die kruispunte tussen tradisionele kuns, toerisme kuns en die hibriede estetika van kontemporêre Afrika kuns en visuele kultuur. Die module konsentreer ook op die ideologieë van imperialisme en kolonialisme en die invloede daarvan op kuns en visuele kultuur vanaf die negentiende eeu. Die invloed van postkoloniale denke op die dekonstruksie van die koloniale word o.a. deur die landskap en geheue, die eksotiese en Primitivisme uitgelig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vereis departementele keuring Gevorderde tegniese en tegnologiese toepassings in twee-dimensionele en drie-dimensionele kuns, toegepaste kuns en elektroniese kuns.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gender, seksualiteit en visuele voorstelling Hierdie module bied ‘n inleiding tot die uitbeelding van seks, gender en seksualiteit in visuele kultuur. Gender teorieë en terminologie wat verband hou met feminisme, manlikheid studies en lbgtq teorieë (lesbiese, biseksueel, homoseksueel, transgenderisme, queer) word ondersoek. Temas en brandpunte rakende gender en identiteitspolitiek soos die figuur van die manlike held, die vroulike naak in die laat 19de eeuse kuns, die femme fatale, histerie, androginie en transseksualiteit word hanteer. Seksualiteit en gender in ‘n wye verskeidenheid van visuele kultuur uitbeeldings soos sepies, sitcoms, kunswerke, advertensies, mode, musiekvideos en films word belig.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring Visuele navorsingsvaardighede en kritiese vraagstukke in die visuele kunste beklemtoon persoonlike kunsskepping en eksplorasie van materiaal. Benadering tot tegniek, medium, styl en inhoud in skilder- en beeldhoukuns, grafiese drukkuns en nuwe media gee aanleiding tot eie identiteit in ‘n Suid-Afrikaanse konteks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vereis departementele keuring Navorsing, ontwikkeling en loopbaanvoorbereiding in ateljeepraktyk en markgerigte kunsaktiwiteite, kunsbestuur en kunsonderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Post/Moderniteite: Kontemporêre diskoerse
    Hierdie module ondersoek modernisme en postmodernisme as die oorheersende estetiese, diskursiewe en visuele paradigmas van die 20ste en 21ste eeu. Sleutelbegrippe in hierdie diskoerse en kontradiskoerse word belig en uitgebou, soos die daarstelling van moderne subjektiwiteit, die skone en die sublieme, die avant garde, die metafisika van teenwoordigheid, oorspronklikheid, outeurskap, hermeneutiek, die “taal”-wending, différance en die sogenaamde “einde van kuns”. Teoretici mag insluit: Kant, Heidegger, Derrida and Foucault.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Hierdie module behels ‘n studie van kritiese benaderings tot en hedendaagse diskoerse in die beeldende kunste, sowel as die vaardighede om kontemporêre en historiese visuele diskoerse binne die internasionale en plaaslike kulturele sowel as die professionele paradigmas te kontekstualiseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Spesialiseringsveld is onderhewig aan goedkeuring deur departementshoof. Professionele praktyk. Die student moet op ‘n professionele vlak in ‘n geselekteerde area van die visuele kunste funksioneer. Twee- en driedimensionele kunswerke, elektroniese media of enige ander toegepaste veld in visuele kunste word op honneursvlak nagevors en in die praktyk toegepas.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences