Jaarboeke

Program: MSocSci. Genderstudies (Gedoseer)

Code Faculty
01253028 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof CM Tshoaedi
[email protected]
+27 (0)124203111

Toelatingsvereistes

  • ’n Honneursgraad in Genderstudies Sosiologie of ’n toepaslike sosiale wetenskap word vereis.
  • ’n Gemiddelde van minstens 70% word vir hierdie graad vereis.
  • SOC 751 en GNR 751 of SOC 756 of soortgelyke modules in navorsingsmetodologie, genderstudies en/of sosiale teorie word vereis.
  • Daar kan van voornemende studente verwag word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen te skryf of om addisionele modules te doen wat hulle in staat stel om die verwagte vlak van studie te bereik.
  • ’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans of Engels word vereis.
  • Studente met 'n gemiddelde tussen 68% en 70% kan in spesiale omstandighede vir toelating oorweeg word. Doen navraag by the programbestuurder.

 

 

Addisionele vereistes

• SOC 751 en GNR 751 of SOC 756 of soortgelyke modules in navorsingsmetodologie, genderstudies en/of sosiale teorie word vereis.

• Daar kan van voornemende studente verwag word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen te skryf of om addisionele modules te doen wat hulle in staat stel om die verwagte vlak van studie te bereik.

• ’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans of Engels word vereis.

• Studente met ? gemiddelde tussen 68% en 70% kan in spesiale omstandighede vir toelating oorweeg word. Doen navraag by the programbestuurder.

Ander programspesifieke inligting

  • Kies of GNR 852 of SOC 861 as kernmodule.
  • Kies een keusemodules. 
  • GNR 852 en SOC 861 kan as keusemodule gekies word indien nie reeds as kernmodule gekies nie.
  • Nie alle modules word in ? gegewe jaar aangebied nie. Kontak die programbestuurder in dié verband.

Minimum krediete: 180

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het ten doel om die reikwydte van die navorsingsgmetodes en -strategieë waarmee studente vertroud is te verbreed en om hul bestaande begrip van metodes en benaderings tot sosiale navorsing te verdiep. Sleutelkomponente van die module sluit in ’n bekendstelling aan die universiteit se prosesse om toestemming te verkry om navorsing te doen, die komponente van ’n goeie navorsingsvoorstel, en strategieë vir die identifisering van ’n navorsingsvraag. Hierbenewens word die vraag oor waarom ons sosiale navorsing doen en die verskillende wyses waarop navorsing ’n sosiale bydrae lewer op ’n kritiese wyse bespreek. Ten slotte word daar oorweging geskenk aan hoe om ’n navorsingsstudie binne ’n navorsingstradisie te plaas en wel op ’n manier wat ‘navorsing’ en ‘teorie’ aaneenskakel. Daar word van studente verwag om ’n volledige navorsingsvoorstel te skryf. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Miniverhandeling van ongeveer 80 getikte bladsye gebaseer op onafhanklike navorsing deur student oor goedgekeurde onderwerp word in die sosiologie of bedryfsosiologie of genderstudies onder toesig van ‘n studieleier geskryf.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is gebaseer op ’n makro-perspektief en stel studente bekend aan die veranderende historiese trajek van genderverhoudings, die huwelik as instelling, gesinsvorme, huishoudingsamestelling en -lewensmiddele sowel as die implikasies daarvan vir ’n begrip van gender as ’n sosiale verhouding. Die module word aangebied vanuit ’n historiese en vergelykende perspektief, met spesifieke klem op Suider-Afrika. Die module ondersoek die rol van supra-nasionale organisasies, die staat en die mark in prosesse om genderidentiteite en -verhoudings, sowel as familie- en huishoudingsvorme te medieer en te reguleer, teen die agtergrond van die nasie-staatstelsel en in die konteks van globalisering en neo-liberalisme in die besonder. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module bied ? oorsig van die teoretiese en konseptuele apparatuur wat die veld van kritiese genderstudie onderlê. As sodanig, hersien die module akademiese genealogieë van genderstudie, en word sleutelmerkers op die pad van die sosoiale en politieke stryd vir erkenning, regte, representasie en hulpbronne, sowel as die breuklyne wat in die proses blootgelê is, herbesoek. Juis om hierdie rede word ? groeiende literatuur oor seksualiteit en interseksualiteit in die module geïntegreer. Die teoretiese komponent van die studieveld word toegepas in tematiese besprekings van kontemporêre kwessies en resente navorsing in genderstudies, met spesiefieke fokus op Suider-Afrika.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die verhouding tussen die persoonlike en die sosiale en hoe hierdie twee domeine tot so ’n mate verweef is dat ons tegelykertyd van eenselwigheid en differensiasie in die proses van identifikasie praat. Die module ondersoek die wyses waarop samelewingstrukture en -instellings identiteite histories vorm en konstrueer, terwyl sodanige instellings tegelykertyd deur individuele agentskap gevorm word. Menslike ervaring dui op ’n breë stel oorskreidende verbondenhede en ’n veelvuldigheid van behorendheid, wat identiteit as ’n dinamiese en verbandhoudende proses eerder as ’n essensie konstateer. Die sosiale, voorwaardelike en gekonstrueerde aard van identiteite word beklemtoon teen die agtergrond van ’n ervaring van dislokasie binne die konteks van globalisering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die veranderende aard van werk en die organisatoriese vorme wat sekere historiese periodes in die ekonomiese geskiedenis gekenmerk het. Konsepte soos Fordisme en post-Fordisme word ondersoek, sowel as debatte oor die impak van werk op die lewenskwaliteit van mense.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is gebaseer op ’n makro-perspektief en stel studente bekend aan die veranderende historiese trajek van genderverhoudings, die huwelik as instelling, gesinsvorme, huishoudingsamestelling en -lewensmiddele sowel as die implikasies daarvan vir ’n begrip van gender as ’n sosiale verhouding. Die module word aangebied vanuit ’n historiese en vergelykende perspektief, met spesifieke klem op Suider-Afrika. Die module ondersoek die rol van supra-nasionale organisasies, die staat en die mark in prosesse om genderidentiteite en -verhoudings, sowel as familie- en huishoudingsvorme te medieer en te reguleer, teen die agtergrond van die nasie-staatstelsel en in die konteks van globalisering en neo-liberalisme in die besonder. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op ’n hersiening en bevraagtekening van sosiologiese teorieë oor en verdudelikings van konflik in die werksplek, met spesifieke klem op kwessies soos stakingsgeweld. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ondersoek teoretiese verduidelikings vir globalsasering. As sodanig is die hoofdoel om wyses waarop kapitaal in die era aan die einde van geskiedenis ons dwing om sosiologie as a wetenskap van die hede te herdink te debatteer. Die module begin met teoretiese besprekings om die fondamente vir ’n gesprek oor ontwikkeling as ’n proses van inkorporering van (in hierdie geval) Afrika in die globale wêreldsisteem te lê. Hierbenewens ondersoek die module veranderings aan die nasie-staatstelsel, werk en genderverhoudinge wat deur globalisering teweeggebring is. Ten slotte, word daar gekyk na nasionalisme en etnisiteit as spesifieke kenmerke van kapitalisme in die era van die einde van geskiedenis. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module kyk krities na teoretiese en kontemporêre debatte oor die aard van die staat en burgerlike samelewing sowel as die onderlinge verhouding tussen die twee instellings. In die besonder ondersoek die module konseptualiserings van die staat en burgerlike samelewing in Afrika, sowel as die historiese trajekte hiervan met betrekking tot die vraagstuk van sosiale verandering. Deurentyd word daar verwys na sosiologiese perspektiewe wat die belangrikheid daarvan om magsverhoudinge binne ’n konteks van sosio-ekonomiese en sosiokulturele verhoudinge te situeer beklemtoon.  

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module bied ? oorsig van die teoretiese en konseptuele apparatuur wat die veld van kritiese genderstudie onderlê. As sodanig, hersien die module akademiese genealogieë van genderstudie, en word sleutelmerkers op die pad van die sosoiale en politieke stryd vir erkenning, regte, representasie en hulpbronne, sowel as die breuklyne wat in die proses blootgelê is, herbesoek. Juis om hierdie rede word ? groeiende literatuur oor seksualiteit en interseksualiteit in die module geïntegreer. Die teoretiese komponent van die studieveld word toegepas in tematiese besprekings van kontemporêre kwessies en resente navorsing in genderstudies, met spesiefieke fokus op Suider-Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module maak gebruik van ’n sosiologiese perspektief om die Suid-Afrikaanse samelewing te ondersoek en begryp. Die vertrekpunt is ’n bekendstelling aan debatte en besprekings oor sosiologie in Suid-Afrika. Daarna word sleutelkwessies hersien en gedebatteer om ’n begrip van die politieke ekonomie van apartheid te vorm. Ten slotte word daar na sleuteldebatte oor post-apartheid Suid-Afrika gekyk. 

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2022. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

Click here for frequently asked questions for first year UP students

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences