Studente moet hulself vergewis van die Algemene Regulasies van toepassing op eksamens en verwante aangeleenthede. Neem ook asseblief kennis van die relevante fakulteit-spesifieke beleide oor eksamens in die onderskeie fakulteite.
REGISTRASIE VIR EKSAMEN
'n Student dui op die registrasievorm aan die begin van die jaar aan in welke modules eksamen afgelê gaan word. Indien daar egter later besluit word om nie meer eksamen in 'n module(s) af te lê nie, moet die Studenteadministrasie van die betrokke fakulteit daarvan in kennis gestel word.
TOELATING TOT EKSAMEN
EKSAMENS, TOETSE EN ANDER AKADEMIESE OPDRAGTE
INSTRUKSIES tydens die aflê van toetse en/of eksamens
1. Studente is verplig om hulself tydens die aflê van 'n toets of eksamen positief te identifiseer deur middel van 'n geldige studentekaart. Niemand sal toegang tot die toets- of eksamenlokaal verkry sonder 'n geldige studentekaart nie.
2. Geen persoon mag voorgee om 'n geregistreerde student te wees en/of 'n toets of eksamen namens 'n student aflê nie.
3. Geen student mag later as 'n halfuur na die aanvang van 'n toets- of eksamensessie die toets- of eksamenlokaal binnegaan nie. Geen student mag die toets- of eksamenlokaal vroeër as 'n halfuur na die aanvang van die toets- of eksamensessie verlaat nie. In die geval van rekenaargebaseerde assessering mag 'n student nie na die stiptelike aanvang van die toets- of eksamensessie die lokaal binnegaan nie.
4. Studente moet alle instruksies wat deur 'n opsiener gegee word, onmiddellik en nougeset nakom.
5. Behalwe soos vermeld in paragraaf 6, mag studente nie enige van die volgende items in die toets- of eksamenlokaal inbring, of in hul besit hê nie:
Die blote besit van enige van die bogenoemde items – ongeag of die student doelbewus, nalatig of onskuldig opgetree het - word as 'n ernstige oortreding van die reëls en derhalwe as ernstige akademiese wangedrag beskou. Dit bly die student se verantwoordelikheid om voor die aanvang van die toets of eksamen te verseker dat geen van bogenoemde items in sy of haar besit is nie.
6. Boeksakke en handsakke mag by 'n student gehou word, op voorwaarde dat sodanige sakke toegemaak is en onder die student se stoel geplaas word. Alle boeke en studiemateriaal moet in die toegemaakte sak gebêre word. Die student mag nie ter enige tyd tydens die toets- of eksamensessie die sak oopmaak of hanteer nie. Indien studiemateriaal en/of -notas (wat aan die student behoort), onder die sitplek of lessenaar gekry word, of die student die studiemateriaal en/of -notas enigsins kon sien en dit hom of haar moontlik kon bevoordeel, sal sodanige student beskou word as in die besit te wees van verbode, ongemagtigde materiaal. Elektroniese toestelle soos selfone en tablette moet afgeskakel en in die sak gebêre word, wat toegemaak en onder die student se stoel geplaas moet word. By gebrek aan 'n sak moet die student sy of haar selfoon of tablet afskakel en dit op die vloer onder sy of haar stoel plaas, buite sig van die student. Hierdie toestelle mag nie aan die persoon van die student gehou word nie en mag nie tydens die toets- of eksamensessie aangeskakel word of deur die student hanteer word nie.
7. Studente is daarvoor verantwoordelik om hul eie skryfbehoeftes, apparaat en ander materiaal, in ooreenstemming met die vereistes, voorskrifte en instruksies van die betrokke dosent, te voorsien. Onderlinge uitruil van vermelde items is nie toelaatbaar nie.
8. Die dra van 'n pet, hoed of mus tydens toetse en eksamens word verbied en studente mag versoek word om sodanige hoofbedekkings te verwyder. 'n Uitsondering word gemaak in die geval van godsdienstige hoofbedekkings.
9. Dit is belangrik dat 'n student se van, volle voorname en handtekening in die toepaslike ruimte op die toets- of eksamenantwoordstel verskaf word. lndien 'n student dit so verkies, kan hierdie besonderhede as vertroulik hanteer word deur die boonste gedeelte van die eksamen- of toetsantwoordstel toe te vou en vas te plak. Die toegevoude gedeelte mag slegs deur die eksaminator oopgemaak word indien die studentenommer foutief of onleesbaar is. Alle antwoordstelle moet in onuitwisbare ink voltooi word. Antwoordstelle wat in potlood of uitwisbare ink voltooi word, sal nie nagesien word nie en die skrywer (student) sal nie vir 'n addisionele evalueringsgeleentheid (toets/eksamen) kwalifiseer nie.
10. Nadat die opsiener die begin van die toets of eksamen aangekondig het, moet alle gesprekke of enige ander wyse van kommunikasie tussen studente gestaak word. Vir die duur van die toets of eksamen mag daar geen kommunikasie van welke aard ook al tussen studente plaasvind nie.
11. Geen student mag 'n ander student help of probeer help, of hulp verkry, of probeer om hulp van 'n ander student te verkry tydens 'n toets of eksamen nie.
12. Studente mag op geen wyse hoegenaamd oneerlik optree nie. Oneerlike optrede sluit in, maar is nie beperk nie, tot:
13. Dit is ten strengste verbode om op enige ander papier te skryf as dit wat vir toets- of eksamendoeleindes verskaf word. Studente mag ook nie op die toets- of eksamenvraestel skryf nie, behalwe in die geval van invul- en meervoudigekeuse-vraestelle.
14. Rofwerk moet in die toets- of eksamenantwoordstel gedoen en dan deurgehaal word. Geen blaaie mag uit die toets- of eksamenantwoordstel verwyder word nie.
15. Rook word nie in die toets- of eksamenlokaal toegelaat nie en studente sal ook nie toegelaat word om die lokaal tydens die toets of eksamen vir hierdie doel te 'n opsiener.
17. Studente mag nie gebruikte of ongebruikte antwoordstelle uit die toets- of eksamenlokaal neem nie.
18. Sodra die opsiener tydens 'n toets of eksamen aankondig dat die tyd verstreke is, moet studente onmiddellik ophou skryf. In die geval van rekenaargebaseerde assessering word studente outomaties gestop om verdere werk op die rekenaar te verrig sodra die aantekentyd op die rekenaar verstryk het.
19. Studente mag hul eie horlosies na die toets- of eksamenlokaal saamneem, hoewel slimhorlosies nie toegelaat sal word nie.
TOETSINSTRUKSIES
Die eksameninstruksies soos uiteengesit in die paragraaf hierbo is met die nodige veranderinge van toepassing op toetse en praktika.
Let wel: Studente word daarop gewys dat, by 'n skuldigbevinding aan akademiese wangedrag of die nie-nakoming van hierdie reëls, 'n student, benewens ander dissiplinêre maatreëls, sy of haar krediete vir 'nmodule kan verbeur en/of uit die Universiteit geskors kan word vir 'n tydperk wat kan wissel van een jaar tot permanente skorsing. Sodanige student se rekord sal vir die tydperk van skorsing geblok word en hy of sy sal gedurende hierdie tydperk nie geregtig wees op 'n sertifikaat van goeie gedrag van die Universiteit nie. Studente moet ook daarop let dat skuldigbevinding aan akademiese wangedrag toelating tot ander universiteite en/of registrasie by professionele rade negatief kan beïnvloed.
BEKENDMAKING VAN EKSAMENUITSLAE
Eksamenuitslae word op die volgende maniere aan studente bekend gemaak:
(b) Die hernasienpunt(e) sal as die finale punt(e) en uitslag geld, selfs al is dit laer as die oorspronklike punt(e).
(c) Hernasiengeld beloop R330 per afsonderlike eksamenantwoordstel. Die hernasien van modules wat byvoorbeeld uit vraestel 1 en 2 bestaan, se hernasienkoste sal derhalwe R660 beloop. Die geld moet by die kassiere in die Kliëntedienssentrum betaal word alvorens die aansoek oorweeg sal word.
(d) Terugbetaling van hernasiengeld sal geskied indien die uitslag van 'n student vir die betrokke vraestel na 'n slaagpunt sou verander.
(e) 'n Student sal nie op grond van 'n hernasien geregtig wees op 'n addisionele hereksamen nie.
(f) Die hernasienuitslae sal so spoedig moontlik bekend gemaak word.
AFNEEM VAN EKSAMENS EN TOETSE OP SATERDAE
Die Universiteit is weens die omvangryke toets- en eksamenprogramme genoodsaak om sommige toetse en eksamens ook op Saterdae af te neem. Om hierdie rede kan spesiale toetse en eksamens, met die uitsluitlike doel om programme wat vir 'n Saterdag geskeduleer is te vervang, om praktiese oorwegings nie toegestaan word nie.
KANSELLASIE VAN LESINGS EN TOETSE
Die aandag van dosente en studente word daarop gevestig dat lesings nie met die oog op voorbereidings vir Jool of enige ander aktiwiteit gekanselleer mag word nie.
Die Raad het egter, op aanbeveling van die Senaat, besluit om dosente te versoek om nie eksamens en toetse op die volgende tye te skeduleer nie:
(a) vanaf die Woensdag van Joolweek tot die eerste Dinsdag na die Joolweek;
(b) Lentedag en die dag wat op daarop volg; en
(c) op die Saterdag waarop ’n intervarsity plaasvind.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App