Code | Faculty |
---|---|
02130124 | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 509 |
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||
Prestasievlak | ||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | TPT | ||||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 4 | 3 | D | D | 28 |
Studente mag vir AIM 111 en AIM 121 in plaas van AIM 101 inskryf (dieselfde inhoud oor twee semesters versprei).
Studente wat nie kwalifiseer vir STK 110 nie moet vir STK 113 en 123 registreer.
'n Student wat nie al die modules van ’n betrokke studiejaar geslaag het nie, moet eers vir die ontbrekende modules registreer. Met goedkeuring van die departementshoof mag modules van die volgende studiejaar vooruit geneem word, mits daar geen roosterbotsings is nie, aan al die vereistes en voorvereistes voldoen is en nie meer as ’n toegelate aantal krediete per semester geneem word nie. By berekening van die toelaatbare aantal krediete, geld die krediete van die semester waarvan daar modules herhaal moet word, as riglyn.
KTP 403: Praktykopleiding in die industrie: Studente moet gedurende die 4 jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en na-uurs, ’n totaal van 480 uur praktyk-opleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel, deel te neem aan gemeenskapsprojekte/ontwikkeling en diensleergeleenthede te benut . Dit is gelykstaande aan 3 weke x 40 uur (120 uur) per jaar, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof.
Hierdie opleiding moet suksevol voltooi wees tesame met bewyslewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die ondergenoemde modules ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal het:
’n Kombinasie van modules gelykstaande aan ses semestermodules:
Bemarkingsnavorsing 314, Strategiese bemarking 321
Kledingkleinhandelbestuur 410 en Kledinghandelswarebestuur 420
Kledingklereproduksie 321, Produkontwikkeling 411
Projek: Kledingtekstielprojek 402
Nuwe ontwikkelings, volhoubaarheid en tekstiele in gebruik 411
Tekstielkunde: Bemarking en verbruikersaspekte 421
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App