Code | Faculty |
---|---|
01132001 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 572 |
Prof AF Johnson [email protected] | +27 (0)124202316 |
Hierdie program is gerig op die verwerwing van spesialis-musiekvaardighede en -kennis. Die program kan so saamgestel word dat studente ná afloop daarvan gekwalifiseerd is vir ’n groot verskeidenheid musiekverwante beroepe, wat onder andere die volgende insluit: solo-uitvoerder, orkes- of kamermusiekspeler, musiekonderwyser op alle vlakke (vir individuele sowel as groeponderrig), musiekwetenskaplike, en -tegnoloog asook entrepreneur en impressario.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks (laat aansoeke op aanvraag).
Minimum vereistes vir 2016 | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 26 |
Departementele keuring is 'n vereiste vir toelating tot hierdie program.
Toelating is onderworpe aan toetse in die eerste instrument, musiekteorie en harmonie. Vlak 4 in Musiek as Graad 12-vak of Graad VII Prakties en Graad V Teorie (Unisa, Royal Schools, Trinity) – asook kennis van musieknotasie – dien as riglyn vir die verwagte standaard.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.
Let wel:
• Praktiese musiek
Studente kies ’n eerste en ’n tweede instrument uit die volgende: sang, klavier, klavierbord, orrel, klavesimbel, viool, altviool, tjello, kontrabas, fluit, hobo, klarinet, fagot, Franse horing, trompet, tromboon, tuba, slagwerk, harp, kitaar, blokfluit, saksofoon en ensemble. Jazz en/of klassieke rigtings word toegelaat, volgens beskikbaarheid.
• Bywoningsmodules
(i) Bo en behalwe die modules wat in die leerprogram genoem word, is studente verplig om die weeklikse voordragklasse en tweeweeklikse seminare by te woon.
(ii) Studente wat orkesinstrumente as eerste instrument bespeel, moet in die UP-orkes of in ander ensembles speel – dit is ’n akademiese deel van die praktiese module. Studente moet uittreksels uit die Orkes- of tersaaklike ensemble-repertoire speel tydens die Junie- en Novembereksamens, en dit sal 10% van die totale punt tel. Daar word van studente verwag om ten minste 80% van die repetisies by te woon en om beskikbaar te wees vir konserte. Sien ook die betrokke modulebeskrywing.
(iii) Onbevredigende bywoning van voordragklasse, seminare en orkesrepetisies kan volgens die diskresie van die departementshoof tot verlaging van studente se MEI-/MPM-jaarpunt lei.
Toelating tot die tweede studiejaar
Slaag minstens 108 krediete van musiekmodules op jaarvlak 1
Toelating tot die derde studiejaar
Slaag alle krediete op jaarvlak 1 (142 krediete) asook minstens 130 krediete van musiek-modules op jaarvlak 2.
Toelating tot die vierde studiejaar
Slaag alle krediete op jaarvlak 2 (155 krediete) asook minstens 110 krediete van musiek-modules op jaarvlak 3.
Ten einde die graad met lof te verwerf, moet ’n student ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% vir die modules op finalejaarsvlak behaal.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App