Code | Faculty |
---|---|
01130033 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 391 |
Dr FG Wolmarans [email protected] | +27 (0)124202689 |
Die program is gerig daarop om kennis te vestig en vaardighede te ontwikkel ten einde hedendaagse wêreldpolitiek en die verandering wat dit ondergaan te verstaan. Dit stel die student in staat om in ’n beroepsituasie in die openbare of private sektor op ’n innoverende en proaktiewe wyse op die probleme en uitdagings van globalisering te reageer.
Minimum vereistes vir 2016 | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 30 |
Let wel: Eerste studiejaar - FUNDAMENTELE MODULES
Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules (sien Akademiese geletterdheid) te neem.
Krediete vir KEUSEMODULES (totaal = 188):
Eerste jaar: 88/96
Tweede jaar: 40
Derde jaar: 60
Keusemodules
Jaarvlak 1: Kies vier dissiplines. Doen twee semestermodules (of die kredietwaarde daarvan) uit elk van dié dissiplines.
Keusemodules
Jaarvlak 2: Neem twee semestermodules (of die kredietwaarde daarvan) uit dieselfde dissipline as vir jaarvlak 1;
of neem twee Ekonomie-semestermodules op jaarvlak 2 (op voorwaarde dat EKN 120 geneem is en dat aan die voorvereistes voldoen word) tesame met een bykomende module op jaarvlak 2 indien die kredietwaarde van die Ekonomie-modules nie 40 krediete beloop nie.
Keusemodules
Jaarvlak 3: Neem twee semestermodules (of die kredietwaarde daarvan) ó?f uit dieselfde dissipline as vir jaarvlak 2;
óf uit Staatsleer óf uit Ekonomie tesame met een bykomende module op jaarvlak 3 indien die kredietwaarde van die Ekonomie-modules nie 60 krediete beloop nie.
Let wel:
- Studente kan in oorleg met die koördineerder enige ander toepaslike modules as keusemodules uit die Fakulteit Geesteswetenskappe neem.
- Indien Geografie as ’n keusemodule op eerstejaarsvlak geneem word, moet ’n voldoende aantal modules geneem word sodat die kredietwaarde vir hierdie vak ten minste 24 is.
- Geoinformatika en Weerkunde kan slegs in kombinasie met Geografie geneem word.
Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:
Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I)
ENG 120 Introduction to literature in English (II)
ENG 118 English for specific purposes
Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I)
Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.
Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners
PTG 101 Portugees vir beginners
Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus
LAT 110 Latyn
GRK 110 Grieks
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App