Jaarboeke

Program: BAHons Toegepaste Taalstudie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01242114 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 130
Contact:
Prof HJ Bosman
[email protected]
+27 (0)124203111

Toelatingsvereistes

'n Goedgekeurde driejarige baccalaureusgraad (of ander vergelykbare tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) met 'n kredietwaarde van 360 waarvan minstens 94 krediete verwerf is in 'n taal die linguistiek of 'n taalverwante dissipline en waarvan minstens 30 krediete op derdejaarsvlak moet wees.

'n Gemiddelde van minstens 65% in 'n taal, linguistiek of 'n taalverwante module op derdejaarsvlak.

 
 

 

 

 

 
 

 

Addisionele vereistes

Alle studente moet 'n verpligte Engelse taalvaardigheidstoets aflê.

Studente wat nie oor die nodige Engelse taalvaardigheid beskik nie moet vir die module TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid registreer.

 

Ander programspesifieke inligting

Let wel:

TTS 751 is ’n addisionele module tot die program en vervang nie enige kern- of keusemodules nie. Studente wat verkies om al hulle skryfwerk in Afrikaans te doen, hoef nie vir hierdie module te registreer nie, ongeag hulle prestasie in die Engelse taalvaardigheidstoets.

Studente mag, met die toestemming van die programbestuurder, een keusemodule uit een van die volgende programme by hul program insluit: BAHons (Afrikatale), BAHons (Afrikaans), BAHons (Duits), BAHons (Engels), BAHons (Frans), BAHons (Spaans), BAHons (Vertaling en Professionele Skryfwerk) en BEdHons (Kurrikulum- en Instruksionele Ontwerp en Ontwikkeling), op voorwaarde dat hulle voldoen aan die voorvereistes van die tersaaklike programme en modules.

.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences