Code | Faculty |
---|---|
07130261 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 402 |
Mr A Swanepoel [email protected] | +27 (0)124203559 |
Statistiek is ’n selfstandige dissipline waarvan die toepassing interdissiplinêr is. Die doel van hierdie kwalifikasie is om die kandidate voor te berei in die totaliteit van metodes wat aangewend kan word vir die versameling, analise en interpretasie van data en empiriese inligting. Statistiek lê die grondslag vir wetenskaplik-verantwoordbare gevolgtrekkings, beplanning en beraming. Kandidate word terselfdertyd ook toegerus met die nodige rekenaar- en kommunikasievaardighede. Statistiek word in diens gestel van alle dissiplines waarin dit ’n bydrae kan lewer tot wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang.
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 32 |
Totale krediete verwys na die minimum soos vereis deur die program, maar kan afhangend van die keusemodules meer wees.
Alternatiewe krediete soos tussen hakies aangedui, is gebaseer op die keuse van WST as spesialiseringsmodule in plaas van STK as spesialiseringsmodule, terwyl al die keusemodules uit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe geneem word.
Slegs twee 14-week modules op die 300-vlak, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlak-modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (afgesien van die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
• Die aantal keusemodules word beïnvloed deur die neem van modules uit ander fakulteite en hul onderskeie kredietwaardes.
Nota tov die besluit oor keusemodules:
Byvoorbeeld: Studente in Wiskundige statistiek wat hulle ook wil bekwaam vir die versekeringsbedryf, kies onder andere die volgende modules as deel van hul kern- en keusemodules:
WST | Wiskundige statistiek(1) | 111, 121 | 211, 221 | 311, 321 312, 322 |
WTW | Wiskunde(1) | 114, 126(3) 128(3) | 211, 220 218, 221 |
|
COS | Rekenaarwetenskap | 132(6), 110 |
|
|
FBS | Finansiële bestuur | 112, 122 |
|
|
EKN | Ekonomie | 113, 123 |
|
|
IAS# | Aktuariële wiskunde |
| 211, 282 | 382 |
Byvoorbeeld: Studente in Wiskundige statistiek wat hulle ook wil bekwaam in die veld van Ekonometrie kies onder andere die volgende modules as deel van hul kern- en keusemodules:
WST | Wiskundige statistiek(1) | 111, 121 | 211, 221 | 311, 321 312, 322 |
WTW | Wiskunde(1) | 114, 124(3)
| 211, 220 218, 221 |
|
COS | Rekenaarwetenskap | 132(6), 110 |
|
|
EKN | Ekonomie |
| 214, 234 | 310, 320 |
Ander studente mag onder andere modules uit enige vak/fakulteit kies volgens hulle eie spesifieke loopbaanvereistes as deel van hul kern- en keusemodules.
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
# FRK 122 is ’n eindmodule. Indien FRK 122 gekies word, sal ’n kandidaat nie met Rekeningkunde op 200- en 300-vlak kan voortgaan nie.
@ Ten minste een van die twee keusemodules waarin ’n kandidaat gradueer moet vanuit die beskikbare modules binne die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Fakulteit gekies word.
(1) Indien WST-modules gevolg word, moet veral gelet word op die ooreenstemmende WTW-voorvereistes soos uiteengesit in die jaarboek.
(2) WTW 124 is ekwivalent aan modules van sewe weke, met uitsondering van WTW 114 wat oor 14 weke strek.
(3) Indien Landbou-ekonomie gekies word as keusemodule op 200- en 300-vlak moet daar ekstra modules geslaag word om die verskil in krediete op te maak.
(4) Informatika 281 (INF 281) is verpligtend indien Finansiële rekeningkunde 211, 221 (FRK 211, 221) gekies word.
(5) Dit word aanbeveel dat die keusemodule COS 132 deur alle studente in die program geneem word.
Spesialiseringsmodules: STK 310, 320 of WST 311, 312, 321, 322.
Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App