Jaarboeke

Program: BSc (Konstruksiebestuur) Konstruksiebestuur (3Jaar)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12132017 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 411
Contact:
Mr DE Booyens
[email protected]
+27 (0)124204433

Programinligting

Konstruksiebestuur is ’n studierigting vir die persoon wat aan die proses van infrastruktuurontwikkeling, veral die oprigting van geboue, wil deelneem. Die konstruksie-bestuurder is ’n professionele sakeman wat vir ondernemings in die bou-, konstruksie- en eiendomsbedryf asook verwante ondersteunende bedrywe, as bestuurder optree.

Loopbaangeleenthede strek oor ’n wye spektrum en konstruksiebestuurders werk bv. as hoof- en onderaannemers in die bou- en konstruksiebedryf, as projekbestuurders of beleggingsdeskundiges by finansiële instellings en eiendomsontwikkelaars, as eiendoms-deskundiges wat makelaarsdienste lewer en pakketsamestellings doen, as bestuurders van geboue en eiendomsportefeuljes vir beleggers, as leweransiers van materiaal en toerusting aan die bou- en konstruksiebedryf, as konsultante vir finansiële dienste in die konstruksiebedryf en verwante bedrywe, of as privaat entrepreneurs met ondernemings in enige van bogenoemde.

Die eksamens vir die BScHons-graad in konstruksiebestuur word deur die minister as voorgeskrewe eksamens kragtens die Wet op die Projek- en Konstruksiebestuur-professies (Wet Nr. 48/2000) erken, asook deur die Chartered Institute of Building.

Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.

Toelatingsvereistes

  •  Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • ’n Geldige Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating vir graadstudies word vereis.
  • Minimum vak- en prestasievereistes, soos hieronder uiteengesit, word vereis. Op eerstejaarsvlak het studente ? keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied, byvoorbeeld vir keusemodules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie, of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.
  • Voorlopige toelating tot die vierjaarprogram in die Skool vir Ingenieurswese is alleenlik gewaarborg indien voornemende studente aan AL die vereistes hieronder voldoen.

Let wel

Kandidate wat nie aan die minimum vereistes soos hierbo uiteengesit voldoen nie, maar ‘n minimum TPT van 30, ‘n prestasievlak van 5 vir Afrikaans of Engels, 6 vir Wiskunde en 5 vir Fisiese Wetenskap behaal het, sal oorweeg word vir voorwaardelike toelating tot óf die vierjaarprogram óf die ENGAGE-program op grond van die uitslae van die verpligte NBT.

Toelating tot ENGAGE in die Skool vir Ingenieurswese sal bepaal word deur die uitslae van die NBT, die NSS en ? prestasievlak van 5 in Wiskunde en 4 in Fisiese Wetenskap, asook ? prestasievlak van 4 in Afrikaans of Engels, tesame met ? TPT van 25.

Studente mag direk aansoek doen om oorweeg te word vir die ENGAGE-program

 
 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 5 4 C C

of

Reken-

ing-

kunde

4

of

Reken-

ing-

kunde

3

of

Reken-

ing-

kunde

D

of

Reken-

ing-

kunde

D

30
 
 
 

 

Bevordering tot volgende studiejaar

  1. Bevordering na die tweede semester van die eerste studiejaar en na die tweede studiejaar
  1. 'n Nuweling-eerstejaarstudent wat aan die einde van die eerste semester in al die voorgeskrewe modules van die program gedruip het, word aan die begin van die tweede semester nie tot die Skool vir die Bou-omgewing hertoegelaat nie.
  2. 'n Student wat aan al die vereistes van die eerste studiejaar voldoen, of ten minste 110 krediete verwerf het, word na die tweede studiejaar bevorder.
  3. Studente wat na die November-eksamen nie minstens 70% van die krediete van die eerste studiejaar geslaag het nie, moet weer aansoek doen om toelating indien hulle van voorneme is om hul studies voort te sit. Skriftelike aansoek moet nie later nie as 12 Januarie by die studenteadministrasie van die Skool vir die Bou-omgewing ingedien word. Laat aansoeke sal slegs in buitengewone gevalle en met goedkeuring van die Dekaan aanvaar word. Indien eerstejaarstudente hertoegelaat word, sal dit volgens die voorwaardes wees soos deur die toelatingskomitee bepaal.
  4. Studente wat nie al die voorgeskrewe eerstejaarmodules geslaag het nie, sowel as studente wat ingevolge (c) hertoelating verkry het, moet vir die ontbrekende eerstejaarmodules registreer.
  5. Eerstejaarherhalers mag op aanbeveling van die betrokke Departementshoof en met goedkeuring van die Dekaan, toegelaat word om naas uitstaande eerstejaarsmodules ook vir modules van die tweede studiejaar te registreer, mits daar geen roosterbotsings voorkom nie en sodanige modules nie op eerstejaarmodules volg waarin daar nie geslaag is nie. In geen semester mag die aantal krediete waarvoor geregistreer is, die voorgeskrewe aantal krediete per semester met meer as 16 krediete oorskry nie.

 

  1. Bevordering na die derde studiejaar
  1. 'n Student wat aan al die vereistes van die tweede studiejaar voldoen, of ten minste 230 krediete verwerf het, word na die derde studiejaar bevorder.
  2. 'n Student wat in 'n bepaalde studiejaar vir bevordering tot ’n volgende studiejaar kwalifiseer, maar nog nie in al die modules van daardie studiejaar geslaag het nie, kan deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof toegelaat word om daardie modules na die volgende of ’n latere studiejaar oor te dra.
  3. In geen semester mag die aantal krediete waarvoor geregistreer is, die voorgeskrewe aantal krediete per semester met meer as 16 krediete oorskry nie.
  4. ’n Student wat aan al die vereistes vir die graad voldoen het met uitsondering van hoogstens een jaarmodule of twee semestermodules waarin hy of sy ’n finale punt van minstens 40% behaal het, kan toegelaat word om aan die begin van die daaropvolgende semester ’n spesiale eksamen daarin af te lê.
  5. Op aanbeveling van die Departementshoof kan die Dekaan in uitsonderlike gevalle van bostaande bepalings afwyk, mits dit by die lesingrooster inpas.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student

  1. indien geen module gedurende die tweede of derde studiejaar herhaal is nie en 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal is gedurende een jaar in al die modules (uitgesluit JCP 201) van die finale studiejaar;
  2. die graadprogram voltooi is bnne die voorgeskrewe drie studiejare, en die finale studiejaarmodules geslaag is met eerste registrasie sonder her- of spesiale eksamens.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences