Code | Faculty |
---|---|
12132004 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 422 |
Mr GA Young [email protected] | +27 (0)824621491 |
Landskapargitektuur is die kuns en wetenskap wat ingespan word om buiteruimtes vir die gebruik en genot van die mens te ontwerp. Parke, wildreservate, ontspanningsgeriewe en marinas is maar enkele van die omgewings wat deur landskapargitekte ontwerp word. Hulle skep stedelike oases in die vorm van buiteruimtes en wandellane en ontwerp die omgewings by winkelsentrums en residensiële ontwikkelings. Die landskapargitek kan by ’n privaat firma aansluit, ’n eie besigheid begin, of in die sentrale, provinsiale of plaaslike regering werk by departemente of afdelings wat met waterbenutting en -navorsing, bos-bou, omgewingsake, sport en ontspanning, hengelgebiede, of natuurbewaring gemoeid is. Studente word aangeraai om praktiese ondervinding op te doen deur tydens universiteits-vakansies in die kantoor van ’n argitek/landskapargitek werksaam te wees.
Die BScLArch-graad is ’n drie jaar graad wat ’n uittreevlak bied waarmee ’n gegradueerde as kandidaat senior landskapargitekstegnoloog by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuurprofessie kan registreer. ’n Senior landskapargiteks-tegnoloog is ’n professionele persoon, geregistreer by SARLAP ingevolge die Wet op Landskapargitekte (Wet 45 van 2000). Hierdie praktisyns is vir ’n praktyk van hulp in die dissiplines van landskap-argitektuur en stadsontwerp waar hulle verantwoordelikhede projekdokumentering, projekadministrasie en terreinbestuur insluit.
Om ’n professionele landskapargitek te word, moet ’n gegradueerde aansoek doen om toelating tot die verdere twee jaar voltydse studie van die professionele graadprogram. Die Magistergraad in Landskapargitektuur (Professioneel) word deur die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuurprofessie erken vir registrasie as ’n kandidaat professionele landskapargitek ingevolge die Wet op die Landskap-argitektuurprofessie (Wet 45 van 2000).
Kandidate wat professionele landskapargitekte wil word, moet hierna aansoek doen om registrasie vir die BLHons-graad (een jaar voltyds) en daarna vir die ML(Prof)-graad (een jaar voltyds).
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||||||
Prestasievlak | ||||||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | TPT | |||||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 4 | 3 | D | D | of Geo- grafie of Lewens- weten- skappe 4 | of Geo- grafie of Lewens- weten- skappe 3 | of Geo- grafie of Lewens- weten- skappe D | of Geo- grafie of Lewens- weten- skappe D | 27 |
Praktiese vereiste
Minstens een jaar se werk of reis word aanbeveel.
Belangrike datums
Let wel: Studente wat na ander programme in die Departement Argitektuur wil oorskakel, moet skriftelik toestemming verkry van die toelatingskomitee.
Gelyktydige aanbieding
Tydens die derde studiejaar moet Ontwerp, Konstruksie, Omgewingsleer, Plantwetenskap en Aardleer in dieselfde jaar geëksamineer word.
Toekenning van graad
Die graad word toegeken aan ’n student wat al die voorgeskrewe krediete vir die programmodules verwerf het.
‘n Student word na die volgende studiejaar bevorder nadat die vereiste aantal modulekrediete van die vorige studiejaar verwerf is.
Die jaar van inskrywing van die student word deur die inskrywing van die jaar van Ontwerp bepaal.
Studente wat nie vir Ontwerp ingeskryf is nie se studiejaar word bepaal deur die hoogste ontwerpmodule wat die student verwerf het.
Let wel: Studente wat nie na die volgende studiejaar bevorder word nie, en wat vir modules in ’n opvolgende studiejaar wil registreer, moet die goedkeuring van die programkoördineerder en Departementshoof verkry. Studente moet om hertoelating tot die Departement Argitektuur aansoek doen in gevalle waar:
(i) ’n student nie na die tweede studiejaar bevorder word nie;
(ii) ’n student na herhaling van ’n studiejaar, nie na die daaropvolgende studiejaar bevorder word nie.
Die BScLArch-graad word met lof toegeken aan ’n student wat met eerste registrasie beide Ontwerp 302 en Konstruksie 320 met lof (minimum 75%) slaag mits die graad binne die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi en alle ander finalejaarmodules met eerste registrasie geslaag is met geen hereksamens of spesiale eksamens nie.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App