Code | Faculty |
---|---|
12242014 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 152 |
Mr DJ Hoffman [email protected] | +27 (0)124202551 |
Dit word verwag dat ’n student bo en behalwe bevredigende bywoning van lesings, vir ten minste 480 uur deeltyds in die kantoor van ’n geregistreerde bourekenaar werksaam sal wees met werk wat aan die vereistes vir registrasie ooreenkomstig die Wet op die Bourekenaarsprofessie voldoen. Daar sal van die student verwag word om ‘n diensrooster by te hou op die voorgeskrewe templaat.
Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29 en G.54.
'n Persoon mag nie as 'n kandidaat vir die graad toegelaat word nie, tensy hy of sy:
Keuring is gebaseer op die aansoeker se akademiese rekord en ondervinding. Van aansoekers kan verwag word om vir ‘n onderhoud te kom en/of ‘n toelatingseksamen af te lê.
Ten einde tot die eksamen in ’n betrokke module toegelaat te word, word ’n semester-/jaarpunt van minstens 40% vereis. Verder moet aan alle ander eksamentoelatingvereistes voldoen word, soos van toepassing op ’n betrokke module.
Hereksamens
Geen hereksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
pesiale eksamens
Geen spesiale eksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
Voldoening aan graadvereistes
Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat vir die eerste maal vir de graad geregistreer het, en die graad voltooi het binne die minimum voorgeskrewe tydperk en in al die modules geslaag het met ? geweegde gemiddelde van minstens 75% (uitgesluit POU 700).
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App