Die Universiteit van Pretoria konsolideer baie van sy aktiwiteite in navorsing, onderrig en betrokkenheid in 100 institute, sentrums en eenhede wat in die fakulteite gehuisves word.

Institute, Sentrums en Eenhede

In ooreenstemming met sy missie om erkenning en uitnemendheid in sy kernfunksies van navorsing, onderrig en leer na te streef, asook om betrokkenheid by die samelewing en gemeenskappe te integreer, konsolideer die Universiteit van Pretoria baie van sy aktiwiteite in navorsing, onderrig en betrokkenheid in 100 institute, sentrums en eenhede wat in die fakulteite gehuisves word.

’n Beduidende getal Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoele (deur die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief befonds), asook navorsingsleerstoele wat deur verskillende nywerhede befonds word, is in hierdie institute, sentrums en eenhede gesetel. Navorsingstemas wat die kundigheid in van verskeie fakulteite en departemente betrek, word dikwels ook in hierdie institute, sentrums en eenhede gehuisves.

 

Deel hierdie blad