Jaarboeke

Program: PhD Argitektuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12262004 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360
Contact:
Prof BP Jekot
[email protected]
+27 (0)124204052

Programinligting

‘n PhD-student moet ’n proefskrif voorlê wat oor ’n onderwerp uit die argitektuur-dissipline handel en wat bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of kreatiewe werk wat ’n werklike en beduidende bydrae tot die kennis en/of praktyk van argitektuur lewer.

‘n Student moet voor of saam met die indiening van die proefskrif minstens een konsepartikel vir publikasie aan ’n erkende joernaal voorlê. Die konsepartikel moet op navorsing vir die proefskrif gebaseer wees en vir die promotor aanvaarbaar wees.

Verwys na G Regulasies G.42 tot G.54.

Toelatingsvereistes

’n Kandidaat met ’n magistergraad in argitektuur of die MSc (Toegepaste Wetenskap)-graad van die Universiteit van Pretoria, word tot doktorale studie toegelaat.

Addisionele vereistes

Die Departementshoof mag van ’n kandidaat, wat oor ’n gedoseerde magister-graad beskik, vereis om aanvullende modules voor die aanvang van studies te slaag.

Eksamens en slaagvereistes

‘n Geskrewe of mondelinge doktorale eksamen is verpligtend en handel oor die inhoud van die proefskrif sowel as die vakgebied waarop die proefskrif gebaseer is.

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences