Jaarboeke

Program: MPhysio Neurologie/Neurochirurgie (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10258233 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies is die BPhysT-graad of ’n gelykwaardige kwalifikasie ’n vereiste asook registrasie as fisioterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

  1. Vir die MPhysT-graad moet die student ook minstens 'n deeltydse pos beklee wat deur die departementshoof as toepaslik vir die magisterstudie beskou word.
  2. Studente wat aansoek doen, moet addisioneel ook bewys lewer dat toepaslike nagraadse modules in kliniese spesialiseringsrigtings, bv in Ortopediese Manuele Terapie 1, suksesvol voltooi is alvorens die MPhysT-graad toegeken sal word.
  3. Studente moet tydens die MPysT-studie vir 'n minimum van 60 uur per jaar aan formele departementele onderrigprogramme en/of navorsingsprogramme deelneem.
  4. Die nagraadse modules vir alle spesialiseringsrigtings van die MPhysT-graad met ’n gedoseerde leergang word tweejaarliks aangebied, indien minstens vyf kandidate aansoek om toelating tot 'n spesifieke spesialiseringsrigting doen. Die sluitingsdatum vir nuwe aansoeke is 31 Oktober jaarliks. Aansoekers sal so gou doenlik na hierdie datum in kennis gestel word of ’n bepaalde spesialiseringsrigting in die daaropvolgende jaar aangebied sal word of nie. Aanvang van studie moet dus vooraf met die departementshoof uitgeklaar word.

Sien ook Algemene Regulasies.

Addisionele vereistes

Ander programspesifieke inligting

Indien kandidate minstens 60% in ooreenstemmende modules as dié aangedui deur die departement gedurende die vierjarige BPhysio-graadstudie of 'n soortgelyke vierjarige graadprogram behaal het, moet relevante modules ter waarde van minstens 40 krediete in oorleg met die departementshoof in die plek daarvan geneem word in enige fakulteit aan die Universiteit van Pretoria, met die voorbehoud dat daar nie lesing- en eksamenroosterbotsings sal wees nie.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Die eksamens in die voorvereiste modules word voor of gelyktydig met die hoofvak afgeneem soos deur die departementshoof bepaal.
  2. Die eksamen bestaan uit skriftelike en kliniese sowel as mondelinge komponente.
  3. 'n Subminimum van 50% word in elke afdeling van die eksamen vereis, met 'n finale punt van minstens 50% om te kan slaag.
  4. Die student kry geleentheid om weer eksamen in 'n hoofvak af te lê ná verloop van minstens ses maande sedert aflegging van die oorspronklike eksamen.
  5. Studente moet ’n publikasie voorlê wat vir plasing in ’n geakkrediteerde tydskrif aanvaar is, alvorens die graad toegeken sal word.
  6. Kandidate wat sertifikate vir suksesvolle afhandeling van modules in die Voortgesette Professionele Ontwikkelingsprogram voorlê met die oog op toelating tot die MPhysT-gedoseerde program, moet ’n oop-eksamen in die betrokke module aflê ten einde krediete te behou.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die hoofvak en die voorvereiste vakke behaal het, met minstens 60% in alle ander voorgeskrewe modules.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences