Jaarboeke

Program: MSc Tandheelkunde Mondchirurgie (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10252091 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word die BChD-graad vereis, asook die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde [NGDiplTandh] met die hoofstudierigting Mondchirurgie (Mondchirurgie met ’n slaagpunt van minstens 65%).

Ander programspesifieke inligting

Minstens enige twee van die gelyste basiese vakke word vereis. Hierdie basiese vakke kan aan die Universiteit van Pretoria of die Kollege van Maksillofasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika geslaag word, of dit mag deel uitmaak van die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde [NGDiplTandh], of gepromoveer/geslaag word met ’n minimum slaagsyfer van 65% aan ’n ander tersiêre inrigting – raadpleeg ook die Algemene Regulasies.

Studente in besit van die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde [NGDiplTandh] met Mondchirurgie as hoofstudierigting, kan skriftelik aansoek doen om krediet vir die basiese vak, kliniese opleiding en die skriftelike finale eksamen in Mondchirurgie, mits minstens 65% in die basiese vak aan die Universiteit van Pretoria behaal is, of die vak(ke) gepromoveer/geslaag is aan ’n ander tersiêre inrigting met ’n slaagpunt van minstens 65% (raadpleeg ook die Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

Die bepalings van die Algemene Regulasies is van toepassing.

Slaag met lof

'n Student moet minstens 65% in Deel I en II en minstens 75% in elk van die onderafdelings van Deel III van die studieprogram behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences