Jaarboeke

Program: LLB Regsgeleerdheid

Code Faculty Duration Credits Download
04130012 Fakulteit Regsgeleerdheid Minimum duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 506

Programinligting

Die LLB is ’n eerste, beroepsgerigte graad vir regsgeleerdes en voorsien gegradueerdes met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede wat as grondslag dien vir toetrede tot die formele regsprofessie (bv prokureurs en advokate), of ander regsgerigte beroepe.

Toelatingsvereistes

  • Ten einde te kan registreer vir die graadprogramme moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook die minimum vereistes van die betrokke program.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspunttelling (TPT).
  • Die volgende persone kan ook vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Kandidate wat ‘n BA (Regte)- of BCom (Regte)-graad aan UP behaal het, sal nie aan ‘n keuringsproses onderwerp word nie en sal toegelaat word om outomaties vir die LLB-graad te registreer.
  • Internasionale aansoekers met buitelandse kwalifikasies

Aansoekers moet by die Matrikulasieraad van Universities South Africa (www.universitiessa.ac.za/matriculation-board) vir 'n volle vrystellingsertifikaat aansoek doen, wat saam met die aansoekvorms ingedien moet word.

 'n Voorwaardelike vrystellingsertifikaat verleen nie toelating tot LLB-studie nie.

'n Minimum prestasievlak van 5 vir Engelse Taal en 'n minimum TPT van  32, bereken volgens die UP Omskakelingstabel.

Indien die Dekaan dit vereis, moet aansoekers die uitslae van 'n SAT1 en/of TOEFL-toets indien.

  • LLB is ‘n voltydse vierjaarprogram. Studente word nie toegelaat om voltyds te werk terwyl hulle geregistreer is vir LLB nie.
  • Slegs aansoekers wat voldoen aan al die bogenoemde toelatingsvereistes sal oorweeg word vir toelating.

 

Minimum vereistes 
Prestasievlak
Engels TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C

32*

 
Fakulteitskeuring: Slegs 'n beperkte aantal studente word toegelaat.
*Kandidate met ‘n TPT van 32 of hoër sal by ontvangs van hul aansoeke op ‘n deurlopende basis tot 30 September aanvaar word, of totdat alle beskikbare plekke opgeneem is. Kandidate met ‘n TPT van 38 of hoër sal deurlopend aanvaar word tot en met registrasie in Januarie van die volgende akademiese jaar, ongeag die getal kandidate wat reeds aanvaar is.

Ander programspesifieke inligting

Die Dekaan bepaal jaarliks watter keusemodules die betrokke jaar aangebied sal word met inagneming van beskikbaarheid van doserende personeel, ruimte- en finansiële implikasies en/of ander omstandighede. Die Dekaan mag die maksimum aantal inskrywings vir ’n bepaalde keusemodule bepaal. Voorts mag die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, bepaal dat ’n spesifieke vierdejaarkeusemodule nie aangebied sal word nie waar daar op die eerste dag van lesings nege of minder studente vir die module geregistreer is.

Die Dekaan het die diskresie om enige ander regsmodule(s) van gelyke standaard wat aan ’n ander instelling geslaag is, as keusemodule te erken.

Die volgende moet in gedagte gehou word:
• Studente moet hulself vergewis van die voorvereistes van modules uit ander fakulteite.
• Modules mag slegs geneem word indien dit geen roosterbotsings behels nie.
• Sommige modules is getalbeperk.

Ter kennnisname: Studente wat van voorneme is om die LLB-graad te behaal, moet daarop let dat een van die vereistes vir die LLB-graad minstens 24 krediete uit die volgende lys van taalmodules is: AFR 110, AFR 120, AFR 114, ENG 118, ENG 110, ENG 120.

Keusemodules vir vierde studiejaar:
4 modules gekies uit die volgende lys:
• Reg en transformasie 410 (AMR 410)
• Aktes en notariële praktyk 410 (ANO 410)    [voorvereiste: SAR 310]
• Alternatiewe geskilbeslegting 420 (AGF 420)
• Belastingpraktyk 420 (BLP 420)
• Effektereg 410 (LOC 410)
• Geneeskundige reg 410 (GRG 410)
• Grond- en grondhervormingsreg 420 (GHR 420)
• Inligting- en kommunikasietegnologiereg 420 (KUB 420)
• Internasionale humanitêre reg 420 (PUR 420)
• Internasionale keusemodule 1 (IET 411)
• Internasionale keusemodule 2 (IET 412)
• Internasionale keusemodule 3 (IET 413)
• Internasionale keusemodule 4 (IET 414)
• Internasionale privaatreg 410 (IPR 410)
• Kinderreg 410 (KID 410)
• Mediareg 420 (MDR 420)
• Munisipale reg 410 (MRG 410)
• Omgewingsreg 410 (OMR 410)
• Onderwysreg 420 (ONR 420)
• Praktiese regskunde 400 (PRR 400) (sien # hieronder) (20 krediete; 2 keusemodules)
• Reg en die gemeenskap 420 (CLW 420)
• Reg insake banke en finansiële instellings 410 (LBF 410)
• Regsleer 420 (JUR 420)
• Regsproblematiek van MIV en VIGS 410 (RHV 410)
• Skadevergoedingsreg 410 (SGR 410)
• Skynhof 420 (SKH 420)(studente wat UP verteenwoordig in die "African Human Rights Moot Court Competition of in die "Phillip Jessup International Law Moot Court Competition")
• Sosiale sekerheidsreg 420 (SOR 420)
• Sportreg 420 (SRR 420)
• Statutêre misdade 410 (SMI 410)
• Transnasionale besigheidsreg 420 (TBR 420)
• Trusts en boedels 410 (TBS 410)

# Praktiese regskunde 400
(i)   Die getal studente wat tot die module Praktiese regskunde (PRR 400) toegelaat word, word elke jaar vooraf deur die Dekaan in oorleg met die Hoof van die Departement Prosesreg bepaal.
(ii)  Voornemende studente moet aansoek doen om toelating tot die module.
(iii) Indien meer studente aansoek doen as die getal wat tot die module toegelaat kan word, geskied keuring op grond van studente se vorige prestasies en ’n onderhoud met die Direkteur van die Regskliniek.
(iv) Studente word bevorder op grond van toetse, bevredigende uitvoering van taakopdragte, sessies in die Regskliniek en ’n mondelinge eksamen.
(v)  Praktiese regskunde (PRR 400) tel 20 krediete en tel as twee keusemodules.

Sekere modules is slegs van toepassing op uitruilstudente.

Algemene vereistes
Herhaling van modules en maksimum aantal modules per jaar

  • Studente wat modules druip, moet sodanige modules in die daaropvolgende studiejaar herhaal.
  • Studente mag egter slegs 200 krediete per jaar neem. (Dit sal beteken dat studente in sekere gevalle nie al die modules van ’n spesifieke studiejaar kan neem nie, aangesien die modules wat herhaal word eers geslaag moet word.) Die Dekaan kan na goeddunke toestemming verleen om van hierdie voorwaarde af te wyk.
  • Dit is studente se verantwoordelikheid om in sodanige situasies modules te kies wat nie tot klas-, toets- of eksamenroosterbotsings aanleiding sal gee nie.

Erkenning van modules
Oorskakelaars vanaf 'n ander universiteit sal slegs krediet kan kry vir hoogstens 50% van die modules wat vir die graad benodig word en moet ten minste 50% van die modules by die Universiteit van Pretoria voltooi.

Dekaan se merietelys
Die studenteadministrasiekantoor publiseer die Dekaan se merietelys teen Maart van elke kalenderjaar. Die lys bevat die studentenommers, in kronologiese volgorde, van daardie studente wat in die voorafgaande kalenderjaar ’n geweegde gemiddelde (maw in ooreenstemming met die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% behaal het.

Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat behaal is in elke module waarvoor die student in die voorafgaande kalenderjaar geregistreer het, word vermenigvuldig met die kredietwaarde van daardie spesifieke modules. Die waardes wat so bereken is, word dan bymekaargetel en gedeel deur die totaal van die krediete van al die modules waarvoor die student in die voorafgaande kalenderjaar geregistreer het. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie.

’n Student wat bepaalde module(s) gedruip het of nie tot die eksamen toegelaat is in bepaalde module(s) in ’n gegewe kalenderjaar nie, mag nie op die Dekaan se merietelys verskyn vir daardie kalenderjaar nie. ’n Student wat vir minder as nege modules geregistreer het in ’n kalenderjaar mag nie vir daardie spesifieke kalenderjaar op die Dekaan se merietelys verskyn nie. Modules wat aan ander universiteite geslaag is word nie in berekening gebring om die geweegde gemiddelde te bepaal nie.
 

Eksamens en slaagvereistes

Raadpleeg asseblief die Eksamen- en toetsbeleid soos vervat in die Fakulteitsregulasies.

Bevordering tot volgende studiejaar

Bevordering tot volgende studiejaar

(Volgens Regulasie G.3 kan die Fakulteitsraad vorderingsvereistes stel waaraan studente van die Fakulteit moet voldoen alvorens hulle bevorder sal word.)

  1. ’n Student moet modules ter waarde van 60 krediete slaag om na ’n volgende studiejaar bevorder te word.
  2. ’n Student wat minder as 4 semestermodules geslaag het, word nie tot die Fakulteit Regsgeleerdheid hertoegelaat nie. Sodanige student wie se reg op hertoelating verval het, mag skriftelik by die Fakulteit se Toelatingskomitee aansoek doen om voorwaardelike hertoelating tot die Fakulteit – met die voorbehoud dat die Toelatingskomitee verdere voorwaardes ten opsigte van studente se vordering mag stel. ’n Student se aansoek om voorwaardelike hertoelating kan geweier word.
  3. ’n Student wat voorwaardelik tot die Fakulteit hertoegelaat word, se studies sal na die eerstesemestereksamen nagegaan word om vas te stel of hy/sy aan die gestelde voorwaardes voldoen het.

Herregistrasie sal slegs toegelaat word indien ’n student die LLB-graad redelikerwys volgens die oordeel van die Toelatingskomitee binne die voorgeskrewe minimum tydperk van 4 jaar plus 2 verdere jare sal kan voltooi.

Slaag met lof

Om die 4-jaar LLB-graad met lof te slaag, moet ’n student ’n geweegde gemiddelde (maw ooreenkomstig die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% ten opsigte van al die modules voorgeskryf vir die derde en vierde jaar van die LLB-graad, voltooi by hierdie Universiteit, behaal het. Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat in al die voorgeskrewe derde- en vierdejaarmodules vir die LLB-graad, met inbegrip van die keusemodules, behaal is word vermenigvuldig met die kredietwaardes van daardie modules waarna die waardes wat so bereken is, bymekaargetel word en gedeel word deur die totaal van die krediete van al die modules. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie. ’n Student wat ’n derde- of vierdejaar-LLB-module, met inbegrip van enige van die keusemodules, gedruip het, kan nie die graad met lof behaal nie.

BA (Regte)-studente
Om die LLB met lof te slaag moet 'n BA (Regte) (UP)-student geweegde gemiddelde (maw ooreenkomstig die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% behaal ten opsigte van die volgende modules wat by hierdie Universiteit voltooi is:

RPK 210 en 220
VBB 220
BLR 310
BWR 300
IGZ 320
ISR 310
ODR 320
PBL 310 en 320
SAR 310
VHD 320
ABR 410
PBL 410 en 420
PVR 420
SIP 400
SKY 410
SPR 400
Vier finalejaarkeusemodules

Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat vir elk van die bogenoemde modules, met inbegrip van die keusemodules, behaal is word vermenigvuldig met die kredietwaardes van daardie modules waarna die waardes wat so bereken is, bymekaargetel word en gedeel word deur die totaal van die krediete van al die modules. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie. ’n BA (Regte) (UP)-student wat enige van die bogenoemde modules, met inbegrip van enige van die keusemodules, gedruip het, kan nie die LLB-graad met lof behaal nie.

BCom (Regte)-studente
Om die LLB met lof te slaag moet 'n BCom (Regte) (UP)-student geweegde gemiddelde (maw ooreenkomstig die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% behaal ten opsigte van die volgende modules wat by hierdie Universiteit voltooi is:

FMR 121
PBL 200
RPK 210 en 220
RPR 210
RVW 210
BLR 310
BWR 300
IGZ 320
JUR 310
PBL 310 en 320
ABR 410
PBL 410 en 420
PVR 420
SIP 400
SKY 410
SPR 400
Vier finalejaarkeusemodules

Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat vir elk van die bogenoemde modules, met inbegrip van die keusemodules, behaal is word vermenigvuldig met die kredietwaardes van daardie modules waarna die waardes wat so bereken is, bymekaargetel word en gedeel word deur die totaal van die krediete van al die modules. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie. ’n BCom (Regte) (UP)-student wat enige van die bogenoemde modules, met inbegrip van enige van die keusemodules, gedruip het, kan nie die LLB-graad met lof behaal nie.

Minimum krediete: 121

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte Die module bevat beide `n teoretiese- en vaardighede-komponent. Alle elemente hieronder beskryf behels konseptuele kennis gekombineer met praktiese toepassing. GRONDLIGGENDE REGSFILOSOFIESE ASPEKTE VAN REG/DIE REG IN DIE ALGEMEEN (a)`n Eerstejaar-definisie van reg/die reg (b) Die verband tussen reg en die samelewing, reg en geskiedenis, reg en politiek, reg en taal (c) Wat dit behels om `n regstudent of regsgeleerde in Suid-Afrika te wees (d) Inleiding tot verskillende perspektiewe op die reg DIE SUID-AFRIKAANSE REGSISTEEM EN DIE HISTORIESE ONTWIKKELING DAARVAN BRONNE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE REG EN DIE HISTORIESE ONTWIKKELING DAARVAN (a) Inleiding tot die eienskappe en komponente van die Suid-Afrikaanse regsisteem (b) Gemengde regsisteme (c) Die Suid-Afrikaanse grondwet en die historiese ontwikkeling daarvan Inheemse reg en die historiese ontwikkeling daarvan (d) Die gemenereg en die historiese ontwikkeling daarvan (e) Regspraak, wetgewing en ander bronne van moderne Suid-Afrikaanse reg (f) Toepassing van die bronne van die reg op `n feitestel en gebruik van die bronne van die reg om `n jurisprudensiële vraag te beantwoord. BOGENOEMDE INHOUD VORM DIE BASIS VIR DIE VAARDIGHEDE-KOMPONENT, WAT AKADEMIESE GELETTERDHEIDSVAARDIGHEDE INSLUIT: (a) Navorsing in die biblioteek (b) Die vind, lees en toepassing van die bronne van die reg; (c) Die lees, verstaan en opsom van tekste met regsonderwerpe; (d) Die ontleding, kritisering en verbetering (redigering) van skryfwerk oor die reg in `n teoretiese sin (e) Die skryf van `n goed-gestruktureerde paragraaf of opstel oor regsprobleme en regs - of regshistoriese onderwerpe

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte BASIESE BEGINSELS VAN DIE: (a) Verbintenisreg (kontrakte en delikte) (b) Strafreg (c) Siviele Prosesreg (d) Strafprosesreg (e) Bewysreg. TOEGANG TOT GEREGTIGHEID (a) Howe en alternatiewe dispuutbeslegting (b) Regsprofessie (c) Toegang tot geregtigheid en die bevordering daarvan in Suid-Afrika (die beginsel, probleme, verteenwoordiging in strafsake, rol van verskillende organisasies, ens) BOGENOEMDE INHOUD VORM DIE GRONDSLAG VAN DIE VAARDIGHEDE-KOMPONENT, WAT AKADEMIESE GELETTERDHEIDSVAARDIGHEDE INSLUIT: (a) Die opstel van ‘n eenvoudige kontrak wat op ‘n feitestel gebaseer is (b) Die lees, verstaan en opsom van ‘n hofsaak wat op die deliktereg gebaseer is en toepassing van die beginsels van argument en logika op die hofsaak (c) Die opsom, ontleding, kritisering en verbetering van ‘n regsteks te make met die bewysreg (d) Die verstaan en toepassing van die beginsels van hoofondervraging, kruisondervraging en herondervraging op ‘n feitestel met die oog op deelname aan ‘n skynhof of debat

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaans vir sprekers van ander tale (1) *No mother tongue speakers of Afrikaans will be allowed to take this module. A subject for advanced learners of Afrikaans. A basic knowledge of Afrikaans grammar and listening, reading, writing and speaking skills are required.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    *Alternative evening classes - 2 discussion classes per week 
    Introduction to Literature in English (1) This module introduces the study of literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, prose, drama). The texts studied here will be mainly from the pre-twentieth century era and may include texts written in English from both Africa and other parts of the world. The aim of this module is to equip students with the critical and analytical skills required for a perceptive reading of poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar. 

    This module is intended to equip students with a thorough knowledge of English grammar and is particularly useful for those interested in a career in teaching, editing, document design or other forms of language practice.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte (a) Inleiding tot die familiereg (b) Algemene beginsels betreffende die totstandkoming van die huwelik (c) Nietige, vernietigbare en putatiewe huwelike (d) Die onveranderbare gevolge van die huwelik (e) Basiese beginsels betreffende die regsverhouding tussen ouer en kind (f) Die veranderbare gevolge van die huwelik (g) Die beginsels betreffende die ontbinding van die huwelik (h) Die gevolge van ontbinding van die huwelik Ouer-kindreg; (a) Veranderbare gevolge van die huwelik (b) Ontbinding van die huwelik (c) Gevolge van die ontbinding van die huwelik; (d) Gebruiklike Huwelike; en (e) Gesinsvennootskappe en godsdienstige huwelike.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in Regte Die regsreëls in verband met die ontstaan, privaatregtelike status en tot-niet-gaan van ’n natuurlike persoon of regsubjek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte Algemene inleiding tot die Romeinse reg en Europese reg as grondslae van die Suid-Afrikaanse privaatreg. INLEIDING TOT DIE ROMEINSE SAKEREG (a) Sake, saaklike regte, besit (b) Eiendomsreg, beperkings, verkryging, beskerming (c) Beperkte saaklike regte, serwitute, saaklike sekerheidsregte INLEIDING TOT DIE ROMEINSE KONTRAKTEREG (a) Algemene beginsels van die kontraktereg (b) Besondere kontrakte (c) Kwasi-kontrakte INLEIDING TOT DIE ROMEINSE DELIKTEREG (a) Algemene beginsels van die Romeinse deliktereg (b) Besondere delikte (c) Kwasi-delikte

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard en funksie van rekeningkunde; die ontwikkeling van rekeningkunde; finansiële toestand; finansiële prestasie; die boekstawingsproses; verwerking van rekeningkundige data; elementêre inkomstestaat en balansstaat; dokumentevloei; rekeningkundige stelsels; inleiding tot interne beheer en interne beheermaatreëls; bankrekonsiliasies; kontrolerekeninge; aansuiwerings; opstel van finale state van 'n eenmansaak; die rekeningkundige raamwerk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Begroting, salarisverantwoording, belasting – inkomstebelasting en ‘n inleiding tot ander soorte belasting, krediet en die nuwe Kredietwet, versekering, verantwoording van voorraad (klem op voorraad en die rekeningkundige inskrywings, nie berekeninge nie), vertolking van finansiële state.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Fundamentele kriminologie
    ’n Algemene inleiding tot kriminologie word verskaf. ’n Oorsig van die faktore wat tot misdaad bydra, forensiese kriminologie en forensiese kriminalistiek word ondersoek.
    Deel 2: Geweldsmisdaad
    Verskeie tipes geweldsmisdade geniet aandag in hierdie afdeling.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Penologie
    Aandag word gegee aan die rolspelers in die kriminele regsplegingstelsel, naamlik die polisie, howe en korreksies. 
    Deel 2: Misdaadvoorkoming en -beheer
    Die aard en omvang van misdaad, teorieë ter verklaring van misdadige gedrag en misdaadvoorkoming en -beheer word ondersoek.

    Die twee afdelings word nie noodwendig in chronologiese volgorde aangebied nie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Die individu en die samelewing
    'n Inleiding tot sosiologie en die klassike sosiologiese paradigma en die beginsels van die sosiologiese navorsingsmetodes.

    Deel 2: Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse orde

    Hierdie afdeling ondersoek sleutelfaktore wat tot die totstandkoming en vorming van die kontemporêre Suid-Afrikaanse sosiale orde aanleiding gegee het en skenk oorweging aan die sosiologiese implikasies hiervan. Studente word bekendgestel aan die politieke ekonomie van Suid-Afrika, met klem op die aard van die Suid-Afrikaanse industrialiseringsproses, proletariaatvorming, en die instelling van die trekarbeidstelsel. Hierbenewens word die rassestaat, die fondamente van hierdie staat se sosiale projek, sowel as die ruimtelike vorm van Suid-Afrika se 20ste-eeuse rassemoderniteit onder die loep geneem. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Die sosiologie van instellings
    Die sosiale dinamiek van samelewingsinstellings soos die gesin, die staat, die ekonomie, godsdiens, onderwys, en burgerlike samelewing met ’n spesifieke fokus op die Suider-Afrikaanse problematiek word in hierdie afdeling behandel.

    Deel 2: Sosiale stratifisering: Ras, klas en gender
    Die aard en dinamiek van sosiale stratifisering en ongelykheid sal ondersoek word. Ras, gender en klas is die fokuspunte van die afdeling. Die Suid-Afrikaanse ervaring word beklemtoon.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte (a) Intestate erfreg (b) Testate erfreg (c) Boedelbereddering:

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BCom met spesialisering in regte (a) Koopreg (b) Huurreg (c) Verteenwoordigingsreg (d) Borgkontrak (e) Werkaannemingsreg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte (a) Algemene beginsels van die verbintenisreg (b) Totstandkoming van die kontrak (c) Inhoud van die kontrak (d) Interpretasie van skriftelike kontrakte (e) Kontrakbreuk (f) Remedies vir kontrakte (g) Beëindiging van kontraktuele verhoudings (h) Opstel van kontrakte

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB, BA met spesialisering in regte; BAdmin en BCom regte (a) Inleiding tot staatsregteorieê (b) Basiese beginsels: die reg, die staat en die individu (c) Historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse staatsreg (d) Verskillende elemente van 'n staat (e) Bronne van die Suid-Afrikaanse staatsreg (f) Die grondliggende bepalings, die regsorde en die simbole van die Suid-Afrikaanse staat (g) Samewerkende regering (h) Die nasionale wetgewende gesag (i) Die president en die nasionale uitvoerende gesag (j) Provinsiale regering (k) Die regsprekende gesag (l) Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte: Geskiedenis van menseregte in Suid-Afrika, regsfilosofiese en politieke perspektiewe op menseregte, toepassing, beregbaarheid en uitleg van menseregte, jurisdiksie, prosedures en remedies, beperking van menseregte, ontleding van geselekteerde menseregte (m) Staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie (n) Die openbare administrasie (o) Die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste (p) Algemene bepalings

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) ’n Oorsigtelike studie van die ontstaan en ontwikkeling van die onderskeie regs- beroepe (b) Statutêre voorskrifte van toepassing op die regsberoep (c) Professionele gedrag en etiek (d) Professionele gelde en kostes (e) Professionele aanspreeklikheid van regspraktisyns (f) Navorsingsvaardighede (g) Skryfvaardighede (brief van advies, kantoormemorandum, hoofde van betoog)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Praktykbestuur (b) Neem van instruksies (c) Boekhouding vir regspraktyke (d) Aspekte van hoftegnieke (e) Praktiese toepassing (f) Navorsingsvaardighede (g) Skryfvaardighede (brief van advies, kantoormemorandum, hoofde van betoog)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA met spesialisering in regte (a) Die inheemse stamme, hulle kultuur en die begrip regspluralisme (b) Persone- en familiereg van inheemse volkere (c) Deliktereg van die inheemse reg (d) Erfreg van die inheemse reg (e) Kontraktereg van die inheemse reg (f) Regskonflikte en hofstrukture (g) Godsdienstige regstelsels in Suid-Afrika

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB, BAdmin, BA met spesialisering in regte en BCom Belasting Wettereg: (a) Algemene inleiding: verhouding tussen teks en konteks (b) Wat is wetgewing?: kategorieë en tipes wetgewing (c) Struktuur en formaat van wetgewing (enacted law texts) (d) Inwerkingtreding, wysiging en tenietgaan van wetgewing Beginsels van wetsuitleg: (a) Hoe word wetgewing uitgelê: teorieë en metodes van wetsuitleg en die invloed van die oppermagtige Grondwet op wetsuitleg (b) Interne en eksterne hulpmiddels om die oogmerk van wetgewing vas te stel (c) Sogenaamde gebiedende en aanwysende bepalings (d) Wetsuitleg en regterlike regsvorming (e) Basiese beginsels van grondwetuitleg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BCom met spesialisering in regte (a) Basiese beginsels van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (b) Aspekte in verband met die reg insake kredietooreenkomste (c) Basiese beginsels van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008

    Sien meer

Minimum krediete: 132

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Grondbeginsels van inkomstebelasting (b) Berekening van inkomstebelasting betaalbaar (c) Kapitaalwinsbelasting

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Basiese beginsels van die bewysreg en toelaatbaarheidsvereistes met betrekking tot spesifieke kategorieë van getuienis. (b) Bewysregtelike aspekte van getuienislewering en grondwetlike implikasies vir bewysreg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte (a) Algemene beginsels van die deliktereg (b) Capita selecta uit die beginsels van toepassing op besondere delikte

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Algemene beginsels van die intellektuelegoederereg (b) Outeursreg (c) Uitvindings- en modellereg (d) Handelsmerkreg (e) Planttelersreg (f) Mededingingsreg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BCom met spesialisering in regte (a) Algemene inleiding en geskiedkundige agtergrond (b) Die proses van sekwestrasie (c) Gevolge van sekwestrasie (d) Vernietigbare en nietige regshandelinge (e) ’n Oorsig van die bereddering van insolvente boedels (f) Akkoord, rehabilitasie en misdrywe (g) Likwidasie van insolvente maatskappye en beslote korporasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA met spesialisering in Regte ’n Oorsig van die belangrikste regsfilosofiese benaderings, onder andere die positivisme, natuurreg, realisme, kritiese regsteorie, moderne en postmoderne benaderings. Die teoretiese en praktiese waarde van hierdie benaderings word in ’n postapartheidkonteks ondersoek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BCom in regte (a) Maatskappyereg (b) Reg insake beslote korporasies (c) Vennootskapsreg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BAdmin ’n Oorsig van geregtelike hersiening van administratiewe optrede in die lig van die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, met besondere klem op die omvang van die toepassingsgebied van geregtelike hersiening en die gronde vir geregtelike hersiening.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Die historiese ontwikkeling en teorie van internasionale reg (b) Bronne van die internasionale reg (c) Gebied (d) Internasionale regspersoonlikheid (e) Jurisdiksie, immuniteit van jurisdiksie en uitlewering (f) Onafhanklike vakgebiede van internasionale reg en die verantwoordelikheid van state (g) Beslegting van internasionale geskille (h) Internasionale reg in Suid-Afrikaanse munisipale reg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB
    Die module sluit die volgende in:
    (a) Hoe om ‘n navorsingsprojek te beplan
    (b) Leesstrategieë en -tegnieke
    (c) Breë teoretiese benadering en metodologieë (Regsosiologie, Regspluralisme, Regsgeskiedenis, Regsvergelyking)
    (d) Verwysings, etiek van verwysing, aanbieding en taal 
    (e) Hoe om ’n navorsingsvoorstel te skryf en algemene optrek van hoofstukke (Aangesien hierdie module ’n voorvereiste is om vir SKY 410 te registreer, is bywoning van al die sessies en ’n punt van minstens 50% vir die ingediendee navorsingsvoorstel ’n vereiste ten einde die voorgeskrewe krediete te verwerf).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte (a) Algemene beginsels van die sakereg (b) Grondwetlike aspekte (c) Beheer (besit en houerskap) (d) Eiendomsreg (insluitend mede-eiendom en deeltiteleiendom) (e) Beperkte saaklike regte (insluitend serwitute, beperkende voorwaardes, publieke serwitute, mineraalregte en saaklike sekerheidsregte)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB en BCom met spesialisering in regte
    (a) Kenmerke van verhandelbaarheid; die wissel, tjek en promesse; partye betrokke by wissels, tjeks en promesses
    (b) Geldigheidsvereistes, verhandeling, houerskap en akseptasie
    (c) Die bankier-kliënt-verhouding; kruisings en toevoegings tot kruisings; die regsposisie van die betrokkene en invorderingsbank
    (d) Elektroniese betalingsmetodes

    Sien meer

Minimum krediete: 111

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Individuele arbeidsreg (b) Kollektiewe arbeidsreg (c) Hantering van arbeidsgeskille

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB Inleiding tot die strafreg: (a) Strafreg en die regsisteem (b) Strafreg en die deliktereg (c) Begrippe 'strafreg' en 'misdaad' (d) Geskiedenis en bronne van die strafreg (e) Determinisme en die Indeterminisme (f) Doel en funksie van die strafreg en misdade (g) Indeling van die strafreg en misdade Algemene beginsels van die strafreg: die misdaadvereistes: (a) Legaliteit (b) Handeling (c) Wederregtelikheid (d) Toerekeningsvatbaarheid (e) Skuld (f) Meervoudige verwere

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB Spesifieke misdade: (a) Poging, uitlokking en sameswering (b) Deelneming en begunstiging (c) Misdade teen die lewe (d) Misdade teen die liggaamlike integriteit en ouerlike gesagsregte (e) Misdade teen die goeie naam en waardigheid (f) Misdade teen die vermoë en wilsvryheid (g) Misdade teen die geslagslewe en huwelikslewe (h) Misdade teen die openbare sedes en godsdienstige gevoelens (i) Misdade teen die regspleging en amp (j) Misdade teen die staat Straftoemeting: (a) Strafteorieë (b) Strafvorme

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB Capita selecta uit enige van die volgende: (a) Verryking (b) Estoppel (c) Persoonlikheidsregte

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Aspekte van litigasietegnieke (b) Algemene beginsels van die siviele prosesreg (c) Praktiese toepassing (d) Opstel van pleitstukke

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB
    (a) Die skripsie handel oor ’n onderwerp uit die regsgeleerdheid.
    (b) Die studieleier verwittig finalejaarstudente vooraf van die datum waarop die onderwerp van die skripsie vir goedkeuring aan hom/haar voorgelê moet word.
    (c) Die hoof van die departement waaronder die onderwerp ressorteer, of ’n dosent in sy departement deur hom aangewys, tree as leier en as eksaminator op, met dien verstande dat die hoof van die departement ’n eksterne eksaminator mag benoem indien hy/sy dit wenslik sou ag.
    (d) Twee getikte, gedupliseerde of gedrukte eksemplare van die skripsie, van minstens 8 000 en hoogstens 14 000 woorde (met 'n aanduiding van die hoeveelheid woorde op die laaste bladsy van die skripsie) moet ingedien word. Die indieningsdatum sal gekommunikeer word.  

    Elke dosent neem jaarliks ’n maksimum van 15 studente. Hierdie studente se onderwerpe moet verkieslik tematies verband hou. Alle ingeskrewe studente woon aan die begin van die jaar as groep een verpligte lesing by oor die benadering tot en skryf van ’n skripsie. Elke dosent reël dan een seminaar van twee uur lank met sy/haar groep studente waartydens studente die onderwerpe en basiese struktuur van hul skripsies voorlê.

    Ná voltooiing van die skripsies, word een eksemplaar by die biblioteek ingedien en een by die betrokke studieleier. Die dosent reël dan ’n reeks verdere seminare, waar-tydens elke student sy of haar gevolgtrekkings voorhou en blootlê aan die groep se kritiese evaluasie. By hierdie geleenthede betrek die dosent ’n Fakulteitslid of ander deskundige.

    Die evaluering geskied soos volg:
    Skriftelike dokument: 70%
    Deelname aan seminar: 30%
    Konsepskripsie: 10%

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Die algemene beginsels van die strafprosesreg in die laer howe, Hoë Hof en die Hoë Hof van Appèl van Suid-Afrika. (b) Opstel van pleitstukke (c) Praktiese toepassing

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB Teorie rakende onderhandelings, mediasie en arbitrasie asook die teoretiese en praktiese toepassing daarvan op verskeie regsgebiede soos strafreg, huweliksreg, internasionale reg, arbeidsreg en deeltitelreg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB
    Inleidende debat oor die universaliteit en kulturele besonderheid van menseregte; geskiedkundige oorsig oor menseregte in Afrika. Die module fokus op die idee/opvatting van transformasie en ondersoek die teoretiese inhoud asook die praktiese implikasies daarvan.  Daar sal van die student verwag word om ondersoek in te stel na  ’n transformerende regsleer / ’n regsleer van transformasie te ontwikkel. Die module fokus op die idee/opvatting van transformasie en ondersoek die teoretiese inhoud asook die praktiese implikasies daarvan. Daar sal van die student verwag word om ondersoek in te stel na en 'n transformerende regsleer / ’n regsleer van transformasie te ontwikkel. Kwessies wat aangespreek sal word, beheIs: Menseregte en demokrasie; Konstitusionele soewereiniteit in Suid-Afrika; die idee/opvatting van transformerende konstitusionalisme; kritiese bemoeienis met transformasie; voorstellings van transformasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB
    (a) ’n Oorsigtelike studie oor die ontstaan en ontwikkeling van die professies van transportbesorger en notaris
    (b) Statutêre voorskrifte van toepassing op transportbesorgers en notarisse
    (c) Professionele verantwoordelikheid en etiek
    (d) Aspekte rondom die oordrag van onroerende eiendom, registrasie van verbande, serwitute en saaklike regte
    (e) Praktiese opstel van aktes en notariële dokumente

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Hereregte (b) Belasting op toegevoegde waarde (c) Diverse belastingaangeleenthede

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB
    Die module behels beide `n teoretiese en `n gemeenskapsbetrokkenheid komponent.
    TEORETIES
    (a) Verskillende opvattings van gemeenskap
    (b) Die impak van die reg op die alledaagse lewe van mense en gemeenskappe
    (c) Die invloed vand die reg en die gemeenskap/sosiologie van die reg/ "Streetlaw"
    (d) Die Suid-Afrikaanse konteks

    (e) Populêre geregtigheid/Toegang tot geregtigheid

    GEMEENSKAPSBETROKKENHEID
    (a) Deelname aan plaaslike gemeenskapsprojekte
    (b) Aanbieding van seminare met regstemas by skole, fabrieke, tronke en ander plaaslike gemeenskappe
    (c) Opstel van inligtingbrosjures en uitvoer van navorsing oor regstemas vir plaaslike gemeenskapsliggame.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Inleiding tot die grond- en grondhervormingsreg (b) Capita selecta uit beleidsdokumente, asook grondwetlike en ander statutêre maatreëls ten aansien van grondbenutting en -hervormingsreg (c) Relevante aspekte van die reg insake aktevervaardiging

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Algemene grondslae van die geregtelike geneeskunde (b) Juridiese grondslae van die geneesheer/hospitaal-pasiënt-verhouding (c) Regverdigingsgronde vir geneeskundige ingrepe (d) Mediese nalatigheid en middellike aanspreeklikheid (e) Die pasiënt se privaatheid en mediese geheimhouding (f) Kunsmatige menslike voortplanting (g) Aanspreeklikheid vir "wrongful conception/birth/life" (h) Transseksualisme en geslagsveranderingsoperasies (i) Die moment van dood en genadedood (j) Aspekte van die mediese tugverhoor

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Teoretiese en historiese agtergrond (b) Konseptuele probleme (c) Vasstelling van vreemde reg (d) Konfliktereëls vir die vasstelling van ’n toepaslike norm van die (i) familiereg (ii) kontraktereg (iii) deliktereg (iv) sakereg (v) erfreg (e) Erkenning en afdwinging van vreemde vonnisse

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB Die module fokus op verskeie regsbenaderings insluitende filosofiese perspektiewe; kritiese teorie; en ander inter- en trans-dissiplinêre perspektiewe op die reg en hul reaksie op en verhouding tot hedendaagse kwessies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Die status van kinders in die Suid-Afrikaanse reg (b) Die grondwetlike beskerming van kinders (c) Algemene beginsels van die Children’s Act 38 of 2005 (d) Ouerlike verantwoordelikhede en regte (e) Kinderhowe (f) Aanneming en alternatiewe sorg (g) Internasionale dokumente met betrekking tot kinderregte (h) Internasionale aanneming en ontvoering (i) Kinders en die strafregstelsel

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Inleiding tot die studie van inligting- en kommunikasietegnologiereg: – Die plek van inligting- en kommunikasietegnologiereg in die regstelsel – Die aard en omvang van inligting- en kommunikasietegnologiereg – Bronne van inligting- en kommunikasietegnologiereg – Ontstaan en invloed van die Internet (b) Regulering van die Internet: – Nasionaal / Internasionaal – Jurisdiksie oor die Internet (c) Aspekte van die intellektuelegoederereg en die Internet (d) Elektroniese kommersiële aktiwiteite en die Internet: – Aspekte van jurisdiksie en kontraksluiting – Databeskerming en enkripsie – Aanspreeklikheid van Internet-diensverskaffers (e) Advertering op die Internet (f) Strafregtelike aspekte in van inligting- en kommunikasietegnologiereg (g) Grondwetlike aspekte in van inligting- en kommunikasietegnologiereg: – Die reg op privaatheid/vryheid van spraak/inligting

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Vir LLB (a) Reg insake geselekteerde finansiële instellings (b) Bankreg (c) Versekeringsreg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB Capita selecta uit die media- en kommunikasiereg binne die raamwerk van die Grondwet, insluitend: a) Die filosofiese grondslae en geskiedenis van vryheid van spraak, en die rol van die media in ‘n demokrasie b) Artikel 16 van die Grondwet, en die beperkings op vryheid van uitdrukking c) Regsvergelykende oorsig van vryheid van spraak in die VSA, Kanada en Duitsland d) Laster (insluitend “on-line defamation“) e) Privaatheid f) Joernalistieke privilegie in die Suid-Afrikaanse reg g) Regulering van die advertensiewese h) Die Films en Publikasiewet 1996 i) Kinderpornografie

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Inleiding: algemene beginsels van plaaslike regering (b) Die transformasie van plaaslike regering (c) Die status en doelstellings van, en uitdagings vir plaaslike regering (d) Regsaard en verpligtinge van munisipaliteite (e) Samewerkende regering (f) Nuwe institusionele modelle vir plaaslike regering (g) Afbakening van jurisdiksies van plaaslike regerings (h) Samestelling en verkiesing van plaaslike regeringstrukture (i) Die rol van tradisionele leiers binne plaaslike regering (j) Magte en bevoegdhede (k) Politieke strukture (l) Munisipale dienste en ander funksionele aktiwiteite (m) Menslike hulpbronne en arbeidsregtelike kwessies (n) Munisipale finansies en fiskale bestuur (o) Ontwikkeling, beplanning en unieke plaaslike regeringsaangeleenthede

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Die aard en omvang van omgewingsreg (b) Die Grondwet en die omgewing (c) Raamwerkwetgewing oor die omgewing (d) Beplanningsreg (e) Omgewingsimpakstudies (f) Waterreg (g) Besoedelingsbeheer en afvalbestuur (h) Mynwese en energiebronne (i) Biodiversiteit en die beskerming van woude, plante en wilde diere (j) Erfenishulpbronne (k) Lewende mariene hulpbronne

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Inleiding tot die aard en rol van onderwysreg (b) Die fundamentele reg op onderwys en ander grondwetlike beginsels relevant in die onderwys (c) Sekere besondere regte van studente, leerders, ouers en opvoeders (d) Basiese regsbeginsels van onderwysbestuur in openbare skole (e) Basiese regsbeginsels by tersiêre onderwys (f) Ander tersaaklike dele van die onderwysreg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB ’n Inleiding tot die mediese en sosiale aspekte van die siekte en aspekte van die regsposisie van mense met MIV/vigs; seminaaropdragte (miniskripsies) oor probleme van ’n morele en regsaard, soos die kriminalisering van MIV-blootstelling as ’n afsonderlike misdryf, implikasies van die reg op mediese sorg, aanmelding van MIV/vigs en die perke van privaatheid, asook aspekte wat voortspruit uit mediese eksperimentering en die ontwikkeling van ’n inentingsmiddel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Algemene beginsels en leerstukke van die skadevergoedingsreg (b) Besondere beginsels by deliktuele skadevergoeding (c) Besondere beginsels by kontraktuele skadevergoeding (d) Prosesregtelike beginsels in die skadevergoedingsreg

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB Misdrywe: Capita selecta uit: (a) Rekenaarmisdrywe (b) Drank- en dwelmmisdrywe (c) Ekonomiese misdrywe (d) Geslagsmisdrywe (e) Misdrywe binne gesinsverband en teen kinders (f) Misdrywe teen diere (g) Misdrywe in verband met gevaarlike wapens, vuurwapens en plofstowwe (h) Polisie- en gevangenismisdrywe (i) Misdrywe teen die openbare veiligheid en orde (j) Misdrywe teen die staatsveiligheid (k) Misdrywe teen die omgewing (l) Verkeersoortredings (m) Minimum vonnisse Forensiese kriminalistiek: (a) Komponente en doelstellings van misdaadondersoek (b) Identifikasie, vergelyking en individualisering (c) Inligtinginsameling deur kommunikasie (d) Serologiese ondersoeke (e) Odontologiese ondersoeke (f) Daktiloskopiese ondersoeke (g) Trigologiese ondersoeke

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    a) Die omvang en funksies van sosiale sekerheid b) Ouderdomstoelae en versekering c) Beserings aan diens en werkloosheidsversekering d) Siekte, ongeskiktheid en gesondsheidsorg e) Kinder en gesinsonderhoud

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Deliktuele aanspreeklikheid (b) Kontraktuele aanspreeklikheid (c) Strafregtelike aanspreeklikheid (d) Diverse aspekte voortspruitend uit sport

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Vir LLB (a) Internasionale koopkontrakte (b) Internasionale vervoerkontrakte (c) Versekeringskontrakte ten opsigte van internasionale kontrakte

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir LLB (a) Aspekte van die trustreg (b) Aspekte van bereddering van bestorwe boedels

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share