Jaarboeke

Program: BSocSciHons Genderstudies

Code Faculty Duration Credits Download
01243018 Fakulteit Geesteswetenskappe Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr SS Molapo
[email protected]
+27 (0)124203111

Toelatingsvereistes

  • ’n Toepaslike baccalaureusgraad met Sosiologie of ’n direk verbandhoudende sosiale wetenskap hoofvak.
  • ’n Gemiddelde punt van minstens 70% in die hoofvak/spesialiseringsrigting word vereis.
  • In sekere gevalle kan addisionele modules vereis word.
  • Studente met gemiddelde tussen 68% en 70% in die hoofvak/spesialiseringsrigting kan in spesiale omstandighede vir toelating oorweeg word. Doen aansoek by die programbestuurder.

Addisionele vereistes

• In sekere gevalle kan addisionele modules vereis word.

• Studente met ? gemiddelde tussen 68% en 70% in die hoofvak/spesialiseringsrigting kan in spesiale omstandighede vir toelating oorweeg word. Doen aansoek by die programbestuurder.

Ander programspesifieke inligting

  • Kies een keusemodule.

  • Nie alle modules word in ’n gegewe jaar aangebied nie. Kontak die programbestuurder in dié verband.

  • IPL 752 en PTO 751 is slegs beskikbaar vir studente met Internasionale Verhoudinge of Politiek of ’n direk verwante hoofvak in die eerste graad.

Minimum krediete: 125

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Gender is ‘n sleutelkonsep in ons alledaagse interaksies, omdat dit ’n deel van ons identiteit vorm. Nasionale identiteitsdokumente heg byvoorbeeld betekenisvolle waarde aan ons genderstatus. Genderverskille bepaal hoe mans en vroue deur verskillende sosiale instellings behandel word. Die program het daarom ten doel om studente aan verskillende teorieë sowel as literatuur oor gender en genderongelykheid bloot te stel. Hierbenewens ondersoek die module alledaagse genderervarings om ’n beter begrip van gender en die betekenisse wat dit in die samelewing aanneem te ontwikkel. Dit sluit die wyses waarop identiteitsmerkers soos ras, klas en geografiese ligging hierdie ervarings beïnvloed in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op navorsingspraktyk sowel as die debatte daarrondom. Die idee van wetenskap, die rol van teoretiese konseptualiserings, en die epistemologiese aannames wat navorsing onderlê word bespreek met verwysing na kompeterende paradigmas, insluitende positivisme, interpretatiewe benaderings en realisme. Met betrekking tot navorsingspraktyk, word algemene beginsels van beplanning, soos die identifikasie van ’n navorsingstema, die begrensing van ’n navorsingsprobleem en -area, die keuse van ’n veldwerkarea, die seleksie van deelnemers en etiese kwessies bespreek. Daarna word die gebruik van metodes waarop data ingesamel of gekonstrueer kan word ondersoek en wyses waarop materiaal geïnterpreteer en of geanaliseer kan word bespreek. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word daar van studente verwag om met behulp van weeklike studiebegeleiding ’n navorsingsverslag te skryf. Die verslag moet in die eerste instansie bewys lewer van studente se vermoë om empiriese navorsing te doen. Met die nodige toestemming, mag studente egter ook hul verslae op bronne uit die argief of sekondêre literatuur baseer. Die verslag moet bewys lewer van studente se begrip van en bekwaamheid in al die komponente van die navorsingsproses. Dit sluit in om ’n argument te kan voer, verslagskrywing, die analise van navorsingsmateriaal, die vemoë om navorsingsresultate met sekondêre literatuur te integreer en om navorsingsetiekkwessies korrek te kan toepas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module stel studente bekend aan ’n sleutel- konseptuele woordeskat, asook ’n keuse van teoretiese paradigmas en werke om begrip van kontemporêre debatte, sowel as vernuwings en kontroversies in die veld te verdiep. ’n Balans word gehandhaaf tussen klassieke en kontemporêre sosiale teorie, en klem word geplaas op vraagstukke oor tekstualiteit, kanonvorming, en die status van interdissiplinêre benaderings en hoe dit vorm gee aan gesprekke oor sosiale teorie en die belangrikheid hiervan vir navorsing, denke en die politiek. 

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Studente sal in hierdie module blootgestel word aan verskillende perspektiewe op gender (insluitend feministiese teorieë), en die implikasies daarvan vir die konseptualsering van en denke oor die reg en regsteorieë. Die module beoog om kritiese perspektief op gender en seksualiteit te ontwikkel en dit toe te pas op sekere regsareas soos regsbeskerming teen diskriminasie en geweld in huishoudings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bespreek debatte oor gender met ‘n klem op die historiese en sosiale konteks en kragte wat vorm gegee het aan die karakter en aard van genderongelykhede en –stratifikasie in Afrika. Die module is daarop gerig om ’n kritiese perspektief op die posisie en status van vroue in Afrika te ontwikkel en om studente vetroud te maak met ’n breë stel outeurs, van wie vele op die kontinent gebaseer is. Die module bied aan studente die geleentheid om aan kerndebatte oor die aanvegbare aard van gender-emansipasie en/of -bemagtiging en die verweefdheid daarvan met breër sosiale kwessies deel te neem.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studie van empiriese en normatiewe teorieë van internasionale verhoudinge, met spesifieke verwysing na die hedendaagse ontwikkeling en stand daarvan. Die klem val op die mate waarin dit tradisionele of postmodernistiese denke verteenwoordig en dit wegbeweeg van die mededingende paradigmas en perspektiewe wat die dissipline tans kenmerk. Grondige ontledings word ook gemaak van spesifieke deelteorieë, en van die bydrae van geselekteerde teoretici en hul werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op en bestudeer die aard en teorie van arbeidsverhoudings, die Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudings en arbeidsreg in Suid-Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op politieke sisteme in Afrika, die posisie en rol van Afrika in die internasionale sisteem en aspekte van regionalisme en regionalisering. ’n Ontleding en analise word gemaak van belangrike vraagstukke, uitdagings, tendense en transformasies wat betref die plaaslike politiek en die regionale en internasionale verhoudinge van Afrikastate, insluitend pan-Afkrikanisme.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ondersoek teoretiese verduidelikings vir globalsasering. As sodanig is die hoofdoel om wyses waarop kapitaal in die era aan die einde van geskiedenis ons dwing om sosiologie as ’n wetenskap van die hede te herdink. Die module begin met teoretiese besprekings om die fondamente vir ’n gesprek oor ontwikkeling as ’n proses van inkorporering van (in hierdie geval) Afrika in die globale wêreldsisteem te lê. Hierbenewens ondersoek die module veranderings aan die nasie-staatstelsel, werk en genderverhoudinge wat deur globalisering teweeggebring is. Ten slotte word daar gekyk na nasionalisme en etnisiteit as spesifieke kenmerke van kapitalisme in die era van die einde van geskiedenis. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hier die module is gebaseer op ’n makro-perspektief en stel studente bekend aan die veranderende historiese trajek van genderverhoudings, die huwelik as instelling, gesinsvorme, huishoudingsamestelling en -lewensmiddele sowel as die implikasies daarvan vir ’n begrip van gender as ’n sosiale verhouding. Die module word aangebied vanuit ’n historiese en vergelykende perspektief, met spesifieke klem op Suider-Afrika. Die module ondersoek die rol van supra-nasionale organisasies, die staat en die mark in prosesse om genderidentiteite en -verhoudings, sowel as familie- en huishoudingsvorme te medieer en te reguleer, teen die agtergrond van die nasie-staatstelsel en in die konteks van globalisering en neo-liberalisme in die besonder. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module maak gebruik van ’n sosiologiese perspektief om die Suid-Afrikaanse samelewing te ondersoek en begryp. Die vertrekpunt is ’n bekendstelling aan debatte en besprekings oor sosiologie in Suid-Afrika. Daarna word sleutelkwessies hersien en gedebatteer om ’n begrip van die politieke ekonomie van apartheid te vorm. Ten slotte word daar na sleuteldebatte oor post-apartheid Suid-Afrika gekyk. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die verhouding tussen die persoonlike en die sosiale en hoe hierdie twee domeine tot so ’n mate verweef is dat ons tegelykertyd van eenselwigheid en differensiasie in die proses van identifikasie praat. Die module ondersoek die wyses waarop samelewingstrukture en -instellings identiteite histories vorm en konstrueer, terwyl sodanige instellings tegelykertyd deur individuele agentskap gevorm word. Menslike ervaring dui op ’n breë stel oorskreidende verbondenhede en ’n veelvuldigheid van behorendheid, wat identiteit as ’n dinamiese en verbandhoudende proses, eerder as ’n essensie konstateer. Die sosiale, voorwaardelike en gekonstrueerde aard van identiteite word beklemtoon teen die agtergrond van ’n ervaring van dislokasie binne die konteks van globalisering.

     

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share