Jaarboeke

Program: BDram

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130117 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 486
Contact:
Mr BJH Snyman
[email protected]
+27 (0)124203111

Programinligting

Hierdie program is gerig op die studie van optrede in verhouding tot teater, drama/teater in onderrig, uitvoerende kunstebestuur, film en televisie en die wisselwerking tussen tegnologie en optrede. Die program lei die student tot begrip van die akademiese diskoerse en die praktiese vaardighede wat nodig is om verskeie modaliteite van optrede te ondersoek, skep, bestuur en te bemark.

Sluitingsdatum vir aansoeke:

30 Junie jaarliks

 

 

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Kandidate wat voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes sowel as die TPT-vereistes van hierdie programme sal in die programme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

30

Addisionele vereistes

Oorskakelaars van ander tersiêre instellings wat hul eerstejaar suksesvol voltooi het, mag slegs vanaf die begin van die tweede studiejaar registreer. Toelating is onderhewig aan ’n programaanbieding en die suksesvolle aflegging van ’n tentamen.

Oudisie:
Gedurende Augustus word daar ’n oudisie (prakties en teoreties) deur die Departement aangebied om die mees geskikte aansoekers tot hierdie graad toe te laat. Die Departement sal die datum van die oudisie aan die voornemende kandidate kommunikeer. Die Departement behou die reg om ’n kandidaat op grond van die oudisie uit te sluit. 

Ander programspesifieke inligting

Let wel:
-     Keuses binne die spesifieke derdejaarsmodules sal in oorleg met die programkoördineerders en die betrokke dosente gemaak word.
-     Produksies: Vereistes sal deur die departementshoof bepaal word

Bevordering tot volgende studiejaar

Bevordering tot die tweede studiejaar:

Slaag 12 krediete uit die fundamentele modules, ingeslote alle VAG-modules asook ten minste 50 krediete uit die kernmodules in die eerste studiejaar

Bevordering tot die derde studiejaar:

Slaag alle eerstejaarskrediete asook ten minste 90 krediete van die tweede studiejaar.

Afwykings van hierdie vereistes mag slegs deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, goedgekeur word.

 

 

 

Slaag met lof

’n Student moet ’n gemiddelde van minstens 75% in al die teoretiese modules op derdejaarsvlak behaal, asook 75% in die praxismodule TNP op derdejaarsvlak.

Minimum krediete: 98

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die tale van drama en film
    Hierdie module bied ?n inleiding tot die tale van drama en film, sowel as verskeie benaderings tot drama- en filmanalise. Verder word historiese en kontemporêre drama- en filmteorieë gebruik om verskeie drama- en filmtekste te lees.

    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Drama- en filmgenres

    Hierdie module bied ?n inleiding tot die idee van genre as deel van ?n breër konsep van skepping van ?n narratief/storielyn en storievertelling in beide drama en film. Verskeie genres van drama en film word bekendgestel en bespreek en in verband gebring met die idee van ontluikende identiteite in kontemporêre oordra van stories. Voorgenoemde aspekte word konseptueel bekendgestel en verskaf ?n inleiding tot die lees, interpretasie en betekenisgewing aan verskeie drama- en filmdiskoerse.

     
    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – slegs vir BDram-studente
    Teksanalise en optrede
    Die self in verhouding tot rolspel, karakter, persona, beliggaming en die skep van optredegerigte metafore sal ondersoek word deur middel van ontleding van prosa, poësie en dramatekste met die doel om ?n verhouding tussen strukturele en estetiese teksinhoud en die skep van betekenis in optrede daar te stel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – slegs vir BDram-studente
    Beliggaamde ruimtes
    Hierdie module ondersoek die wyses waarop die elemente van scenografie met die liggaam omgaan om betekenis in teatermatige optredes te skep. Die module demonstreer hoe visuele kodes as narratiewe gereedskap aangewend kan word en hoe komponente van die ruimtelike veld gebruik kan word om die liggaam as primêre betekenisdraer in teatermatige optredes te ondersteun.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    *Studente moet al die komponente van hierdie module slaag om tot die volgende jaarvlak bevorder te word.
    Basiese speltegnieke word ondersoek. Aspekte van self, ander en ruimte word verken en toegepas by wyse van speloefeninge, teaterspeletjies, improvisasie en interpretasie van toepaslike materiaal. Die beginsels van storievertel/narratief/toneelskepping/konstruksie en interpretasie/herskepping word verken.
    Die module sal ervaringgedrewe somatiese beginsels vir die akteur bekendstel. Studente sal omgaan met die hoekstene van stem/liggaam integrasie wat veilige, interaktiewe en verhoogde gebruik van liggaam en stem tydens optrede daar sal stel. Studente sal hierdie hoekstene aanwend in dissipline-spesifieke vaardigheidsopleiding, asook vir optrede, insluitende toneelspel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    Uitvoerendekunstebestuur
    In hierdie module sal die student bekendgestel word aan die huidige stand van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Die woordeskat en tegniese aspekte van teater sal ondersoek word. Dit sluit in die prosesse wat gepaard gaan met die skepping en uitvoering van teaterproduksies. Die klem val op die wyses waarop die kreatiewe visie van die regisseur ondersteun en uitgevoer word om sodoende die estetiese kwaliteit en konseptuele omraming van die produksie te bevorder en te konsolideer. Die vaardighede en verantwoordelikhede van die tegniese en kreatiewe teaterpraktisyns word in konteks geplaas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    Teater- en optredestudies
    In hierdie module verken studente die fundamentele beginsels van rolspel en die noodsaaklike kenmerke word geïdentifiseer en beskryf. Die omlyning van ?n rolspel in verskeie sosiale, kulturele en politiese arenas en die strategieë wat aangewend word, vorm die vertrekpunt van hierdie ondersoek. Studente leer die vaardigheid om riglyne te put uit die dualiteit van die teks sowel as die lewe gedurende die proses van karakterontwikkeling.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Historiese modaliteite van Westerse Optrede
    Die module ondersoek die sosio-politiese kontekste van die Westerse Klassieke- en Renaissance-teater met die fokus op gewelddadigheid in teatermatige opvoerings gedurende die tydperk van Verligting.

    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Realisme en kontemporêre Suid-Afrikaanse optrede
    Beginsels van naturalisme en realisme word ondersoek in verhouding tot dramatekste en opvoerwaarde in beide drama en film. Maniere waarop dramatiese realisme na vore tree en op historiese perspektiewe sedert die tydperk van die Verligting reflekteer, sal behandel word. Teen hierdie agtergrond word die konsep van „realisme? ondersoek in verhouding tot opvoertekste en -waardes in die opkoms van ?n interdissiplinêre raamwerk van optredestudies. Maniere waarop dramatise realisme na vore kom en op historiese perspektiewe reflekteer, sal aangebied en bespreek word om sodoende die verhouding tussen realisme en kontemporêre Suid-Afrikaanse optrede uit te lig.

    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – slegs vir BDram-studente
    Optrede: liggaam-/stemstudies
    Daar is verskeie raakpunte tussen fundamentele grondbeginsels van die onderskeie pedagogiese benaderings ten opsigte van stem, spraak en liggaamlike beweging vir uitvoerende kunstenaars. Hierdie gemeenskaplikhede is gefundeer binne die organiese beginsels van kinestetiese en vokale funksionering wat toegepas kan word tydens optrede en uitvoering. Hierdie module identifiseer die genoemde en ooreenstemmende beginsels wat strek oor ?n verskeidenheid van stem- en bewegingsleerbeginsels en ondersoek die wyses waarop dit optrede kan bevoordeel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – slegs vir BA Drama-studente
    Basiese digitale media
    Hierdie module lei studente op in die effektiewe gebruik van rolprentverwante harde- en sagteware. Die module beklemtoon kamera- en redigeringstegnologie en bied ?n verdere inleiding tot studies van mise-en-scene, decoupage en haptiese kritiek in dialoog met die visuele. Studente word verder bekendgestel aan radio as ?n medium vir fiksie deur die ondersoek van die dinamika en prosesse waar radio ten doel het om fiksie te kommunikeer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    *Studente moet al die komponente van hierdie module slaag om tot die volgende jaarvlak bevorder te word.
    Rolspel en beliggaming
    Speltegnieke word ondersoek en geplaas binne geselekteerde modaliteite van optrede gekoppel aan die nosies van rolspel en beliggaming en sal toegepas word by wyse van speloefeninge, improvisasie en interpretasie van toepaslike materiaal.
    Studente sal somatiese beginsels tot verskeie modaliteite van optrede toepas, wat verhoogde gebruik van liggaam en stem binne die konteks van dissipline-spesifieke opleidings-vaardighede sal behels.
    Hierdie module sal die ontwikkeling van fisiese en vokale dinamika van uitdrukking en kommunikasie gedurende optrede fasiliteer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    Regie
    Studente sal regie ondersoek in terme van die rituele benadering tot regie en spel as fisiese selfekspressie, teenoor rolspel as ?n verteenwoordigende benadering tot regie en spel. Die doel van die module is om die dinamiese posisie van die regisseur te konseptualiseer in die toepassing van ?n multidimensionele benadering tot die proses van regie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    Toegepaste teater
    Die module ondersoek die gebruik van teater as metodologie en deelnemende praktyk in ?n verskeidenheid sosiokulturele en opvoedkundige kontekste. Die module benader toegepaste teater as ?n medium van kommunikasie wat aksie, refleksie en transformasie bewerkstellig. Die module kulmineer in ?n prakties-toegepaste teaterprogram.

    Sien meer

Minimum krediete: 160

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die lees van kulturele verteenwoordiging
    Binne die raamwerk van postkolonialisme word kwessies van waardebepaling, verteenwoordiging en betekenis in optrede ondersoek in verhouding tot geselekteerde teoretiese benaderings tot optrede en die betrokkenheid daarvan by gender in teater en film. Representasie en subjektiwiteit en hoe dit na vore kom as genderfiksie, eerder as „natuurlike?, onvermydelike realiteite sal ondersoek word in verskeie drama- en filmtekste. Ondersoek sal ingestel word na hoe die liggaam, as gekodifiseerde kulturele produk, ?n simboliese slagveld kan word vir kulturele oorheersing in en deur optrede.

    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teenstrydige diskoerse
    Sosiale verhoudings, materiële toestande, diskursiewe praktyke, identiteit en strukture van verteenwoordiging sal bestudeer word in verhouding tot Marxistiese materialisme, kruiskulturele teater, postmoderne diskoerse en idees rondom postteorie. Sleutelfigure en idees vanuit relevante kritiese teorie sal ?n deeglike ondersoek lei na populêre drama en film, sowel as niedominante film en -optredemodusse.

    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – slegs vir BDram-studente
    *Hierdie module bied ’n keuse tussen Optrede: intermediêre liggaam-/stemstudies en Draaiboekskryfkuns
    Optrede: intermediêre liggaam-/stemstudies
    Hierdie module ondersoek geselekteerde stem- en liggaamsbewegingpedagogieke in diepte, in verhouding tot fisiese teater, dans, teaterstem, toneelspel en musiekteater. Die module ondersoek verder algemene beginsels wat oorvleuel binne al hierdie pedagogiese benaderings en die wyse waarop elk skakel met beginsels binne die konteks van optrede.
    of
    Draaiboekskryfkuns
    Draaiboekskryfkuns bied ?n keuse tussen skryf vir teater en skryf vir film. Hierdie opsies is eksklusief.
    Voorvereistes: Om te kan registreer vir hierdie opsie binne SBT 311 moes jy DFK 110, 120, 210 en 220 suksesvol afgehandel het.
    Draaiboekskryfkuns (een kwartaal) stel studente bekend aan narratiewe skeppingsprosesse en narratiewe teorie wat hoofsaaklik verwys na klassieke dominante verhaalmodusse. Sekere film- en televisietekste sal bestudeer word om besprekings en analises rondom narratiewe modusse en genres te lei.
    Intermediêre skryf vir film (een kwartaal) volg direk op basiese skryf vir film en verken alternatiewe narratiewe modusse wat afwyk van dominante verhaalmodusse of dit ondermyn. Kritiese teorie sal die student lei in verdere verkenning van sleutelrolprentbewegings en hul posisies in filmstudies met direkte relevansie tot die draaiboekskryfkuns.
    Die „skryf vir die verhoog?-komponent van hierdie module behandel die nosie van spel en improvisasie as sleutel tot die aktivering van kreatiewe impulse binne die praktyk van toneelskryf. Die improvisatoriese vaardighede van teatersport sal ontgin word tesame met metodes van toneelskryf wat die idee van „speel? artikuleer. Improvisasie is die sleutel tot dramaturgiese fokus van beide die metodologie en praktyk van toneelskryf en suggereer maniere waarop kreatiwiteit, ?speel? en waarnemingsvaardighede as fundamenteel tot die wêreld van storievertelling ontgin kan word. Die module verskuif dan fokus na toneelskryf, as en van die self in outobiografiese en testimoniële skryfwerk/teater. Temas van obsessie, ooggetuienis, tyd, ruimte en identiteite word ondersoek. Die module kulmineer in geskrewe en opgevoerde monoloë.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – slegs vir BDram-studente
    *Hierdie module bied ’n keuse tussen Intermediêre digitale media en Aanbieding vir die media
    Intermediêre digitale media
    Hierdie module verken die gebruik van tegnologie en media in film en teater deur ?n konseptuele skakeling met idees rondom intermediale optrede en raamwerke wat betrekking het op niefiksie-filmvervaardiging. Geselekteerde gevallestudies lei tot ?n deeglike ondersoek van intermediale-optredeteorie terwyl beeldontologieë ook betrek word.
    of
    Aanbieding vir die media
    Die module fokus op gevorderde radiotegnieke en TV-aanbieding binne die breër Suid-Afrikaanse digitale mediapraktyke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    *Studente moet al die komponente van hierdie module slaag om tot die volgende jaarvlak bevorder te word
    Lewende optrede en digitale optrede
    Hierdie module benut die nosies van skepping, waardering en uitvoering om geselekteerde modaliteite van kontemporêre lewende teateroptredes sowel as optrede vir die digitale media te ondersoek.
    Hierdie module bied verder dissipline-spesifieke vaardigheidsopleiding in verhouding tot geselekteerde stem- en liggaambewegingspedagogieke, binne die konteks van skepping, waardering en optrede. Studente moet twee van die vier beskikbare vaardigheidsopleidings-
    opsies kies (fisiese teater/dans; sangstem; teaterstem; beweging vir die akteur) in oorleg met die dosente.
    Hierdie module konsolideer die konseptuele, vokale en fisiese vaardighede wat in die vorige twee jaar verwerf is en fokus op die toepassing van verhoogde liggaamlikheid en vokaliteit tydens optrede.
    NOTA:
    ? Studente moet hul TNP 310-praxiskeuses belyn met hul keuses in elk van die derdejaar teorie modules
    ? Keuses binne TNP 310 is:
    o Optrede (Toneelspel)
    o Teaterstem
    o Sangstem
    o Beweging vir die akteur
    o Fisiese teater en dans
    o Digitale media
    o Regie
    o Skryf vir die verhoog en film
    o Musiekteater (musikale teater en kabaret)
    o Radio
    o Kameraspel
    Studente wat die Dramadepartement se honneursprogram wil volg, moet die volgende in gedagte hou:
    o DRA 702 (Optredestudies) benodig Optrede (Toneelspel), Teaterstem en Beweging vir die akteur as voorvereistes
    o DRA 705 (Fisiese teater) benodig Optrede (Toneelspel), Bewegingsteater en Teaterstem as voorvereistes
    o Musiekteater benodig Fisiese teater en dans, Optrede (Toneelspel) en Sangstem as voorvereistes
    o Kabaret benodig Optrede (Toneelspel), Beweging vir die akteur en Sangstem (TNT 211 en TNT 311 [Regie] sal in jou guns tel)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    *Hierdie module bied ’n keuse tussen Toegepaste drama en Intermediêre regie.
    Toegepaste drama
    Hierdie module ondersoek die gebruik van drama as metodologie in opvoedkundige, gemeenskaps- en bedryfskontekste. Die interverwantskap tussen drama en teater sal ondersoek word. Die module kulmineer in ?n praktiese projek.
    of
    Intermediêre regie (nuut)
    Hierdie module ondersoek die nosies van konsep, ruimte, styl, metode en estetika om praxis in regie te bevorder. Die module beoog om konseptualiseringsvaardighede te bevorder en verwys na kontemporêre benaderings tot regie om die praxis van regie te bevorder. Die module bied verder die geleentheid om ?n eiesoortige benadering tot regie en ?n regiestyl te begin ontwikkel deur die studie van kontemporêre regiemetodes en konsepte. Die module kulmineer in ?n kort regietoneel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – Slegs vir BDram-studente
    *Hierdie module bied ’n keuse tussen Intermediêre uitvoerendekunstebestuur en Intermediêre teater- en optredestudies
    Intermediêre uitvoerendekunstebestuur: produksiebestuur en bestuur van die kunstenaar
    Onderhewig aan voortdurende vloei en verandering, sal die huidige stand van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika (soos ingelui in TNT 111) in hierdie module heroorweeg word. Aspekte van produksiebestuur ten opsigte van organisasie en administrasie sal ondersoek word. Dit sluit onder andere in: die opstel en skryf van voorstelle en begrotings vir produksies/optredes. Om studente te bemagtig om ?n loopbaan in die industrie daar te stel, sal hulle kennis maak met die nosie om die self/kunstenaar as ?n produk en besigheid te bestuur. Dit sluit, onder meer, die bedinging van kontrakte in, samestelling van CV?s en portfolio?s, asook voorbereiding vir onderhoude en oudisies (in samehang met TNP 310).
    of
    Intermediêre teater- en optredestudies
    In hierdie module sal studente ?n kritiese ondersoek instel na geselekteerde westerse en nie-
    westerse teorieë, paradigmas en praktyke van opleiding vir die akteur en uitvoerende kunstenaar, met spesiale fokus op beliggaming deur die kunstenaar. Die werk van deurslaggewende hedendaagse praktisyns sal ondersoek word om te bepaal hoe hulle benaderings en sisteme verband hou met tradisies van optrede, en hoe hulle ons persepsie en waarneming van die kunstenaar se liggaam/instrument in hedendaagse optredes verander het.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences