Jaarboeke

Verplegingsdinamika 110


 
Modulekode VDN 110
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Gesondheidsorgomgewing: struktuur, dinamiek en impak op die kliniese standaarde van die verpleegpraktyk. Nasionale bevolkings- en gesondheidsprofiele. Epidemiologiese uitgangspunte oor gesondheid. Die gesondheidsorgomgewing en die dinamiek van gesondheidsorgdienste. Faktore wat kontemporêre gesondheidsdienslewering beïnvloed. Beleid en die lewering van gesondheidsorg in Suid-Afrika. Geselekteerde gesondheidsorgpraktykmodelle (insluitend die eienskappe van die verpleegpraktyk). Die basiese beginsels en metodologie van verpleegnavorsing. Toepassing van navorsing op die verpleegpraktyk. Leierskapsbeginsels in die verpleegpraktyk. Leierskapstyle en -vaardighede. Leidinggewing in die verplegingseenheid. Beginsels van menslikehulpbronbestuur en -ontwikkeling. Die beginsels van volwasse-onderrig en leer in die kliniese praktyk. Die volwasse leerder en evaluering.
Modulekrediete 14.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 ander kontak per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Verpleegkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences