Jaarboeke

Omvattende pasiëntbestuur 370


 
Modulekode TBW 370
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Holistiese pasiëntevaluasie, kliniese hipoteties-deduktiewe denkprosesse, diagnose, prognose en behandelingsbeplanning. Volledige behandeling van ‘n “praktykpasiënt”, aan die hand van ‘n spesiale "praktykpasiëntlêer", onder leiding van ‘n tutor. Die student bou op ‘n deurlopende basis ‘n portefeulje op oor die kliniese en administratiewe prosesse met betrekking tot die "pasiënt". Die portefeulje verskaf die student se jaarpunt, wat op ‘n 50:50-basis met die eksamenpunt die finale slaagpunt bepaal. Die eksamenpunt word bepaal wanneer die student die praktykpasiëntgeval voor ‘n gehoor en paneel van evalueerders voordra. Toepassing van besigheidsbestuursbeginsels gedurende pasiëntbestuur. Voorbereiding van die student vir ‘n sinvolle en suksesvolle loopbaan in ‘n toenemend komplekse besigheids- en gesondheidsorgomgewing. Toepassing van bepaalde beginsels en vaardighede in terme van: • Sielkunde in die tandheelkundige praktyk. • Politieke parameters in tandheelkunde. • Sosiologie en tandheelkunde. • Etiek vir die tandheelkundige. • Loopbaangeleenthede. • Bestuur van ‘n praktyk. Hierbenewens behoort studente ‘n begrip te hê van die ekonomiese, kulturele, wetlike en regulerende omgewing ten einde pasiëntbestuur te ontwikkel en te optimaliseer.
Modulekrediete 18.00
Voorvereistes BOK 280,BOK 281,BOK 283,GNK 286,GNK 288,GPS 280,IKT 200,SMO 211,SMO 281,
Kontaktyd 1 lesing per week, 1 ander per week, 1 praktiese sessie per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Tandheelkundige Bestuurswetenskappe
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences