Jaarboeke

Setswana 310


 
Modulekode STW 310
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

Setswana-grammatika – Capita selecta
Aspekte van die grammatika van Setswana, soos ’n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ’n inleiding tot die klankveranderinge/fonologie van Setswana. Die verwerwing, inoefening en inskerping van gevorderde kommunikatiewe vaardighede binne ’n groter aantal sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Woordeskat en die aanleer en gebruik van gevorderde taalstrukture word verder uitgebrei. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog.
Aandag word ook aan kulturele verskynsels gegee.

Modulekrediete 30.00
Diensmodules Fakulteit Opvoedkunde
Voorvereistes STW 210, STW 220 sal vereis word van studente wat STW 110, STW 120 op jaarvlak 1 voltooi het en AFT 220, STW 211 sal vereis word van studente wat AFT 121, STW 111 op jaarvlak 1 voltooi het.
Kontaktyd 1 besprekingsklas per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Afrikatale
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences