Jaarboeke

Internasionale humanitêre reg 420


 
Modulekode PUR 420
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud

*Vir LLB
(a) Wat is internasionale humanitêre reg (oorlogsreg)?: die onderskeid tussen ius ad bellum en ius in bello
(b) Historiese ontwikkeling en die bronne van internasionale humanitêre reg
(c) Verskillende tipes gewapende konflik: die onderskeid tussen internasionale en nie-internasionale gewapende konflik
(d) Die onderskeid tussen oorlogvoerendes en burgerlikes
(e) Die krygsgevangenestatus van oorlogvoerendes: soldate, spioene, huursoldate en guerrillas
(f)  Optredes tydens gewapende konflik: juridiese beperkings op die manier waarop oorlog gevoer mag word (insluitend die gebruik van sekere wapentuig en die teikens wat aangeval mag word)
(g) Die onderskeid tussen volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade
(h) Wenners en verloorders: oorlog, internasionale politiek en die toepassing van internasionale humanitêre reg
(i) Die beskerming van vroue en kinders tydens gewapende konflik
(j) Vervolging van oorlogsmisdadigers; nasionale howe, ad hoc-tribunale (die ICTR en ICTY) en die Internasionale Strafhof (ICC)
(k) Die nakoming van onwettige bevele en die aanspreeklikheid van bevelvoerders
(l) Die rol van die internasionale komitee van die Rooikruis (ICRC)

Modulekrediete 10.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Publiekreg
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences