Jaarboeke

Openbare mondgesondheid 371


 
Modulekode POH 371
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Die module is ‘n keuse module in die verdere studie van Gemeenskapstandheelkunde. Dit sal aan die mondhigiëne student ‘n dieper en ryker begrip verskaf in die veld van Voorkomende Tandheelkunde, Mondepidemiologie en Administrasie en Bestuur. Dit sal die student in staat stel om ‘n behoeftegedrewe voorkomende program vir die hoë-risiko pasiënt asook vir ‘n spesifieke gemeenskap of populasie te ontwikkel. Dit sal van die student verwag word om ‘n minor navorsingsverslag in te handig om aan te dui dat die uitkomste bereik is en die student begrip toon van Openbare Mondgesondheid. Die module bestaan uit vier temas naamlik: • Voorkomende Tandheelkunde • Mondepidemiologie • Projekbestuur • Minor navorsingsverslag
Modulekrediete 8.00
Voorvereistes ODO 271, OFC 271, RAD 271, PDL 271, ORD 271, GAP 271, VKM 271, TBW 271
Kontaktyd 2 praktiese sessies (10 weke), 1 lesing per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Gemeenskapstandheelkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences