Jaarboeke

Periodontologie 470


 
Modulekode PDL 470
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud (i) Die modules in die vak word in die derde, vierde en vyfde studiejare aangebied. (ii) Die “diepte” en “gewig” van die kennisbasis asook die kliniese toepassing en interpretasie van die module word bepaal deur die jaar van studie waarin die betrokke student hom/haar bevind. (iii) Die doel is om algemene tandheelkundige praktisyns op te lei wat in staat sal wees om hulle vaardighede en kennis toe te pas in die voorkoming en behandeling van periodontale siektes in beide die openbare en privaat sektor binne die omvang en beroep van die tandheelkundige praktisyn. Om hierdie doelwit te bereik, moet die student kennis hê van die embriologie, normale anatomie, histologie en funksie van die periodontium. Die student moet die etiologie, patogenese, risikofaktore en ander faktore geassosieer met die verskillende tipes periondontale siektes en hul klassifikasie verstaan. Die student moet in staat wees om ‘n volledige kliniese ondersoek uit te voer, die inligting wat daaruit verkry word te gebruik om ‘n diagnose te maak en ‘n behandelingsplan uit te werk. Die student moet die nodige vaardighede bekom om voorkomende maatreëls toe te pas, die pasiënt te motiveer, mondhigiënemetodes en toepaslike instruksies aan die pasiënt te kan verskaf, skalering en wortelskawing te kan uitvoer, die weefselreaksies ten opsigte van hierdie prosedures akkuraat te kan evalueer, klinies te kan onderskei tussen die verskillende vorme van periodontale siektes en om kliniese prosedures, wat geassosieer word met die behandeling van vroeë en matige stadiums van periodontale siektes, uit te voer. Die student moet verder ‘n begrip toon vir die behandelingsopsies wat geassosieer word met gevestigde en gevordere periondontale siektes, insluitend regeneratiewe prosedures en inplantaatbehandeling. Die student moet ook weet wanneer en na wie pasiënte verwys moet word vir diagnose en behandeling deur spesialiste, sou dit nodig geag word.
Modulekrediete 8.00
Voorvereistes GNK 388,MDB 370,TGG 370,FSG 370,FAR 370,RAD 370,TBW 370,ODO 370,PDL 370,DFA 370
Kontaktyd 1 lesing per week, 1 praktiese sessie per week, 1 besprekingsklas per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Periodonsie en Mondgeneeskunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences