Jaarboeke

Odontologie 271


 
Modulekode ODO 271
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Hierdie module is ‘n voortsetting van Odontologie 170. Dit sal die mondhigiëne student in staat te stel om die mondgesondheidstatus van die kind, tienderjarige, volwasse en geriatriese pasiënt in verband met siektes van die hardeweefsel van die mondholte, insluitende die pulpa en peri-apikale weefsel te evalueer, en gevolglik in staat te wees om: • Siektes korrek te diagnoseer • Die risikoprofiel van die pasiënt korrek te kan bepaal • Instruksies vir selfbeskermingsmaatreëls aan pasiënte te kan gee • Die gedragspatroon van pasiënte te verander deur motivering • Om die weerstand van die hardeweefsel in die handhawing van mondgesondheid te optimiseer • Beginnende letsels, waar moontlik, te laat hermineraliseer • Pasiënte vir herstellende en rehabilitasieprosedures te verwys
Modulekrediete 7.00
Voorvereistes ELH 121, ELH 122, AIM 101, ACO 171, ANA 171, FAR 171, FLG 171, GMB 171, MDB 171, ODO 171, ORD 171, PDL 171, TBW 171, VKM 171, NHS 171
Kontaktyd 2 lesings per week vir 15 weke, 20 praktiese sessies (30 weke)
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Odontologie
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share