Jaarboeke

Wiskundige modellering van metallurgiese prosesse en materiale 780


 
Modulekode NWM 780
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud

Hierdie module spreek beide die teorie en toepassing van wiskundige modellering aan spesifiek toegepas op metallurgiese prosesse en materiale. Die module is 'n toepassing van die teorie wat bemeester is tydens vorige studies van byvoorbeeld wiskunde, fisika, termodinamika, vloeimeganika, hitte-oordrag, ens. om wiskundige voorstellings van prosesse en materiale te skep. 'n Verskeidenheid modelleringstegnieke word aangespreek in die module, soos oplossings modelle van vaste en vloeistof oplossings, massa- en energiebalanse, gestadigde toestand prosesmodelle, dinamiese prosesmodelle, hitte-oordrag modelle, numeriese termovloei, multifisika modelle en tegnies-ekonomiese modelle. Die geskepte modelle word dan toegepas om navorsings- en industriële probleme op te los.

Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 48 Kontakure
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese
Aanbiedingstydperk Semester 1 of Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences