Jaarboeke

Vervaardigingsingenieurswese 700


 
Modulekode NFE 700
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Hierdie module ondersoek kwaliteitsversekering en -beheer in sweisvervaardiging, en stel die student bekend aan verskeie standaarde en vervaardigingskodes wat in die sweisbedryf gebruik word. Meting, beheer en vaslegging van data tydens sweising, die beginsel van geskiktheid-vir-diens, sowel as gesondheid en veiligheid word aangespreek. Beheer van resspannings en distorsie tydens sweising, nievernietigende toetsing, herstelsweis en die ekonomiese aspekte van sweis word bespreek. Hierdie module ondersoek ook die uitleg van aanlegte en werkswinkels, die gebruik van setmate en inklemming. Spesiale klem word geplaas op die ontwerp en implementasie van sweisprosedures, die kwalifikasie van sweisprosedures en kwaliteits-beheerplanne. ’n Aantal gevallestudies word ondersoek.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 48 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese
Aanbiedingstydperk Semester 1 of Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences