Jaarboeke

Metodiek van Geskiedenis 300


 
Modulekode JMH 300
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Hierdie module het ten doel om studente toe te rus om die vak Geskiedenis, soos deur die NKV en die KABV voorgeskryf, suksesvol aan te bied. Studente bestudeer die teoretiese begronding van geskiedkundige geskrifte, inhoud van die syllabus en hoe om dit aan te spreek, en die vereistes van die eksamens in Geskiedenis.  Studente moet onderrigaktiwiteite voorberei volgens die vereistes van die skoolsillabus sodat hulle voorbereid kan wees vir hulle rol as Geskiedenisonderwysers. Studente bied lesse aan deur middel van mikro-onderrig en pas relevante assessering en vraagstelling toe; bestudeer die gebruik van spotprente, pas kruiskurrikulering in lesbeplanning toe; stel 'n erfenisopdrag op; beplan en berei 'n Geskiedenisuitstappie voor; en pas kommunikasievaardighede toe in die onderrig van Geskiedenis. 

Modulekrediete 6.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 lesing per week, 2 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Geesteswetenskaplike Opvoedkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences