Jaarboeke

Wiskunde 412


 
Modulekode IPH 412
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

IPH 412 bevat ‘n deeglike oorsig van die leer inhoud met spesifieke fokus op die praktiese toepassing soos voorgeskrewe deur die KABV en die NKV dokumente. Wiskunde in die Intermediêre fase dek die vyf inhoud areas insluitende getalle, operasies en verhoudings; patrone, funksies en algebra; ruimte en vorm (Meetkunde); meting en data hantering. Met die vyf inhoud areas as agtergrond, moet studente onderwysers gevestigde onderrig praktyk vaardighede (mikro-onderrig), kurrikulum differensiasie, inhoud en onderrig planne (KABV) en toepaslike informele, formele assesserings van inhoud sowel as rekordering, rapportering en moderering van assessering ontwikkel.

Modulekrediete 8.00
Voorvereistes Soos per NGSO toelatingsvereistes.
Kontaktyd 4 tutoriale per jaar, 24 lesings per jaar
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences