Jaarboeke

Toep van menseregtebeginsels op geselekteerde seksuele regte en seksualiteitskwessies in Afrika 805


 
Modulekode HRA 805
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels op geselekteerde kwessies wat verband hou met seksuele en seksualiteitsprobleme in Afrika, met die doel om response gegrond op menseregte op verwante hedendaagse probleme in die Afrikastreek te ontwikkel. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: (a) Oorsig van relevante begrippe (b) Die grondslag van seksuele regte in internasionale menseregte-instrumente (c) Seksuele norme en genderstereotipes (d) Sekswerkers en menseregte (e) Seksuele dwang en misbruik (f) Seksueel oordraagbare infeksies, onder andere MIV, en regte wat verband hou met inligting en voorkoming (g) Die reg op omvattende seksuele opvoeding (h) Skadelike tradisionele gebruike wat seksuele regte skend (i) Die skakel tussen seksuele regte en reproduktiewe gesondheidsregte (j) Strategieë vir voorspraak vir seksuele regte
Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 30 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Sentrum vir Menseregte
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences