Jaarboeke

Psigiatrie en sosiale disfunksie 581


 
Modulekode GNK 581
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Die module is ontwerp om studente te help om kennis, vaardighede en houdings aan te leer wat hulle in staat sal stel om sekere psigiatriese toestande te diagnoseer en hanteer. Voorkomende en bevorderende aspekte van hantering word ook beklemtoon. Hierdie psigiatriese toestande sluit die volgende in: gemoedsversteurings, angsversteurings, alkohol- en substansverwante versteurings, seksuele versteurings, skisofrenie en ander psigotiese versteurings, geestesversteurings vanweë algemene mediese toestande, persoonlikheidsversteurings, eetversteurings en slaapversteurings. Hierdie onderwerpe sal gedek word soos van toepassing op kinders, jongmense en volwassenes. Addisionele onderwerpe sluit in: wetlike aspekte, aggressie, kindermishandeling, kinderontwikkeling, geestesvertraging en interpersoonlike vaardighede. Tydens die oggendperiodes word studente direk blootgestel aan psigiatriese pasiënte en hul probleme deur middel van kleingroepaktiwiteite. Die namiddagperiodes word gebruik vir die oplos van probleemgeoriënteerde gevallestudies en begeleide eksplorasie van bogemelde temas. Die module is student-gesentreerd en selfstudie word beklemtoon.
Modulekrediete 34.00
Voorvereistes GNK 481,BOK 480,BOK 482,GNK 485,GNK 483,GNK 487,GNK 486,GNK 484,GNK 385,SMO 411
Kontaktyd 5 praktiese sessies per week, 18 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Psigiatrie
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences