Jaarboeke

Eiendomswaardering 200


 
Modulekode EDW 200
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud

Eiendomsekonomie en –finansies, welvaart en ekonomiese effektiwiteit: Ekonomiese effektiwiteit deur die prysbepalingstelsel. Vaste eiendom: kenmerke en funksies van die vaste eiendomsmark; prysbepaling van grond en hulpbronne. Ontwikkeling: die ontwikkelingsproses; tydsberekening en die tempo van ontwikkeling; herontwikkeling; publieke sektor ontwikkeling; ekonomie van beplanningsbeheer; die konstruksie-industrie. Stedelike grondgebruik: grondgebruik en -waardes; patrone van stedelike grondgebruik; groei van stedelike areas; kwaliteit van die stedelike omgewing; behuising; streeksbeleid. Die staat en grond hulpbronne: invloed van staatsekonomiese beleid op grond hulpbronne; teorie van stedelike publieke finansies; onlangse verwikkelinge.

Modulekrediete 12.00
Voorvereistes EKN 110/120, EWS 110/120
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Konstruksie-ekonomie
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences