Jaarboeke

Verpleegpraktykdinamika 151


 
Modulekode DNP 151
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Intra- en interpersoonlike dimensies van die verpleegkundige. Selfontdekking, self-openbaring en selfbegrip, professionele sosialisering en selfontwikkeling. Selfevaluering en eie joernaalevaluering. Samestelling van ‘n persoonlike portefeulje. Interpersoonlike kommunikasie en kontak: vanaf die self tot verhoudings. Terapeutiese gebruikmaking van die self. Die terapeutiese milieu. Kontemporêre identiteitsdilemmas. Die veelvuldige self en veelvuldige realiteite. Kommunikasievaardighede: kommunikasiemodel vir verpleging. Hantering van konflik. Dagbeplanning en tydbestuur. Ontwikkeling van persoonlike filosofie. Probleemoplossing en kritiese denkvaardighede. LW: Slegs vir gekeurde BCur-studente.
Modulekrediete 13.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 praktiese sessies per week, 4 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Verpleegkunde
Aanbiedingstydperk Kwartaal 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences