Jaarboeke

Molekuul tot organisme 121


 
Modulekode BOK 121
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud (a) Molekuul tot sel (2 weke) Beginsels van fisiologie, chemie en genetika soos op die mens van toepassing. Makromolekules, lipiede, koolhidrate en proteïene. Inleidende genetika: Molekulêre evolusie, geenstruktuur en transmissie, genetiese beheer van selsiklus en genetiese defekte. Impulsgeleiding en spiersametrekking. senuweepotensiale. (b) Sel tot weefsel (4 weke) Gametogenese, embriogenese, embriopatie, weefselleer en voorkoms van die verskillende weefseltipes. Die immuunsisteem en komponente daarvan. Weefselspesifisiteit, genetiese beheer van ekspressie en faktore wat geen-ekspressie beïnvloed. (c) Weefsel tot organisme (2 weke) Anatomiese terminologie en inleiding tot sistemiese en funksionele organisasie van die liggaam. Rangskikking van weefsels in organe. Die lewenstadia van die mens.
Modulekrediete 40.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 7 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Anatomie
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences