Jaarboeke

Ingenieursekonomie 420


 
Modulekode BIE 420
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Die tydwaarde van geld en die konsep van ekwivalensie (rentekoersformules, effektiewe rentekoers, effekte, lenings). Basisse vir die vergelyking van alternatiewe (huidige waarde, toekomstige waarde, jaarlikse waarde, interne rentabiliteit eksterne rentabiliteit, balans van investeringsdiagramme, ekonomies toegevoegde waarde {EVA}). Besluitneming tussen alternatiewe (bruikbare lewe dieselfde as die studieperiode, bruikbare lewe verskillend tussen alternatiewe, onderling uitsluitende alternatiewe in terme van kombinasies van voorstelle). Die invloed van inflasie wanneer ingenieursekonomiese besluite geneem moet word. Besluitneming op ‘n nabelastinggrondslag. Analise vir die vervanging van toerusting (die ekonomiese lewe van ‘n bate, afskryf van bates sonder ‘n vervanging). Risiko-ontleding van kontantvloei.
Modulekrediete 8.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 besprekingsklas per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences